SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue1Isivivane, Freedom Park: A critical analysis of the relationship between commemoration, meaning and landscape design in post-apartheid South AfricaEarly sustainable architecture in hanging skyscrapers - a comparison of two financial office buildings author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

WENTZEL, Lance; FAPOHUNDA, Julius  and  HALDENWANG, Rainier. Challenges in implementing corporate social responsibility: a study of SMEs in South Africa's construction industry. Acta structilia (Online) [online]. 2024, vol.31, n.1, pp.159-193. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.38140/as.v31i1.7826.

Tot op hede is baie min navorsing gedoen oor die konsep van korporatiewe sosiale verantwoordelikheid (KSV), veral die praktyk van KSV binne die globale en plaaslike konstruksiebedryf. Dit strek tot studies wat KSV-implementeringsuitdagings identifiseer wat konstruksie-organisasies raak. Hierdie werk poog om die KSV-implementeringsuitdagings wat klein en medium ondernemings (KMO)-eienaars/ bestuurders in die Suid-Afrikaanse konstruksie bedryf raak, te ondersoek, en om te analiseer of KMO's soortgelyk of anders geraak word, wat as 'n riglyn dien vir verdere navorsing rakende versagtende maatreëls teenoor die KSV-implementeringsuitdagings wat deur KMO-eienaars/bestuurders ervaar word. Bestaande literatuur is gebruik om 'n oorsig te verskaf van die huidige KSV-implementeringsuitdagings van beide die globale konstruksiebedryf sowel as generiese sakesektore gelei deur die St. Gallen Bestuursmodel. 'n Gemengde navorsingsbenadering is gevolg deur gebruik te maak van 'n aanlyn vraelysopname en gestruktureerde persoonlike onderhoude, met die data wat ontleed is deur beide beskrywende (gemiddelde, standaardafwyking, rangorde en temas) en inferensiële (Analise van Variansie ANOVA) statistieke te gebruik. Die bevindinge toon dat KMO's in die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf geraak word deur KSV-implementeringsuitdagings wat verband hou met 'n gebrek aan integrasie in die KMO-kultuur en besigheidsdoelwitte; beperkte finansiële hulpbronne om KSV-inisiatiewe te onderneem; gebrek aan KMO-vaardighede en -kennis, en onstabiele ekonomiese toestande. Alhoewel KMO's verskillend gekategoriseer word in terme van hul Konstruksie-industrie Ontwikkelingsraad gradering en hul boonste limiet van tenderwaarde-reeks, ervaar die twee groepe kontrakteurs soortgelyke KSV-implementeringsuitdagings oor vier bestuursvlakke, soos gelei deur die St. Gallen-bestuursmodel.

Keywords : Challenges; Corporate Social Responsibility (CSR); Small and Medium Enterprises (SMEs); South African Construction Industry.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License