SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Koers

    On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X

    Abstract

    THERON, P.M.  and  LOTTER, G.A.. Die noodsaaklikheid van 'n integrale Christelike wêreldbeskouing: Verkenning van die uitdagings vir beïnvloeding van die ongelowige wêreld. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.467-493. ISSN 2304-8557.

    Christene dink dikwels dat die apostel Paulus met sy waar-skuwing: "Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie" (2 Kor. 6:14), alle kontak met nie-Christene veroordeel en dat hy totale onttrekking aan die wêreld voorstaan. Christene word egter geroep om die "wereld te beïnvloed". Hulle moet die fyn balans tussen 'n eksklusiewe en 'n akkommoderende Christenskap vind. 'n Voortdurende bewuswees van en gegrondwees in die Christelike lewensbeskouing, sal Christene laat besef dat hulle 'n roeping het om "hervormers" op alle terreine van die lewe te wees. Christene is geroep tot transformasie van die gemeenskap deur middel van 'n omvattende beeld van voltydse diens aan God op elke terrein van die lewe. Die Christendom kan alleen die wêreld effektief beïnvloed indien dit in 'n integrale Christelike wêreldbeskouing gegrond is en voortdurend betrokke is by die eise van die ekonomie, politiek, gemeenskap, kultuur, godsdiens, opvoedkunde en die gemeenskap in sy totaliteit. Voortspruitende uit die artikel, word ten slotte riglyne voorgestel vir die beïnvloeding van die ongelowige wêreld.

    Keywords : Christene; ongelowiges.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )