Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Koers
On-line version ISSN 2304-8557Print version ISSN 0023-270X
Abstract
FREEKS, F.E. and LOTTER, G.A.. Waardes en die noodsaak van 'n karakteropvoedingsprogram binne kollegeverband in die Noordwesprovinsie: Verkenning en voorlopige voorstelle. Koers (Online) [online]. 2011, vol.76, n.3, pp.577-598. ISSN 2304-8557.
Waarde- en karakteropvoeding bevat boustene om n gesonde samelewing in stand te hou. Waarde- en karakteropvoeding het die potensiaal om morele kwessies in die samelewing te han-teer, veral by opvoedingsinstansies soos skole, kolleges en universiteite. Een van die belangrikste doeleindes van waarde- en karakteropvoeding is om studente in staat te stel om die lewe in sy volheid mee te maak. Waarde- en karakteropvoeding sou moontlik kon help om aan die jeug van Suid-Afrika 'n beter lewe en toekoms te bied. Uit die beskikbare literatuur is dit duidelik dat die samelewing 'n krisis ten opsigte van waardes, karakter en moraliteit ervaar. Die vervlakking van menslike en samelewingswaardes - soos weerspieël in die media - het die huidige regering genoodsaak om 'n waarde-opvoedingsprogram in kolleges en ander instansies soos universiteite te begin. Om die waarde-oriëntering van studente in Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) van die Noordwesprovinsie te bepaal, is n empiriese ondersoek gedoen om die opinies oor en bydraes van waarde-opvoeding en karakteropvoeding vas te stel. Verder is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met die studenteraad, die hoof van studente-ondersteuningsdienste, asook 'n beampte van die studente-ondersteuningsdienste.
Keywords : karakteropvoeding; karakteropvoedingsprogram; Verdere Onderwys en Opleidingskollege (VVO); waardes.