Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904
Abstract
FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Hoe om die leksikografie volhoubaar te maak: Die gebruik van ChatGPT en die hergebruik van data vir leksikografiese doeleindes. Lexikos [online]. 2024, vol.34, pp.123-140. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/34-1-1883.
In 2014 het die Internasionale Sentrum vir Leksikografie, 'n navorsingsgroep by Valladolid, 'n kontrak vir die ontwikkeling van 'n leksikografiese projek, die sogenaamde Diccionarios Valladolid-UVa, met Ordbogen A/S ('n Deense taaltegnologiemaatskappy) en die Universiteit van Valladolid onderteken (Fuertes-Olivera 2019, 2022a, 2022b; Fuertes-Olivera et al. 2018; Tarp en Fuertes-Olivera 2016). Elke vennoot het ongeveer €180,000 bygedra (die Internasionale Sentrum vir Leksikografie se bydrae was afkomstig van verskeie navorsingsprojekte wat deur die Spaanse Navorsingsagentskap befonds is) wat gebruik moes word in die ontwerp en samestelling van Spaanse woordeboeke (spesifiek 'n algemene Spaanse woordeboek, 'n Spaanse rekeningkundewoordeboek, 'n tweetalige Spaans-Engels/ Engels-Spaanse woordeboek en 'n tweetalige Spaans-Engels/Engels-Spaanse rekeningkundewoor-deboek. Bogenoemde projek het verskeie resultate tot gevolg gehad, met die onlangse publikasie van die Diccionario Digital del Espanol (DIDES) as die mees relevante produk (https://diesgital.com). Binne die raamwerk van hierdie projekte verskaf dié artikel 'n algemene inleiding tot die projek (Afdeling 1), word daar verwys na die konsep van volhoubare leksikografie (Afdeling 2), en word daar aange-toon dat volhoubare leksikografie 'n beter begrip van leksikografiese data (Afdeling 3), toenemende leksikografiese produktiwiteit, bv., deur die skep van definisies vir KI-vertalings (Afdeling 4), en die gebruik van generatiewe KI-kletsbotte soos ChatGPT in daaglikse leksikografiese take impliseer.
Keywords : chatgpt; deepl translate; leksikografiese produktiwiteit; volhoubare leksikografie; openbare befondsing; generatiewe ki.