Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441
Abstract
LOTTER, G.A. and HOEPFNER, H.G.. Die pastorale begeleiding van die aangenome kind met betrekking tot die Vaderskap van God. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.551-568. ISSN 2305-0853.
In hierdie artikel word die betekenis van die Vaderskap van God by aangenome kinders ondersoek en ook hoe hulle pastoraal daarin begelei kan word. Die voortgaande debat oor aangenome kinders en spesifieke kwessies by aangenome kinders soos identiteit, verwerping en verlies word bespreek. Verder word die vaderbeeld wat aangenome kinders van onderskeidelik die biologiese vader en die aanneemvader het, ondersoek, gevolg deur 'n bespreking van hoe die aangenome kind se beeld van God moontlik beïnvloed kan word deur die beeld van 'n aardse vader. Riglyne vir pastorale begeleiding tot 'n gesonde opvatting oor die Vaderskap van God en die vorming van identiteit, asook die hantering van verwerping en verlies, word gegee. Die artikel sluit af met enkele gevolgtrekkings.