Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441
Abstract
NEL, M.. Die tweede koms van Christus as die goue sleutel om die Boek van Daniël te ontsluit: 'n Analise van 'n Pinkster-interpretasie van die droom in Daniël 2. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.449-468. ISSN 2305-0853.
Pinkstergelowiges heg groot waarde aan die wederkoms van Christus en interpreteer alle Skrifgedeeltes wat "profeties" mag klink in premillennialistiese terme. In hierdie artikel word Bennie Kleynhans se interpretasie van die droom in Daniël 2 gebruik om te demonstreer hoe 'n kontemporêre interpretasie van 'n Skrifgedeelte gedateer kan raak. Kleynhans het geglo dat kom-munisme, die Raad vir Buitelandse Verhoudings en die Europese Ekonomiese Gemeenskap met sy tien lede die Antichris sal voorstel as die leier van 'n eenwêreldregering en dat dit die wederkoms direk sal voorafgaan. Hy lees Daniël 2 as "profesie" wat die globale situasie in die tweede helfte van die twintigste eeu beskryf. So demonstreer Kleynhans hoe sy siening van die Bybel hom lei om Daniël 2 te interpreteer as 'n fundamentalistiese perspektief van die Bybel, as 'n bloudruk van wat God in ons tyd gaan doen. Die "laaste dae" net voor die tweede koms van Christus word direk aan die hede verbind.