Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441
Abstract
THERON, P.M. and LOTTER, G.A.. "Moenie in dieselfde juk trek as die ongelowige nie": Nuwe-Testamentiese perspektiewe op hoe Christene behoort te leef en op te tree in 'n samelewing van uiteenlopende oortuigings. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.281-304. ISSN 2305-0853.
Die vermaning in 2 Korintiërs 6:14 om "nie in dieselfde juk as die ongelowige te trek nie" word verskillend deur Christene geïnterpreteer en toegepas. Sommige Christene probeer om die realiteite van elke dag te ontduik in 'n lewe van ontvlugting en godsdienstige afsondering, terwyl ander weer probeer om die samelewing se eise en hedendaagse strominge in wêreldse godsdienstige praktyke te akkommodeer. Hierdie uiterste standpunte veroorsaak dat Christene sonder invloed in die wéreld is. Die primére doel van hierdie artikel is om aan te toon hoe gelowiges in die Nuwe-Testamentiese tyd die situasie hanteer het waar hulle met ongelowiges in een juk moes trek. Ten einde Skriftuurlike riglyne vir hedendaagse gelowiges te bied, sal daar op die voorbeeld van die apostels gefokus word, terwyl die onderrig van Paulus aan die slawe en Petrus aan die vreemdelinge in hierdie wéreld ook aandag sal kry. Enkele ander Nuwe-Testamentiese perspektiewe word aangeraak, onder andere die soort gesag wat gehoorsaam moet word en onderrig oor die verantwoordelikhede en houding van gelowiges. Na die bespreking van elke gedeelte, word merkers aangedui. Ten slotte word riglyne gebied wat vir 'n Christelike lewenstyl binne 'n sekulére konteks kan geld.