Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
De Jure Law Journal
versión On-line ISSN 2225-7160
versión impresa ISSN 1466-3597
Resumen
MAWDSLEY, Ralph D; SMIT, Marius H y WOLHUTER, Charl C. Leerders, Webblaaie en Vryheid van Uitdrukking in die VSA en Suid-Afrika. De Jure (Pretoria) [online]. 2013, vol.46, n.1, pp.132-161. ISSN 2225-7160.
Leerders het geredelik toegang tot die internet en dit skep die geleentheid om deur e-pos en ander vorme van elektroniese kommunikasie met persone by die skool te kommunikeer sonder dat hulle fisies teenwoordig hoef te wees. Terwyl baie van hierdie kommunikasie steurend kan wees wanneer leerders gedurende die skooldag hulle daarmee besig hou, is die mees kommerwekkende aspek van elektroniese boodskappe dié wat kru, beledigend, neerhalend of selfs dreigend is. In die Verenigde State van Amerika (VSA) het skoolbeamptes gevind dat die beheer van sodanige kuberspraak wat hulle oorsprong buite die skool het, wemel van konstitusionele probleme. Hierdie artikel het drie doelstellings. Die eerste is om die regspraak oor leerder kuberspaak in die VSA te ondersoek waar die volgende vyf feitelike variante die gesag van die skool om leerders te bestraf beïnvloed: die plek van oorsprong van die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die plek van toegang tot die kuberspraak (binne of buite die skoolterrein), die persone wat die toegang tot die spraak bewerkstellig het (personeel of ander leerders), die inhoud van die elektroniese uitdrukking, en die impak van die uitdrukking op die skool. Die tweede doelstelling is om die gesag wat die skool het om leerders te bestraf vir buite-skoolse kuberkommunikasie te bespreek in verhouding tot die ouers se reg om die rigting en inhoud van hulle kinders se opvoeding te bepaal. 'n Bespreking van die regte van leerders tot uitdrukking in die kuberruimte vereis 'n veelsydige benadering wat oorweging skenk aan beide die regsbank se beoordeling van leerders se regte en die gesag wat skole het om leerders te dissiplineer. Hierdie artikel sal 'n ewewig bewerkstellig deur die hofuitsprake van Amerika sowel as Suid-Afrika te oorweeg. Die finale oogmerk is om beginsels vanuit die Amerikaanse regspraak, waar veelvuldige aspekte deur-dink is, te ekstrapoleer tot riglyne vir Suid-Afrika.