Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Koers
versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X
Resumen
OLIVIER, Antoinette. Emma Renzi: Van operasangeres tot sangpedagoog: 'n Filosofiese blik. Koers (Online) [online]. 2024, vol.89, n.1, pp.1-22. ISSN 2304-8557. http://dx.doi.org/10.19108/KOERS.89.1.2589.
Hierdie artikel is in 'n sekere sin 'n outobiografie oor Emma Renzi, wat op 8 April 2023 97 jaar oud geword het. Renzi was 'n internasionaal erkende Suid-Afrikaanse operasangeres wat in die tweede fase van haar roemryke loopbaan ook 'n pedagoog en rolmodel vir talle sangers was. Die oorgang van sangeres tot besonder begaafde pedagoog was 'n doelbewuste besluit wat sy geneem het om volgens haar oortuigings haar lewe en haar talente op die mees doelmatige wyse te kon uitleef. Dit is hierdie lewensloop wat in hierdie artikel onder die loep geneem en ontleed word. Vanweë die aard van ons verbintenis gaan die gesprekke in hierdie artikel oor Renzi se professionele loopbaan, haar herinneringe aan 'n spesifieke era, tegniese aspekte in die onderrig van sang en uitdagings van 'n professionele sangloopbaan. Die rykdom van Renzi se eerstehandse ervaringe en kennis van style in verskillende genres van sang is van onskatbare waarde vir die ontwikkeling van jong sangers en dosente. Dit is ook van historiese belang vir Suid-Afrikaners om die nalatenskap van 'n sanger te vereer wat tydens haar loopbaan internasionale roem verwerf het en dit haar lewenstaak gemaak het om die insigte wat sy verwerf het aan haar studente oor te dra. Op hierdie wyse het sy hulle dus gevorm met professionaliteit, deernis en insig om self roemryke en vervullende loopbane te volg. Outobiografiese navorsing sluit narratiewe asook die siening van ander gesaghebbendes in oor die geleefde ervaringe en die betekenis daarvan vir sangers en sangpedagoë. In hierdie studie was dit daarom moontlik om studente te lei en te vorm en nie bloot te onderrig nie. 'n Raamwerk vir die artikel is gebou deur situasies asook spesiale ervaringe en uitdagings te beskryf. Probleme, lewensomstandighede en die informele interaksie tussen Renzi en die gehoor, dirigente, medesangers, agente en studente word uitgelig. Uiteindelik word daar op die betekenis van Renzi se loopbaan vir Suid-Afrikaners gewys. Renzi se geleefde ervaringe as internasionale sanger en erkende pedagoog bied 'n waardevolle agtergrond vir sangers en onderwysers om sangers te help om hul volledige menswees te verwesenlik.
Palabras clave : betekenis vir sangonderwysers; Emma Renzi; outobiografiese navorsingsondersteunde onderrig; professionele sangloopbaan; sangpedagogiek.