SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    OLWAGEN, J.M.  and  NEL, M.. Die liggaam-van-Christus-metafoor: Instrument vir die effektiewe uitvoering van die missionale opdrag. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.2, pp.327-348. ISSN 2305-0853.

    Die praktyk toon dat baie AGS-pastore moontlik so besig is met 'n veelheid take en verantwoordelikhede dat hulle nie daarby uitkom om hulle gemeentelidmate effektief te mobiliseer om by vrywillige dienswerk betrokke te raak nie (vgl. Ef. 4:12). Die gevolg is dat sulke gemeentes dikwels nie effektief funksioneer om die missionêre opdrag met welslae uit te voer nie (vgl. Matt. 28:19). Pastore slaag nie daarin om, volgens die raad wat Moses se skoonvadervirhom gegee het (vgl. Eks. 18), meer effektief te werk deur hulle lidmate as deeltydse vrywillige dienswerkers te mobiliseer om die Bybelse opdrag uit te voer nie. Die mobilisering van lidmate vind plaas deur lidmate te bemagtig om hulle gawes te ontdek en te ontwikkel, en dan daarmee saam vrywillige dienswerk te beoefen. Die klem in die artikel lê by wat Hendriks (2004:11) "gemeentelike teologie" noem. Volgens Hendriks (2004:25) is gemeentelike teologie 'n teologie wat deur die liggaam-van-Christus-metafoorgemeentes beoefen word (vgl. Ef. 4:11-16). Die metafoor van gemeentes wat as liggaam-van-Christus wil funksioneer, naamlik gemeentes wat die belangrikheid van vrywillige dienswerk van die lidmate beklemtoon, geniet verdere ontwikkeling in hierdie artikel.1

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )