Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Abstract
FREEKS, F.E. and LOTTER, G.A.. 'n Prakties-teologiese ondersoek na die uitwerking van afwesige vaders: 'n Verkennende kwalitatiewe ondersoek in die Promosa-gemeenskap. Koers (Online) [online]. 2009, vol.74, n.3, pp.519-534. ISSN 2304-8557.
In hierdie artikel word aangetoon dat empiriese navorsing gebruik kan word om literatuurstudies oor die afwesige vader en die gevolge soos sosiale, sosio-ekonomiese en psigologiese probleme te bevestig. Daar is eers 'n literatuurstudie gedoen oor die rol van die vader waar die relevante aspekte in 'n breër konteks ondersoek word. Die bevindings van 'n kwalitatiewe ondersoek deur agt vroue van Promosa (Potchefstroom) as fokusgroep te gebruik, het die voorlopige resultate van die literatuurondersoek bevestig. Die uitkomste mag belangrike implikasies in die veld van praktiese teologie en pastorale begeleiding vir hierdie vroue en kinders van afwesige vaders inhou. Daar word ook riglyne voorgestel vir pogings om vaders meer betrokke te kry.
Keywords : afwesige vaders kwalitatiewe ondersoek praktiese teologie; Promosa gemeenskap.