Servicios Personalizados
Revista
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
BUYS, P.. Die strewe na 'n grondliggende filosofie vir rekenmeesterskap. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.489-508. ISSN 2304-8557.
Onlangse rekeningkunde geskiedenis word gekenmerk deur baie ontwikkelings, insluitend verskeie hoë-profiel korporatiewe mislukkings, soos Enron, Parmalat en selfs Saambou, asook belangrike ontwikkelings in finansiële verslagdoening, soos die wydverspreide aanvaarding van internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde en die samesmeltingspogings tussen die VK-gebaseerde Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad en die VSA-gebaseerde Finansiële Rekeningkundige Standaarde Raad. As gevolg hiervan, word aanvaarde rekeningkundige aannames lank reeds bevraagteken ten gunste van nuwe beginsels en praktyke. Verderword die wetenskaplike grondslae van rekeningkunde in akademiese kringe bevraagteken. By baie universiteite vind beperkte opvoeding in die grondliggende teorie en filosofie van rekeningkunde plaas, ten gunste van pogings om voornemende rekenmeesters te leer hoe om moeilike professionele eksamens te slaag. Gesien teen hierdie agtergrond, is die heroorweging van die doelwitte en doelstellings van rekeningkunde waarskynlik alreeds nodig. Hierdie artikel poog om lig te werp op die intrinsieke aannames en doelwitte van rekenmeesterskap, in die lig van moderne rekeningkundige probleme en ontwikkelings.
Palabras clave : finansiële verslagdoening; rekeningkundige filosofie; rekeningkundige teorie; rekenmeesterskap.