SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    SMIT, C.J.. Sleutels vir die toepassing van die kerkorde. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.603-612. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel handel oor die toepassing van 'n Skriftuurlike kerkorde, maardan as 'n benaderingswyse eerder as 'n metode. Reeds in die benaderingswyse kom die verskil na vore tussen kerkordelike handelinge wat op 'n kerkregtelike wyse uit-gevoer word, en die toepassing van wette wat op 'n staats-regtelike wyse uitgeoefen word. In die kerklike regsuitoefening behoort dit dus nie te gaan om oortredings van die kerkorde -soos dit in die burgerlike regsuitoefening wel om oortredings van staatswette en -statute gaan nie. 'n Oortreding van die kerkorde moet dus slegs as 'n oortreding geag word in soverre dit 'n oortreding van die Skrif is. 'n Oortreding van 'n staatswet is op sigself 'n strafbare oortreding. Om die kerkorde op die genoemde wyse in die kerkregering toe te pas, word as benaderingsraamwerk na die Hebreeuse "gokmah" (wysheid) en die Romeinse "aequitas" (billikheid) in die "aedificatio" (opbou) van die gemeente verwys.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )