SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.73 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    ELYON, J.R.  and  LOTTER, G.A.. Musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike veranderingDie rol van musiek as heelbreinaktiwiteit by innerlike verandering. Koers (Online) [online]. 2008, vol.73, n.3, pp.527-548. ISSN 2304-8557.

    In hierdie artikel word die belangrikheid van musiek as heelbreinaktiwiteit vir innerlike verandering aangetoon. Daar word aandag gegee aan die relevante aspekte daarvan: die psigologiese dimensies, die postmoderne konteks waarbinne dit gebeur, die funksie van die brein en veral die belang van die gebruik van die hele brein teenoor die linkerbreinbenadering. Verder word die agtergrond van musiek en die invloed daarvan op innerlike verandering bespreek. As gevolg van die paradigmaskuif na die postmodernisme word gevoelens en ervarings makliker uitgedruk. Volgens die bevindings van hierdie artikel word innerlike verandering en heelwording van die postmoderne mens moontlik deur die gebruik van musiek en die aanwending van simbole, metafore, rituele en die kunste. Die finale gevolgtrekking waartoe gekom is, is dat musiek as heelbreinaktiwiteit gebruik kan en behoort te word om innerlike verandering teweeg te bring.

    Keywords : heelbreinaktiwiteite; innerlike verandering; musiekterapie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )