SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.34 issue3Modelling the tendencies of a residential population to conserve waterThe state of the art of gendered energy innovations: a structured literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    South African Journal of Industrial Engineering

    On-line version ISSN 2224-7890

    Abstract

    KOEGELENBERG, D.J.C  and  VAN VUUREN, J.H.. Heterogeneous trading strategy ensembling for intraday trading algorithms. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2023, vol.34, n.3, pp.156-169. ISSN 2224-7890.  https://doi.org/10.7166/34-3-2951.

    Sedert die ontstaan van algoritmiese handel gedurende die middel-1970s, is aansienlike hulpbronne en tyd deur die finansiële sektor aan die ontwikkeling van handelsalgoritmes toegewy in die hoop om 'n mededingende voordeel bo menslike handelaars te verkry. 'n Oorvloed handelsalgoritmes is in die literatuur voorgestel; elke algoritme is uniek in sy ontwerp, maar min klem is geplaas op die heterogene samestelling van handelstrategieë. In hierdie artikel stel ons 'n handelstrategie ensemble-metode voor om drie verskillende domein-spesifieke handelstrategieë te kombineer: 'n deterministiese strategie, 'n stogastiese strategie en 'n masjienleerstrategie. Die doel van die handelstrategie-ensemble is om 'n toepaslike afruiling tussen die opbrengsvlakke en die risikoblootstelling van 'n handelaar te vind. Ons implementeer die strategie oor verskillende historiese forex-geldeenheidspaar-datastelle in 'n poging om die handelstrategie-ensemble te bekragtig, en ons ontleed die resultate deur toepaslike opbrengs- en risikoprestasiemaatstawwe te gebruik.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )