SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue1Utilisation of forecasting technology for improving construction logistics in NigeriaRisk assessment for hazard exposure and its consequences on housing construction sites in Lagos, Nigeria author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

BOTES, Karen. Living walls: upscaling their performance as green infrastructure. Acta structilia (Online) [online]. 2024, vol.31, n.1, pp.43-83. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.38140/as.v31i1.7942.

As deel van die strewe na volhoubare ontwikkeling, kan lewende muurstelsels biofiliese waarde en ekosisteemdienste verskaf. Ten spyte van hul voordele en potensiaal om globale uitdagings krisisse aan te spreek, beperk hul ekonomiese haalbaarheid, veerkragtigheid, instandhouding en volhoubaarheid hul toepassing en gebruik. Hierdie artikel gee 'n oorsig van 'n pragmatiese studie wat die faktore wat lewende mure se prestasie as groen infrastruktuur (GI) belemmer, evalueer het, en die werkverrigting van buitemuurse modulëre lewende mure as GI ontleed het. Die doel is om 'n stel kriteria te ontwikkel om die mees geskikte LWS vir groen infrastruktuur te bepaal. Datavaslegging het 'n gemengde metode-metodologie behels. Plaaslike kundiges het deur middel van vraelyste insig gegee in plaaslike lewende mure-tipologieë. Die ses maande-lange eksperimentele studie het twee geselekteerde LWSs van 4m2 elk in omvang op die Universiteit van Pretoria se Future Africa-kampus in Pretoria, in Suid-Afrika se Gauteng-provinsie, behels. Veranderlikes het minimum en maksimum daaglikse temperature, relatiewe humiditeit, neerslag, grondtemperatuur, waterinhoud en elektriese geleidingsvermoë, blaarbiomassa-opbrengs en plantstres ingesluit. Die navorser het vars en droë biomassa-opbrengste gemonitor met 'n gekalibreerde laboratorium skaal as die primêre prestasie-aanwyser. Plantstres, die sekondêre prestasie-aanwyser, is deur chlorofilfluoressensie-analise gemeet. Data is statisties ontleed. Die bevindinge lê die grondslag vir die verbetering van lewende mure as GI wat kan bydra tot meer volhoubare stede. Dit word bereik deur tegniese kenmerke vir lewende mure te definieer om hul werkverrigting as GI te verbeter. Die resultate bevoordeel plaaslik vervaardigde, lae-tegnologie, buitemuurse modulêre lewende mure met beperkte, robuuste, liggewig, herwonne komponente wat ongekompliseerde samestelling behels. Stelsels moet lae-tegnologie besproeiing behels. Die lewende muur-posisie moet die plantgewasse se ligvereistes en besoedeling in ag neem. Potte moet beperkte sonblootstelling kry, en 'n grondvolume van 3 liters en 'n minimum diepte van 200mm hê.

Keywords : performance; efficiency; living walls; green walls; outdoor; modular; living wall systems.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License