SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    ARCHBALD, P.N.. Respons op Man en vrou in die kerk - geslag binne die amptellke Woordbediening deur Douw G. Breed, Fika J. van Rensburg, Gert J.C. Jordaan. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.3, pp.549-562. ISSN 2305-0853.

    "Man en vrou in die kerk" (2008) deur Breed, J. van Rensburg en Jordaan, is beoordeel wat betref hulle hantering van die regulerende beginsel en die eksegese van 1 Timotheus 2-3. Die gereformeerde en puriteinse weergawe van die regulerende beginsel, soos gereflekteer in die geskrifte van Johannes Calvyn en die vernaamste gereformeerde belydenisse, impliseer dat voorstanders van die vrou in kerklike ampte meer moet doen as om net die tradisionele eksegese van sleutelgedeeltes wat in die debat gebruik word, te bevraagteken. Hulle moet Bybelse gronde vir die gebruik verskaf. "Man en vrou in die kerk" skets 'n voorkeur wat die tradisionele eksegese van 1 Timoteus 2-3 verdedig. Dit voorsien 'n verdere opsie wat poog om 1 Timoteus 2:8-15 in terme van 'n huweliksverhouding te verduidelik eerder as manlik en vroulik in die kerk. Die eksegese van laasgenoemde opsie oortuig egter nie. So ook word die opsie in 1 Timoteus 3:11 wat na bevestigde diakonesse verwys as onoortuigend bevind. Geen duidelike Bybelse bewys is in hierdie gedeeltes gevind vir die praktyk om die vrou in kerklike ampte te bevestig nie.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )