SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31 issue1An assessment of the causes of schedule and cost overruns in South African megaprojects: A case of the critical energy sector projects of Medupi and Kusile author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

WALL, Kevin. Report cards, and other tracking of South Africa's public sector fixed infrastructure condition. Acta structilia (Online) [online]. 2024, vol.31, n.1, pp.194-221. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.38140/as.v31i1.8017.

Hierdie artikel is die tweede van 'n beplande reeks wat in hierdie tydskrif gepubliseer word en beskryf ondersoeke na die toestand van Suid-Afrika se infrastruktuur, redes vir/bydraende faktore tot hierdie toestand, en die gevolge van hierdie toestand vir dienslewering en lewenskwaliteit. Die doel van die artikel is nie om kritiek te lewer op enige van die infrastruktuurtoestandmetings nie, maar om aan die leser 'n algemene indruk oor te dra van die rigting waarin die toestand van openbare sektor-infrastruktuur in Suid-Afrika inslaan, en daaruit afleidings te maak. Die artikel stel opnames bekend wat deur geloofwaardige instellings onderneem is, insluitend 'n aantal nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsdepartemente, maatskappye in staatsbesit, en ook die Ouditeur-generaal om Suid-Afrika se vaste infrastruktuurtoestand in die openbare sektor na te spoor. Oor die jare, het 'n aantal van hierdie opnames, sommige van hulle wat die toestand van hierdie infrastruktuur naspeur en ander wat verskeie prestasiekriteria naspoor wat dit moontlik maak om afleidings van die infrastruktuurtoestand te maak, getoon dat die infrastruktuur gemiddeld nie in 'n goeie toestand is nie - dus dienslewering belemmer en, as gevolg daarvan, die ekonomie en die lewensgehalte van die bevolking benadeel. Die Suid-Afrikaanse Instelling vir Siviele Ingenieurswese, met sy vier "infrastruktuurverslagkaarte", ongeveer vyf jaar uitmekaar, het egter die duidelikste beeld van tendense in infrastruktuurtoestand landwyd verskaf.

Keywords : public sector; infrastructure; South Africa; infrastructure report card; infrastructure condition.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License