Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.54 n.1 Pretoria Jan. 2014
Die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika: 'n Ontleding
The Dutch cultural boycott against South Africa: An analysis
Otto Terblanche
Departement Geskiedenis, Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Port Elizabeth otto.terblanche@nmmu.ac.za
OPSOMMING
'n Kultuurverdrag is in 1951 tussen Nederland en Suid-Afrika onderteken. Dit is in 1953 bekragtig. Die anti-apartheidsaksiegroepe het veral in die 1970's 'n heftige veldtog gevoer teen die wyse waarop die bepalings van die verdrag deur die betrokke Suid-Afrikaanse instansies uitgevoer is. Die anti-apartheidsaktiviste het geoordeel dat slegs wit, nasionalistiese Afrikaners daardeur bevoordeel is en dat die swart bevolking nie daarby gebaat het nie. Daarbenewens het die Suid-Afrikaanse owerhede Nederlanders wat krities ingesteld was teenoor die apartheidsbeleid toegang tot Suid-Afrika geweier. Die Nederlandse regering het gevolglik die bepalings van die verdrag in 1977 bevries. Die verdrag is in 1981 amptelik opgehef. Die anti-apartheidsaktiviste in Nederland en die ANC was sterk ten gunste van die totale kulturele isolasie van Suid-Afrika. Die AABN het nouer kontak gemaak met die swart Suid-Afrikaanse kunstenaars-in-ballingskap. Nouer bande is gesmee tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat teen apartheid gekant was. Kulturele konferensies is in Amsterdam georganiseer om vorm en inhoud hieraan te gee. Die oogmerk was om 'n alternatiewe kulturele ooreenkoms met die ANC aan te gaan. Die belange van alle Suid-Afrikaners moes dus hierdeur gedien word. Die kunste moes hiervolgens aangewend word om apartheid af te takel.
Hierdie artikel wil onder meer die vraag beantwoord in hoeverre die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika tot 'n verandering in denke by die Suid-Afrikaanse regering aanleiding gegee het. In welke mate het dit daartoe gelei dat die Afrikaners afstand geneem het van apartheid? Of het die kulturele boikot die Afrikaners verhard in hul standpunt-inname? In die slotbeskouing word hierna terugverwys.
Trefwoorde: Nederland, Suid-Afrika, Kultuurverdrag, apartheid, anti-apartheid, African National Congress (ANC), kulturele boikot, kulturele konferensies, Verenigde Nasies, Amsterdam, W.F. Hermans, Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN)
ABSTRACT
In 1962 the UN General Assembly set up the Special Committee Against Apartheid. In 1968 the General Assembly asked all states and organisations to suspend cultural, educational, sporting and other exchanges with South Africa. The Special Committee gave increased attention to the cultural boycott in the 1970s. In 1980 the General Assembly adopted a resolution asking all states to take steps to prevent cultural, academic, sports and other exchanges with South Africa. The Special Committee began publication of a Register of Entertainers, Actors and others who have performed in Apartheid South Africa in 1983. The European Community adopted a series of measures in 1985, inter alia to discourage cultural, sporting and scientific agreements with South Africa except where these would contribute to the elimination of apartheid.
In 1951 an agreement was reached to formalise the cultural exchange between the Netherlands and South Africa. Since 1953 there has been a formal Cultural Accord between these two countries. The implementation of the treaty from the Dutch side was handed over to the Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV) in Amsterdam. The Dutch anti-apartheid movement regarded the NZAV as a pro-apartheid organisation. The anti-apartheid groups also believed that the South African authorities used the Cultural Accord to "sell" apartheid abroad. The agreement was not only used for cultural contact. The Dutch nuclear physicist, prof. J. Kistemaker, visited South Africa in 1975. The Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN) was strongly opposed to this visit.
Joop den Uyl was the minister-president (1973-1977) of the most progressive cabinet that the Netherlands had known. The Den Uyl government made promises of support for the freedom movements in Southern Africa. They also offered to help the victims of apartheid and racism. The Soweto uprising of 1976 and the death of Steve Biko in 1977 led to an outcry in the Netherlands. The Dutch government thus froze the Cultural Accord in 1977 and it was finally abandoned in 1981. The Dutch government also decided to introduce a visa requirement for South African citizens in January 1983.
The Afrikaans author, André P. Brink, regarded the cultural boycott as being totally counter-productive, because the whole idea of cultural contact is based on the conviction that ideas can persuade people, can change people. The Afrikaans poet, Elisabeth Eybers, who settled in Amsterdam in 1961, was also strongly opposed to the idea of a cultural boycott. According to her it was important that the cultural products of the Netherlands remain accessible to South Africans. She was also very critical of the way the Netherlands acted as the moral conscience of the world.
Only the names of a few Dutchmen appeared on the so-called "black list" of the UN regarding entertainers and artists who have performed in apartheid South Africa. One of the names was that of the Dutch author W.F. Hermans. His visit to South Africa in 1983 was clouded in controversy. It led to a lively debate between those who favoured the cultural boycott and isolation of South Africa and those who opposed it. Amsterdam was declared an anti-apartheid city in 1986 and in view of Hermans ' visit to South Africa, he was declared persona non grata by the Amsterdam city council.
The anti-apartheid groups vehemently protested against the performance of the South African musical, Ipi Tombi, in the Netherlands in 1981. They regarded this musical as a product of apartheid. The activists also organised many picket-lines at theatres. The whole issue regarding Ipi Tombi and cultural freedom was intensely debated in the press. About 40 organisations supported the demand of the AABN that Ipi Tombi should no longer be performed in the Netherlands.
The AABN published a critical report on the Cultural Accord in 1976. Since the mid 1970s more and more contact was made in the Netherlands with black South African artists in exile. In 1976 a working conference was held in Amsterdam under the slogan "Artists against apartheid". In 1982 the AABN organised a conference in Amsterdam - "The cultural voice of the resistance" - to strengthen the cultural ties between the Netherlands and the ANC. The ANC then favoured the total cultural isolation of South Africa. The conference favoured an alternative cultural agreement to serve the interests of all South Africans. Closer co-operation with the ANC regarding the development of cultural projects was propagated.
In 1987 another cultural conference was held in Amsterdam - "Culture in Another South Africa". The aim of the CASA-conference was to offer a podium for debate, which was then impossible within South Africa. The ANC thus referred to Amsterdam as "the cultural capital of South Africa." About 300 mainly black South African artists discussed the cultural future of a democratic South Africa. One of the conclusions reached was that the cultural boycott of South Africa should be used in a more selective way, because some of the artists who visited South Africa contributed to the anti-apartheid struggle. These artists should be allowed to enter the country.
Key terms: The Netherlands, South Africa, Cultural Accord, apartheid, anti-apartheid, African National Congress (ANC), cultural boycott, cultural conferences, United Nations, Amsterdam, W.F. Hermans, Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN)
1. INLEIDING
Die bekende Nederlandse historikus, prof. G.J. Schutte, het met verwysing na Nederlands/Suid-Afrikaanse betrekkinge in die tydperk 1960-1990 opgemerk: "Het parmantig vermanende vingertje en de betweterig terechtwijzende toon waren inderdaad veelszins kenmerkend voor Nederlands omgang met Zuid-Afrika. Er waren politici, die elk contact met Zuid-Afrika schuwden als de pest of als pacteren met de duivel beschouwden." Daarby het hy gevoeg: "De apartheid heeft veel kapot gemaakt, ook in de verhoudingen tussen twee 'broedervolken'" (Schutte 1993:55-56).
Die brutale toepassing van die apartheidsbeleid sedert 1960 het tot 'n steeds groter wordende kloof tussen Nederland en Suid-Afrika gelei. Die vervreemdingsproses is veral deur die volgende gebeure aangewakker: die Sharpeville skietery op 21 Maart 1960, die uitbreek van die Soweto opstand op 16 Junie 1976, die swartbewussynsleier Steve Biko se dood op 12 September 1977 en die swart opstande en geweld in die middel 1980's (De Boer 1999).
Nederlanders het hulle steeds vanweë die stamverwantskapgedagte emosioneel betrokke gevoel by gebeurtenisse in Suid-Afrika. Dit word geïllustreer deur die mening van Ben van Kaam, een van die stigters van die anti-apartheidwerkgroep Kairos: "Als iemand in je familie een moord pleegt, trek je je dat meer aan dan wanneer een wildvreemde dat doet. Zo ben je bij Zuid-Afrika ook meer betrokken dan bij een conflict in Siberië."1
Die Nederlandse skrywer Fred de Vries vertel hoe hulle in Nederland Afrikaners in die jare '80 beskou het: "Ons het gedink ons is dié progressiewe land, en was trots daarop dat ons geweet het wat goed en sleg was, en wie reg en verkeerd! Apartheid - en dus outomaties ook die Afrikaners - was sekerlik sleg en verkeerd. Dit het ons hard en duidelik gesê ... Vir ons, Hollanders, wat liberaal dink, was die Afrikaners presies wat ons op televisie gesien het: gemene wit polisiemanne wat na swart betogers slaan ... Vir ons was Suid-Afrika die laaste oorblyfsel van fascisme, en die Afrikaners was die toppunt van rasse-onderdrukking" (De Vries 2012:6-7).
Vanweë die omvattende aard van die onderwerp, laat hierdie artikel die soeklig alleenlik val op die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika. Die sport- en akademiese boikot word in 'n aparte artikel behandel.
2. OPTREDE VAN VERENIGDE NASIES EN EUROPESE GEMEENSKAP
Die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika moet gesien word teen die agtergrond van die anti-apartheidsaksies wat deur die Verenigde Nasies (VN) en die Europese Gemeenskap (EG) veral ná 1960 onderneem is. Die Algemene Vergadering van die VN het in November 1962 die "Special Committee against Apartheid" gestig. In dieselfde resolusie het die Algemene Vergadering, vir die eerste keer, optrede teen Suid-Afrika bepleit. Lidstate is byvoorbeeld versoek om diplomatieke betrekkinge met Suid-Afrika te verbreek. In 1968 het die Algemene Vergadering alle lidstate gevra om kulturele, opvoedkundige en sportbande met Suid-Afrika op te skort. Die "International Conference on Human Rights" het in 1968 die beleid van apartheid as "a crime against humanity" bestempel.2
In Oktober 1970 het die Algemene Vergadering in sy "Declaration on the Occasion of the Twenty-Fifth Anniversary of the United Nations" apartheid bestempel as "a crime against the conscience and dignity of mankind." Die Algemene Vergadering het 1971 uitgeroep as die "International Year for Action to Combat Racism and Racial Discrimination", en hulle het ook die dekade (1973-1983) uitgeroep as die "Decade for Action to Combat Racism and Racial Discrimination." Die Algemene Vergadering het in November 1973 die "International Convention on the Suppression and Punishment of the Crime of Apartheid" aangeneem. Hierdie "Convention" het apartheid as "a crime against humanity" bestempel. In November 1976 het die Algemene Vergadering 'n omvattende "Programme of Action against Apartheid" goedgekeur. Die Algemene Vergadering het die periode van 21 Maart 1978 tot 20 Maart 1979 ook tot "International Anti-Apartheid Year" verklaar.3
Die Algemene Vergadering het in Desember 1980 'n resolusie aanvaar waarin 'n beroep op alle lidlande gedoen is "to take steps to prevent all cultural, academic, sports and other exchanges with South Africa." Alle kulturele ooreenkomste moes opgeskort word en skrywers, kunstenaars en musici moes Suid-Afrika boikot. In 1981 is 'n "Committee of Artists of the World against Apartheid" in die lewe geroep en in Mei 1981 het die VN 'n "International Conference on Sanctions against South Africa" in Parys georganiseer. Alle lidlande is versoek om kulturele kontakte met Suid-Afrika op te skort. Die Algemene Vergadering het gevolglik 1982 verklaar as die "International Year of Mobilization for Sanctions against South Africa." Die "Special Committee against Apartheid" het in Maart 1982 ook 'n forum oor die kulturele boikot by die VN geborg. Dit is onder meer bygewoon deur 'n aantal Suid-Afrikaanse skrywers en kunstenaars-in-ballingskap.4
Die "Special Committee against Apartheid" het in Oktober 1983 die "First Register of Entertainers, Actors and others who have performed in Apartheid South Africa" gepubliseer. Hierdie register het kunstenaars opgeroep om apartheid Suid-Afrika te boikot. Die Algemene Vergadering het vervolgens in Desember 1983 'n nuwe "Programme of Action against Apartheid" goedgekeur. 'n Beroep is op alle lidlande gedoen om Suid-Afrika op alle terreine te boikot. Die Algemene Vergadering en die Veiligheidsraad het ook in 1984 en 1985 alle lidlande versoek om Suid-Afrika op sport- en kulturele gebied te boikot. Die Algemene Vergadering het gevolglik in Desember 1985 'n nuwe resolusie aanvaar wat voorsiening gemaak het vir "concerted international action for the elimination of apartheid."5
Solidariteit is met die slagoffers van apartheid betuig deur die herdenking van die volgende dae: 21 Maart: "International Day for the Elimination of Racial Discrimination"; 16 Junie: "International Day of Solidarity with the Struggling People of South Africa"; 9 Augustus: "International Day of Solidarity with the Struggle of Women in South Africa."6
Die Europese Gemeenskap (EG) se optrede teen Suid-Afrika was tot en met 1977 van 'n lae intensiteit en meer simbolies van aard. Die Soweto-opstande van 1976 sou egter vir 'n kentering sorg. Die EG se Raad van Buitelandse Ministers het daarna apartheid veroordeel. Die EG het in September 1985 wydlopende sanksiemaatreëls aanvaar. Kulturele, sport- en wetenskaplike kontak met Suid-Afrika is onder meer ontmoedig, behalwe waar dit kon bydra tot die aftakeling van apartheid.7
3. KULTUURVERDRAG: NEDERLANDSE REGERING SE OPTREDE
Die Kultuurverdrag tussen Nederland en Suid-Afrika is op 31 Mei 1951 in Den Haag onderteken. Die Verdrag is deur die Nederlandse parlement goedgekeur en op 11 Mei 1953 bekragtig. Die Verdrag het as oogmerk gehad om "de vriendschappelijke betrekkingen, die steeds tussen beide volken hebben bestaan, te bestendigen."8
S.E. van der Watt, wat 'n verhandeling oor die Kultuurverdrag geskryf het, het tot die gevolgtrekking gekom dat die Verdrag "'n goeie voorbeeld is van hoe 'n kultuurverdrag nié uitgevoer behoort te word nie." Die Suid-Afrikaanse regering het Afrikaans-nasionalistiese oogmerke daarmee probeer bevorder. Vele Suid-Afrikaanse gaste wat onder die Verdrag Nederland besoek het, was lid van een of meer van die volgende organisasies: die Nasionale Party (NP), Afrikaner-Broederbond (AB), Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK). Politiek en kulturele doelstellings het verstrengel geraak. Daar was dus geen sprake van vrye kulturele uitwisseling nie.9
Die Nederlandse regering het die Verdrag gesien as 'n nuttige instrument vir die voer van 'n kritiese dialoog met Suid-Afrika. Suid-Afrika was egter nie bereid om in 'n oop gesprek te tree met Nederlanders en hul "betweterig terechtwijzende toon" nie. Die Suid-Afrikaanse regering het die Verdrag mettertyd gesien as "net nóg 'n wapen in die hande van die anti-apartheidsveldtog." Visums is dus geweier aan Nederlanders wat té krities oor apartheid was, byvoorbeeld aan die twee joernaliste, Ben van Kaam en Henk Biersteker, in Desember 1965 en aan die Nederlandse minister van Cultuur, Marga Klompé, in 1973. Schutte het Van der Watt se gevolgtrekking as volg saamgevat: "Het Cultureel Verdrag bezat altijd slechts beperkte waarde. Het bestreek slechts een deel van het cultureel verkeer tussen beide landen. En het werd met name aan Zuidafrikaanse kant nogal eens enghartig gehanteerd, om niet te zeggen bekrompen."10
Tydens die bewind van die minister van Buitelandse Sake, W.K.N. Schmelzer (1971-1973), is vir die eerste keer openlik verklaar dat die Nederlandse regering die beëindiging van die apartheidsbeleid nastreef. Met die oog daarop sou 'n kritiese dialoog gevoer word.11 Van 1973 tot 1977 was Joop den Uyl minister-president van die "meest progressieve kabinet" wat Nederland tot in daardie stadium geken het. Die kabinet-Den Uyl was prinsipieel gekant teen die apartheidsbeleid. Die Nederlandse bydraes aan die VN-hulpfondse vir Suider-Afrika het toegeneem en bevrydingsbewegings in Suider-Afrika is ondersteun. Die ANC-president Oliver Tambo het ook in September 1975 'n besoek aan Den Uyl gebring. Die bevordering van menseregte was hoog op die agenda van die kabinet-Den Uyl.12
Die onluste in Soweto in Junie 1976 het die Kultuurverdrag onder groot druk geplaas. Die Nederlandse regering het in 'n nota herbevestig dat hy apartheid prinsipieel afkeur. Daarby moes die internasionale gemeenskap sterk politieke druk op Suid-Afrika bly uitoefen. Die minister van Buitelandse Sake, M. van der Stoel, het in 'n parlementêre debat in November 1976 verklaar dat die Nederlandse regering nie ten gunste is van die opsegging van die Verdrag nie, omdat dit sou lei tot die groter isolasie van Suid-Afrika. Dit kon ook in die hand speel van die "verkrampte conservatieven." Dit is belangrik om Suid-Afrikaners bloot te stel aan groter kulturele en wetenskaplike kontakte en ander visies om hul beperkte gesigsveld te verbreed. Die Verdrag moet steeds getoets word aan die vraag "of zij diensbaar zijn aan de kritisch te voeren dialoog," aldus Van der Stoel (1976:16-17).13
Twee gebeure in September 1977 was vir die Nederlandse regering die laaste strooi. Eers was daar die dood van Steve Biko en daarna is visums geweier aan drie verteenwoordigers van die Nederlandse Hervormde Kerk wat Suid-Afrika wou besoek. Op 23 September 1977 het die Nederlandse regering gevolglik besluit om die Kultuurverdrag te bevries. Om verder sout in die wonde te vryf, het die Suid-Afrikaanse owerheid in Oktober 1977 alle Swartbewussynsorganisasies verbied, asook die voorste swart koerant in Johannesburg, The World, en die Christelike Instituut van Beyers Naudé. Die Nederlandse regering het daarop besluit om die Kultuurverdrag met Suid-Afrika op te sê. Die wetlike proses om die Verdrag tot niet te verklaar, is daarna aan die gang gesit. Die Nederlandse regering was van mening dat die voer van 'n kritiese dialoog met die Suid-Afrikaanse owerheid 'n futiele oefening was, veral in die lig van die gebeure in September en Oktober 1977.14
Die kabinet-Van Agt het die formele beëindiging van die Kultuurverdrag in Julie 1978 aangekondig. Die minister van Buitelandse Sake, C.A. van der Klaauw (1977-1981), wou nie alle kontakte met Suid-Afrikaners verbreek nie: "Voor Nederland ligt de taak degenen te steunen die een einde willen maken aan de apartheid."15
Die Nederlandse regering het sy standpunt ten opsigte van die Verdrag tydens parlementêre debatte in 1980 en 1981 as volg uiteengesit. Die Suid-Afrikaanse regering is nie as "gespreks-partner" afgeskryf nie. So 'n gesprek moes egter nie in die kader van die Kultuurverdrag gevoer word nie. Kritiese dialoog het weinig tot stand gebring, veral omdat die "juiste instelling" by die Suid-Afrikaanse owerheid ontbreek het. Die opsegging van die Verdrag beteken alleen maar dat daar nie meer sprake sou wees van gesamentlike aktiwiteite deur die twee regerings nie, maar dat kontak spontaan op uitnodiging sou plaasvind. Die wetsontwerp is op 29 April 1981 deur die Tweede Kamer aangeneem en op 2 Junie 1981 deur die Eerste Kamer. Daarmee het die dertig jaar oue Kultuurverdrag amptelik van die Nederlandse wetboek verdwyn.16
Alle Suid-Afrikaanse burgers moes vanaf 1 Januarie 1983 aansoek doen om 'n visum om Nederland te besoek. Die minister van Buitelandse Sake, H. van den Broek (1982-1993), het verklaar dat die visumbeleid "een belangrijk instrument" is om apartheid te bestry. Alle Suid-Afrikaanse owerheidsfunksionarisse sou byvoorbeeld nie visums ontvang nie. Aansoeke van Suid-Afrikaners wat Nederland wil besoek vir aktiwiteite op die gebied van sport, kultuur en wetenskap sou krities beoordeel word. Indien hulle koms kon bydra tot die aftakeling van apartheid sou hulle welkom wees, andersins nie. Die visumplig sou nie normale reisverkeer soos toerisme, sake- en familiebesoeke belemmer nie. Volgens minister Van den Broek sou daar geen sprake wees van 'n totale boikot nie.17
4. KULTUURVERDRAG: ANTI-APARTHEIDSAKSIEGROEPE SE VERSET
Die Nederlandse anti-apartheidsaksiegroepe het tien argumente gebruik vir 'n kulturele boikot:
• Die oproep vir 'n kulturele boikot is afkomstig van die onderdruktes in Suid-Afrika self en van hulle organisasies.
• Die onderdrukte kunstenaars in Suid-Afrika steun die oproep vir 'n kulturele boikot.
• Die swart kunstenaars in Suid-Afrika word op allerlei maniere (sensuur en gevangenskap) deur die regime belemmer by hul werk.
• Dertig jaar se "dialoog" met Suid-Afrika het net tot toenemende onderdrukking en uitbuiting gelei. "Dialoog" moet dus vervang word met boikotaksies.
• Die Suid-Afrikaanse regering stel nie belang daarin om kennis te neem van ander denkbeelde nie. Visums word byvoorbeeld geweier aan kritici van apartheid.18
• Daar is binne Suid-Afrika baie bekwame mense wat aan die bewindhebbers die onaanvaarbaarheid van apartheid duidelik kan maak. Daarvoor is buitelandse boodskappers nie nodig nie.
• Die kulturele boikot is op sigself nie 'n voldoende kragtige middel om verandering in Suid-Afrika af te dwing nie. Dit moet saam met ander boikotaksies aangewend word.
• Die kulturele boikot van Suid-Afrika is nie 'n geïsoleerde Nederlandse aksie nie. Soortgelyke boikotaksies kom ook voor in Groot-Brittanje en die Verenigde State.
• In Suid-Afrika is daar ook mense wat die slagoffer is van so 'n boikot, byvoorbeeld wit skrywers. Moontlik sal die kulturele boikot groter solidariteit met die onderdruktes tot gevolg hê.
• Die kulturele boikot beoog nie die isolasie van alle Suid-Afrikaners nie. Aktiewe steun moet byvoorbeeld verleen word aan die kulturele projekte van die African National Congress (ANC).19
Die Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN), wat in 1971 gestig is, het in 'n brief aan die Nederlandse regering reeds in November 1974 geëis dat die kultuurverdrag opgesê moes word. Die AABN was baie krities oor die feit dat die Nederlands-Zuidafrikaanse Vereniging (NZAV), wat in 1881 opgerig is, betrokke was by die uitvoering van die Verdrag. Die setel van die NZAV was by Keizersgracht 141, Amsterdam. Omdat die NZAV voortgesette kulturele kontakte en 'n kritiese dialoog met Suid-Afrika wou bevorder, het die anti-apartheidsbeweging dié vereniging beskou as 'n "pro-apartheid lobby." 20
Die AABN het hom in 'n brief in Desember 1975 sterk uitgespreek teen die wyse waarop die Kultuurverdrag deur Suid-Afrika uitgevoer word. Hulle verwys na 'n 11 bladsye lange lys met name van Suid-Afrikaners aan wie 'n paspoort geweier is en van buitelanders aan wie sedert 1954 visums geweier is. Dit gaan hier geensins om "revolutionairen" of "terroristen" nie, maar om vakbondleiers, kerklike leiers, politici, studente, skrywers, joernaliste, ens. Volgens die AABN skep die Verdrag alleen maar 'n platform vir die "meest racistische (en verkrampte) deel van de blanke Zuidafrikaanse bevolking om hier het apartheidsregiem aan te prijzen." Die AABN was veral krities oor die rol wat deur Afrikaanse kultuurorganisasies gespeel is.21
Die AABN het sterk beswaar gemaak teen die besoek van prof. dr. J. Kistemaker, bekende Nederlandse kernfisikus, aan Suid-Afrika. Hy het Suid-Afrika van 6 Oktober tot 5 November 1975 onder die vaandel van die Kultuurverdrag besoek. In anti-apartheidskringe was daar veral ontsteltenis omdat prof. Kistemaker ook 'n besoek gebring het aan die uraanverrykingsaanleg by Pelindaba. Daarby het hy hom ook heel positief oor Suid-Afrika uitgelaat.22
Twee publikasies van die AABN waarin te velde getrek is teen die Kultuurverdrag, het onderskeidelik in November 1975 en April 1976 in Nederlands en Engels verskyn. Die volgende aspekte het ter sprake gekom: die rol van sensuur in die Suid-Afrikaanse samelewing, die politiek-kulturele alliansie om Afrikanerheerskappy te bestendig, 'n kritiese ontleding van gaste wat die onderskeie lande besoek het, die rol van dialoog: "'Selling' Apartheid abroad remains an important aspect of the 'dialogue'," en 'n kritiese ontleding van die rol van die NZAV en verwante organisasies. Die AABN het hom ten slotte sterk ten gunste van die spoedige opsegging van die Verdrag uitge-spreek.23
Teen Januarie 1976 het 'n 40-tal organisasies reeds die AABN se eis onderskryf dat die Verdrag opgesê moes word. In Mei 1976 het die AABN 'n handtekeningveldtog teen die Verdrag geloods. In Amsterdam is baie gou 600 handtekeninge versamel. Die ANC wat die AABN se veldtog sterk ondersteun het, was ten gunste van 'n totale boikot van Suid-Afrika. Die "progressieve krachten" in Suid-Afrika wat die "misdadige Vorster regiem" tot 'n val wou bring, moes egter ondersteun word. Teen Julie 1976 het reeds 80 organisasies die AABN se eis onderskryf dat die Verdrag opgesê moes word en teen Oktober 1976 het die getal op 90 gestaan. Hul gevoel was, die Verdrag "moet weg!"24
Die Komitee Zuidelijk Afrika (KZA) het in Maart 1977 ook 'n beroep op die Nederlandse regering gedoen om 'n einde te maak aan alle vriendskaplike kontakte en samewerking met die "racistische regime" in Suid-Afrika. Die Kultuurverdrag moes dus opgesê word.25 Dit het dus as geen verrassing gekom nie toe Radio Nederland Wereldomroep op 1 November 1977 die daaglikse uitsending in Afrikaans gestaak het.26 Die AABN het vroeg in 1979 opnuut verklaar dat die Verdrag bloot 'n middel was "om de import van de apartheidsideologie vanuit Zuid-Afrika te vergemakkelijken."27
Die AABN het geëis dat alle bande, ook op die terrein van kulturele kontakte, met die apartheids-bewind verbreek moes word. Die "racisten" moes dus totaal geïsoleer word. Die anti-apartheidsaksiegroepe het in Desember 1980 voorgestel dat die apartheidsbewind op die gebied van kultuur, sport en wetenskap internasionaal geïsoleer word. Die AABN het in Mei 1981 in 'n ope brief aan die Eerste Kamer 'n pleidooi gelewer dat daar ook ná die opsegging van die Kultuur-verdrag geen wetenskaplike en kulturele kontakte met die apartheidsbewind sou wees nie.28
Die Stichting "VN-jaar voor de sankties tegen Zuid-Afrika" het in 1983 'n omvattende brosjure oor die kulturele boikot die lig laat sien. 'n Sterk pleidooi is gelewer om nuwe bande te smee met swart Suid-Afrikaanse kunstenaars-in-ballingskap. Die Stigting het ook hegte bande gehad met die ANC en sy kultuuruitinge.29
Sietse Bosgra, 'n leiersfiguur van die KZA, het in 'n brief in 1984 dit duidelik gemaak dat die teenstanders van die Kultuurverdrag voorstanders is van 'n alternatiewe kulturele verdrag, "voor culturele contacten met de onderdrukten, met het verzet."30 Barbara Masekela, kulturele woordvoerder van die ANC, het in November 1986 verklaar dat die ANC 'n voorstander is van die totale isolasie van Suid-Afrika op die gebied van sport, kultuur en wetenskap. Kulturele uitwisseling moes egter aangemoedig word waar dit die "national democratic struggle" kon bevorder.31
5. KULTURELE BOIKOT: REAKSIE VAN AFRIKAANSE SKRYWERS
Die Afrikaanse skrywer André P. Brink was van mening dat die sportboikot oor die jare heen beslis 'n bydrae gelewer het tot die normalisering van sport in Suid-Afrika. Sportboikotte het gehelp om die veranderingsproses op dreef te kry. 'n Kulturele boikot van Suid-Afrika is daarenteen kontra-produktief. Volgens Brink is kontak 'n vrugbaarder middel om verandering te help bewerkstellig. Politieke slagspreuke, 'n beterweterige houding en 'n geskreeu van die dakke help nie om 'n ingewikkelde saak op te los nie.32
Brink het benadruk dat kultuur en literatuur mense kan help om te verander. Kultuur en literatuur kan mense oorreed om die wêreld in 'n nuwe lig te beskou. Idees moet gebruik word om Suid-Afrika van sy agterlikheid te verlos. Daarom mag juis Suid-Afrika nie kultureel geïsoleer word nie, want dit sou alleen apartheid versterk, aldus Brink.33
Brink het steeds geglo dat dit beter is om mense in 'n wederstrewige gemeenskap met kultuur te "bombardeer" eerder as om dit te isoleer. Hy was ook heel krities oor uitgewers wat Suid-Afrika totaal met boeke wou boikot, want "h boek is juis 'n instrument van kommunikasie."34
Die Afrikaanse skrywer en digter Breyten Breytenbach het die kulturele boikot teen Suid-Afrika "een goede zaak" en "een nobele zaak" genoem. Hy was 'n oortuigde voorstander van die opskorting van alle kulturele betrekkinge en elke uitwisseling tussen Nederland en amptelike Suid-Afrikaanse owerheidsinstansies. Maar daarby het hy gevoeg dat die Nederlandse kulturele boikot nie juis enige indruk in Suid-Afrika maak nie; dit haal skaars die koerante. Hy het egter beklemtoon dat hy dit volkome onaanvaarbaar vind dat enige organisasie, hoe verteenwoordigend ook al, gaan besluit watter geskrifte gelees en versprei mag word en watter nie. 'n Algehele boikot van alle literatuur uit Suid-Afrika was vir hom polities dom.35
Wat die kulturele boikot betref, was Breytenbach ten gunste daarvan dat nuwe bande gesmee moet word om die werklike stemme van die verset in die land te versterk en te laat hoor - gedagtig daaraan dat dit die mense is wie se stemme versmoor word deur sensuur of ander vorme van intimidasie en terreur. Hy het 'n beroep gedoen dat diegene wat swart poësie in Suid-Afrika uitgee, ondersteun moet word.36
Breytenbach het verklaar dat Afrikaans die taal van die onderdrukking is, maar hy het ook toegegee dat Afrikaans deur meer gekleurdes as blankes gepraat word. Daarby het hy gevoeg: "Heeft een taal op zich maar één politieke betekenis? Beslist niet. De nazi's hebben het Duits weliswaar gebruikt om hun ideologie op te leggen, maar Goethe en Heine schreven ook in het Duits. En Brecht ook. Een taal is wat je ervan wilt maken."37
Die Afrikaanse digteres Elisabeth Eybers het 'n besondere verbintenis met Nederland gehad omdat sy in 1961 na Amsterdam verhuis het. Sy het die kulturele boikot belaglik gevind: "Dit getuig van so 'n bekrompenheid en dis tog ook diskriminasie om te dink dat alles wat uit Suid-Afrika kom, uit die bose is." Sy wou weet waarom 'n Nederlandse toneelgroep nie in Suid-Afrika mag optree nie: "Dit is belangrik dat Nederlandse kultuurprodukte ook in Suid-Afrika te sien, te hoor of te lees moet wees."38
Eybers was baie krities oor die Nederlandse neiging om op te tree as universele sedemeester. Die Nederlanders se beterweterige houding en vooropgesette idees wat Suid-Afrika betref, het haar teen die bors gestuit. Sy was veral krities oor die Nederlanders se ongenuanseerde en eng moraliserende standpunte. Die fel anti-apartheidsaksies vanuit Nederland verhard alleen maar Afrikaners in hul standpunte, aldus Eybers.39
Prof. Jakes Gerwel, onderwysman en segsman van die bruin gemeenskap, het verklaar dat hy as iemand wat met die oordrag van idees werk, "gruw van de gedachte aan een culturele boycot." Hy het wel simpatie met die besluit van die Nederlandse regering om die Kultuurverdrag op te sê. Hy sien daarin 'n gebaar van solidariteit van die Nederlandse volk. Daardeur het die Nederlandse regering dit duidelik gemaak dat hy hom by die aktiewe teenstanders van apartheid skaar.40
Die jammerte van die opsegging van die Verdrag is dat die swartes ook daardeur getref sou word. Die heftigste kritiek op apartheid kom juis van die bruin teoloë wat in Nederland gestudeer het en daar "een vrijmakende intellectuele ontwikkeling" deurgemaak het. Gerwel noem hier die naam van Allan Boesak. Gerwel sou graag bruin studente in kontak wou bring met die Nederlandse samelewing en kultuur, en veral met die progressiewe elemente daarin. Gerwel voel wel dat die Nederlandse regering hul kulturele programme in toenemende mate op die swart bevolking moet rig.41
6. OMSTREDE BESOEKE VAN HERMANS, REVE EN HEINTJE
Die bekende Nederlandse skrywer, W.F. Hermans (1921-1995), het Suid-Afrika van 4 Maart 1983 tot 1 April 1983 op uitnodiging van die uitgewer Koos Human (Human & Rousseau) besoek. Hy het akademiese lesings by 11 universiteite gelewer. Hermans word met Gerard Reve en Harry Mulisch gereken tot "De Grote Drie" van die naoorlogse Nederlandse skrywers. Hy was die eerste bekende Nederlandse outeur wat Suid-Afrika sedert 1947 besoek het. Sy besoek het daarom groot belangstelling gaande gemaak. Die joernalis Joan Kruger het verklaar dat Hermans die "venster na Europa" weer oopgegooi het. Die Burger het sy besoek as 'n "unieke gebeurtenis" bestempel.42
Enkele dae voordat Hermans uit Parys na Suid-Afrika vertrek het, het hy 'n telegram uit Nederland van die "Stichting VN-jaar voor de sancties tegen Zuid-Afrika" ontvang waarin hy versoek is om af te sien van sy besoek, omdat dit 'n verbreking van die kulturele boikot sou beteken. Hermans het hom nie daaraan gesteur nie. Hy was onverbiddelik gekant teen die kulturele boikot. So 'n boikot werk alleen maar kontraproduktief en daarom beskou hy die Nederlandse beleid as "weerzinwekkend en krankzinnig." Die bemoeisug van Nederland het hom ook teen die bors gestuit: "Steeds weer blijkt dat Nederland en sommige Nederlanders zich zien als het geweten van de wereld, maar zelf geen kritiek kunnen verdragen." Die Nederlandse houding grens bowendien aan huigelagtigheid. Die Nederlandse boikotbeleid is 'n groot onreg teenoor die Afrikaanssprekendes en ook teen die Nederlandse kultuur. Hermans was geen voorstander van apartheid nie, "maar zag daarin geen reden weg te blijven." Die blote feit dat hy Suid-Afrika besoek het, het hom in die oë van vele Nederlanders 'n rassis gemaak.43
Na aanleiding van Hermans se besoek aan Suid-Afrika het Sietse Bosgra, medewerker van die KZA, die oogmerke van die "Stichting VN-jaar voor de sancties tegen Zuid-Afrika" opnuut beklemtoon. Nederlandse kunstenaars is naamlik opgeroep om alle direkte en indirekte kontakte met die Suid-Afrikaanse owerheid, instellings en organisasies te verbreek. Die kunstenaars moes ook meewerk aan die verdere kulturele isolasie van Suid-Afrika.44 Bosgra het verder 'n pleidooi gelewer dat nuwe kulturele bande gesmee moes word met die onderdruktes in Suid-Afrika, en veral met die ANC. Hy het Nederlandse kunstenaars opgeroep om nuwe bande te smee met die verset en die kultuur van die verset.45 Die ANC het Hermans as "een schreeuwerige verdediger van racisme" bestempel. 'n Oproep is weer eens gedoen vir die totale isolasie van Suid-Afrika.46
Amsterdam is in Maart 1986 uitgeroep as die eerste "anti-apartheidstad" in Nederland. Dit het onder meer geïmpliseer dat kunstenaars wat op die sogenaamde swartlys van die VN was, onwelkom in Amsterdam sou wees. Amsterdam se anti-apartheidsbeleid was dus gekoppel aan die kulturele boikot teen Suid-Afrika.47 Omdat Hermans se naam op die swartlys voorgekom het, het die Amsterdamse stadsbestuur onder leiding van Ed van Thijn hom in 1986 tot "persona non grata" verklaar. Die gemeenteraad was dus ongelukkig oor die feit dat daar in Oktober 1986 'n fototentoonstelling van Hermans in die Stedelijk Museum was. Daar was selfs 'n voorstel om al Hermans se boeke uit die biblioteke van Amsterdam te haal. Burgemeester Van Thijn het Hermans in 'n brief, gedateer 29 Januarie 1993, verseker dat hy weer baie welkom in Amsterdam is.48
Die anti-apartheidsaktiviste het felle aanvalle op Hermans geloods. Suid-Afrikaanse skrywers en letterkundiges het hierdie aanvalle belaglik gevind. Volgens André P. Brink is 'n kulturele boikot selfvernietigend en kortsigtig. Hervorming kan alleen te weeg gebring word deur die uitwisseling van denkbeelde en opvattinge. Prof. Ernst Lindenberg was van mening dat kontakte met "een vrije geest" soos Hermans Afrikaners slegs kan goed doen en hulle help om meer krities te word.49 Breyten Breytenbach was egter baie krities oor Hermans se besoek en opmerkings deur hom gemaak.50
Die Nederlandse sanger Heintje (Hein Simons) het hom ook die gramskap van die Nederlandse "Stichting VN-jaar voor de sancties tegen Zuid-Afrika" op die hals gehaal. Heintje, wat Suid-Afrika ook in 1976 besoek het, het naamlik in Maart 1983 in Suid-Afrika én in Suidwes-Afrika (Namibie) opgetree. Hy het dit duidelik gestel dat hy hom nie met politiek bemoei nie. Hy is 'n sanger en kom dus as 'n kunstenaar na Suid-Afrika. Die feit dat hy teen apartheid is, is vir hom geen rede om nie na Suid-Afrika te kom nie: "Ik ga nog steeds daarnaar toe waar mensen willen dat ik voor hen zing. Ik zou ook naar Rusland gaan als men mij vraagt, alhoewel ik tegen het communisme ben." Die anti-apartheidsaktiviste het Heintje se optrede egter gesien as 'n immorele ondersteuning van apartheid.51
Die erg omstrede Nederlandse skrywer, Gerard Reve (1923-2006), was ook op die VN se swartlys vanweë sy besoek aan Suid-Afrika in Junie 1984. Reve het hom boonop tydens dié besoek ook positief uitgelaat oor apartheid. Hy het by verskeie universiteite lesings gegee. In 'n onderhoud het hy die beskuldigings teen Hermans as totaal absurd verwerp. Volgens hom weet Nederland altyd wat goed is vir ander volke: "Die Nederlander beleef alles teoreties op 'n afstand ... voor die televisie." Reve kon dit nie begryp dat Nederland 'n Kultuurverdrag met Rusland het nie, terwyl honderde Russiese skrywers gevange sit in tweeduisend werkkampe. Volgens hom het Nederland 'n "gekkehuis" geword.52
Die "Special Committee against Apartheid" van die VN het in 1983 'n lys gepubliseer van al die kunstenaars en sangers wat sedert 1981, ondanks die kulturele boikot, tog in Suid-Afrika opgetree het. Die sogenaamde swartlys het veral sterk gefokus op die vermaaksentrum Sun City in Bophuthatswana. Teen 1985 was slegs vier Nederlandse name op dié lys, naamlik Hermans, Reve, Heintje en die Folkloristische Dance Group. Veral Amerikaanse en Britse sangers het op die lys verskyn. Die Nederlandse anti-apartheidsaktiviste het deeglik kennis geneem van hierdie swartlys. 'n Beroep is selfs op die gemeenteraad van Amsterdam gedoen om geen optredes meer toe te laat van kunstenaars wat op dié lys verskyn nie.53
7. BETOGINGS TEEN IPI TOMBI
Ipi Tombi is 'n 1974 musiekblyspel deur Suid-Afrikaanse skrywers wat die storie vertel van 'n jong swart man wat sy landelike dorpie enjong vrou verlaat om in die goudmyne van Johannesburg te gaan werk. Dit is onder meer in Amerika (New York), Kanada en Engeland (Londen) opgevoer. In Londen is dit in 1976 genomineer as die beste nuwe musiekblyspel.54 Die Londense produksie van Ipi Tombi is sewe jaar lank byna tweeduisend keer in Londense teaters opgevoer. Protesaksies is teen die produksie georganiseer, maar sonder sukses.55
Hierdie musiekblyspel is byna vier maande lank in Nederland opgevoer, van 31 Julie 1981 af tot 21 November 1981. Daar was omtrent 136 opvoerings in 20 stede en dorpe. Die anti-apartheidsaksiegroepe in Nederland, veral die AABN, het 'n vloedgolf van protesaksies teen die "gewraakte" Suid-Afrikaanse musiekblyspel geloods, onder meer tientalle "picket-lines" by teaters. Massas koerantberigte het oor Ipi Tombi verskyn. Heftige debatte is in Nederland gevoer oor vryheid en onvryheid van kultuur en oor die vraag in hoeverre Ipi Tombi propaganda vir apartheid was en of dit 'n juiste uitbeelding is van die situasie in Suid-Afrika.56
Die AABN het dit duidelik gestel dat daar geen (kulturele en ander) produkte uit Suid-Afrika in Nederland tuishoort nie vir solank as wat apartheid in die land bestaan. Die groot beswaar wat die AABN teen Ipi Tombi gehad het, was dat dit 'n Suid-Afrikaanse produksie was. Dit druis dus in teen die pogings in Nederland om Suid-Afrika volledig te boikot en ook teen die besluit van die Nederlandse regering om die Kultuurverdrag op te sê. Want met die opheffing van die Verdrag het Den Haag juis beoog om kulturele en wetenskaplike kontakte met Suid-Afrika so ver as moontlik te ontmoedig.57
Volgens die AABN is mense ook mislei deur die publisiteit vir Ipi Tombi. Dié musiekblyspel is in Amsterdam bekendgestel as 'n "Afrikaanse" opvoering en daar is melding gemaak van die "fascinerende ritme van Afrika". Baie mense was dus nie bewus daarvan dat dit 'n Suid-Afrikaanse produksie was nie. Daarby het Ipi Tombi 'n misleidende beeld opgeroep van die lewe van die swart bevolking in Suid-Afrika, aldus die AABN. Ipi Tombi is dus 'n produk van apartheid, 'n vrolike opvoering wat die "afschuwelijke gevolgen" van apartheid verdoesel. Die produksie is selfs vergelyk met die vooroorlogse propagandafilms in Nazi-Duitsland.58
Teen September 1981 het byna 40 politieke en kulturele organisasies in Nederland die eis van die AABN ondersteun dat Ipi Tombi so spoedig moontlik uit Nederland "dient te verdwijnen." Die AABN het in 'n slotverklaring, 17 Desember 1981, gewys op die breë steun wat die protesaksies geniet het. Die samewerking tussen plaaslike aksiegroepe, afdelings van politieke partye en kulturele organisasies het die internasionale solidariteit met die vryheidstryd in Suider-Afrika versterk. Die versetaksie teen Ipi Tombi het verder momentum verleen aan die anti-apartheids-veldtog wat in 1982 geloods sou word, naamlik "ANC - 70 jaar strijd tegen apartheid."59
Die AABN het in sy slotverklaring die hoop uitgespreek dat 'n dergelike apartheidsproduk nie weer aan die Nederlandse publiek opgedis sou word nie. Hul hoop sou egter beskaam, want in April 1983 het 'n wit Suid-Afrikaanse koor in Zuid-Limburg opgetree. Die Stigting "VN-jaar voor de sancties tegen Zuid-Afrika" het toe sterk protes daarteen aangeteken.60
8. NOUER KULTURELE SKAKELING MET DIE VERSETBEWEGING
Meer en meer swart kunstenaars uit Suid-Afrika het hulle sedert die middel 1970's as uitgewekenes in Amsterdam gevestig. Daar was in 'n steeds toenemende mate kontak tussen hierdie swart kunstenaars-in-ballingskap en die anti-apartheidsaksiegroepe in Nederland. In Mei 1976 het die konferensie "Kunst contra Apartheid" ("Kunstenaars tegen Apartheid") in Amsterdam plaasgevind. Suid-Afrikaanse skrywers, musici en beeldende kunstenaars het die geleentheid gehad om ervarings en gedagtes uit te wissel met Nederlandse kunstenaars. Sterk steun is by hierdie konferensie vir die ANC uitgespreek.61
Die groep "Schrijvers tegen apartheid" het vroeg in 1980 'n poësie-aand in Amsterdam georganiseer. Nederlandse digters het saam met Suid-Afrikaanse digters-in-ballingskap opgetree. Gedigte is ook voorgelees van Suid-Afrikaanse skrywers wat vanweë hul verset teen apartheid in gevangenskap was. Al hierdie tekste is versamel in 'n bundel.62
Die anti-apartheidsaktivis Karel Roskam het in 'n belangwekkende artikel, 30 September 1982, verklaar dat die voorstanders van 'n kulturele boikot nie gekant is téén Suid-Afrika of téén die Afrikaners nie. Hulle is wel gekant teen die bestaande stelsel waar 'n blanke minderheid eksklusiewe regte besit. Volgens Roskam het steeds meer Nederlanders tot die besef gekom dat dialoog met Suid-Afrika alleen sinvol is as alle bevolkingsgroepe daarby betrokke is.63
Die konferensie "De kulturele stem van het verzet - Nederlandse en Zuidafrikaanse kunstenaars tegen apartheid" het in Desember 1982 in Amsterdam plaasgevind. Die konferensie moes vorm en inhoud gee aan 'n alternatief vir die Kultuurverdrag wat in 1981 amptelik opgesê is. Nouer kontak en groter samewerking met Suid-Afrikaanse versetkunstenaars sou ook aandag geniet. Meer as vyftig Suid-Afrikaanse kunstenaars-in-ballingskap, hoofsaaklik swart, het die konferensie bygewoon. Die konferensie het in wese gehandel oor die rol van kunstenaars en van kultuur in die stryd teen apartheid.64
Conny Braam, voorsitster van die AABN, het in haar welkomswoord beklemtoon dat iedere dialoog met rassiste onmoontlik en sinloos is. Sy het 'n pleidooi gelewer dat daar bande van vriendskap en samewerking tussen die Nederlandse kunstenaars en die kunstenaars in verset -"met en via het ANC" - moet wees. Sy het die hoop uitgespreek dat die Nederlandse regering 'n kulturele samewerkingsverband met die ANC sou aangaan.65
Barbara Masekela het namens die ANC die woord gevoer en haar ten gunste uitgespreek vir die totale kulturele isolasie van Suid-Afrika.66 In 1986 het sy in 'n toespraak in Amsterdam weer eens aangedring op die totale isolasie van Suid-Afrika. Geen uitsonderings moet gemaak word nie: "Daarom moet een culturele boycot totaal zijn".67
Die konferensie het in 'n slotverklaring "de totale isolering van het racistische Zuidafrikaanse regiem" bepleit. Skrywers, musici en andere is opgeroep om Suid-Afrika te boikot en alle bande met Suid-Afrika te beëindig. Uitgeweke Suid-Afrikaanse kunstenaars moes ook ondersteun word. Alle Nederlandse kunstenaars is opgeroep om hulle by die ANC te skaar en kulturele projekte te ontwikkel in noue samewerking met die ANC.68
Amsterdam was ook in Desember 1987 die gasheerstad van die belangwekkende "Culture in Another South Africa" of CASA-konferensie. Byna driehonderd hoofsaaklik swart Suid-Afrikaanse kunstenaars het in Amsterdam byeengekom om te besin oor die kulturele toekoms van 'n Suid-Afrika sonder apartheid. Die konferensie is onder meer in oorleg met die kulturele departement van die ANC georganiseer.69
In 1987 was Amsterdam die kulturele hoofstad van Europa. Gedurende die byna twee weke van die konferensie het Amsterdam in die woorde van Barbara Masekela, kulturele woordvoerder van die ANC, "the cultural capital of South Africa" geword.70 Die burgemeester van Amsterdam, Ed van Thijn, het in sy welkomswoord benadruk dat die kunste ook 'n vorm van verset teen onderdrukking kan wees.71
Conny Braam, voorsitster van die AABN, het die betekenis van die CASA-konferensie soos volg saamgevat: "De internationale sancties hadden Zuid-Afrika tot een afgelegen fort gemaakt. Maar het ANC doorbrak dat isolement, voor hen die over een nieuwe toekomst wilden praten, ook voor kunstenaars."72
Die aanhef en besluite van die konferensie het van die veronderstelling uitgegaan dat kultuur 'n integrale deel is van die nasionale demokratiese stryd en daarom moet kultuur beskou word "in the context of people's struggle."73
Wat die kulturele boikot betref, het die konferensie besluit dat apartheid Suid-Afrika totaal geïsoleer moet word. In die lig daarvan is besluit dat kulturele werkers en kunstenaars wat Suid-Afrika wou besoek eers oorleg moes pleeg met die nasionale bevrydingsbeweging. Die besoek sou alleen plaasvind "in furtherance of the national democratic struggle."74
9. SLOTBESKOUING
Die kulturele boikot van die jare sewentig en tagtig het groot skade aangerig. Die geestelike en intellektuele wisselwerking tussen Suid-Afrika en Nederland het grootliks in die slag gebly. Die byna algehele isolasie wat ingetree het, het wedersyds diep letsels gelaat. Groot onkunde het wedersyds geheers oor die nuwe geslag skrywers, digters en kunstenaars in die onderskeie lande. 'n Hele generasie is op 'n intellektuele hongerdieet gevoer.
Nederlands het ontsaglik baie veld verloor in Suid-Afrika as gevolg van die kulturele boikot. Talle Afrikaners het in 'n toenemende mate Nederland as irrelevant beskou en minagtend opsy begin skuif. Nederlandse kritiek is beskou as water op 'n eend se rug. In die jare wat Suid-Afrika vanuit Nederland geboikot is, was daar nooit 'n gebrek aan leesstof, televisievermaak, films en musiek uit Amerika nie. Min Suid-Afrikaanse studente het in die boikotjare die voorreg gehad om in Nederland te studeer. Ander akademiese geleenthede is derhalwe binne die breër Europese én Amerikaanse konteks benut. Nederlandse boeke, én selfs inligting oor nuwe publikasies, was moeilik bekombaar in Suid-Afrika. Selfs universiteitsbiblioteke se versameling van Nederlandse boeke is onvolledig.
Afrikaans het insgelyks veld verloor in Nederland. Afrikaans het 'n fluistertaal en 'n besmette taal geword - die smet van apartheid het aan die taal gekleef. Vanweë die isolasie kon Nederlandse akademici hulle nie op die hoogte stel van nuwe ontwikkelinge in Afrikaans nie. Afrikaans het dus in 'n toenemende mate 'n vreemde taal in Nederland geword.75
Prof. G.J. Schutte, oud-voorsitter van die NZAV, was van mening dat die Nederlandse denke oor Suid-Afrika in die 1980's deur onredelikheid en onverdraagsaamheid oorheers is. Syns insiens was die isolasie van Suid-Afrika deur Nederland "onverdedigbaar en onproduktief." Hy het daarop gewys dat "de Nederlandse rabiate afwijzing deed de Afrikaners niet luisteren en maakte de betrekkingen op intellectueel, academisch en cultureel terrein kapot."76
Die Nederlandse digter en skrywer, Gerrit Komrij, meld dat daar vir sy generasie geen vraag na Suid-Afrikaanse literatuur was nie omdat daar geen aanbod was nie: "Er heerste blijkbaar 'n taboe op alles wat met Zuid-Afrika had te maken ..." Om daarde rede was "de literatuur van de Eskimo's en de Paparapaya's je vertrouwder." Die woord Suid-Afrika was vir sy generasie sinoniem met "Siberië, zwarthemden, satanisme." Dit was geen gespreksonderwerp nie. Die Nederlandse anti-apartheidsbeweging en die voorstanders van 'n totale kulturele boikot het volledig geslaag "in hun taboeïsering en annihilering van de Zuid-Afrikaanse literatuur," aldus Komrij.77
Die invloedryke rubriekskrywer, J.L. Heldring, het gemeld dat dit dom was om die Afrikaners te straf deur die Kultuurverdrag op te sê. Nederland het daardeur 'n kans op beïnvloeding deur sy vingers laat glip. Vir hom was dit onbegryplik dat die Afrikaanssprekende bruin mense ook gestraf is, want baie van hul geestelike leiers kyk ook na Nederland as een van die bronne van hul kultuur. Ook die bruin studente het nou minder geleenthede gehad om in Nederland te gaan studeer.78
BIBLIOGRAFIE
AABN. 1976. A Critique of the Cultural Accord between South Africa and the Netherlands. Amsterdam: AABN. [ Links ]
Baehr, P.R. & Gordenker, L. 2006. De Verenigde Naties: Ideaal en Werkelijkheid. Amsterdam: Boom. [ Links ]
Bleich, A. 2008. Joop den Uyl 1919-1987: Dromer en doordouwer. Amsterdam: Balans. [ Links ]
Braam, C. 1992. Operatie Vula: Zuidafrikanen en Nederlanders in de strijd tegen apartheid. Amsterdam: Meulenhoff. [ Links ]
Breytenbach, B. 1984. De ware bekentenissen van een witte terrorist. Amsterdam: Van Gennep. [ Links ]
Brink, A.P. 2009. 'n Vurk in die Pad: 'nMemoir. Kaapstad/Pretoria: Human & Rousseau. [ Links ]
Buijs, F.J. 1995. Overtuiging en geweld: Vreedzame en gewelddadige acties tegen de apartheid. Amsterdam: Babylon-De Geus. [ Links ]
Campschreur, W. & Divendal, J. feds). 1989. CASA: Culture in Another South Africa. London: Zed Books. [ Links ]
Carlsnaes, W. & Muller, M. (eds). 1997. Change and South African External Relations. Johannesburg: Thomson. [ Links ]
Couwenberg, S.W. 1987. Sancties tegen Zuid-Afrika: Een kritische toetsing en een redelijk alternatief. Den Haag: Stichting Civis Mundi. [ Links ]
De Boer, S. 1996. Nederland en de apartheidskwestie, 1948-1990. Geschiedenis van de mensenrechten. Hilversum: Verloren. [ Links ]
De Boer, S. 1998. Een kwartmaat achter: Buitenlandse Zaken en Zuid-Afrika. Tweehonderd jaar Ministerie van Buitenlandse Zaken. Den Haag: Sdu. [ Links ]
De Boer, S. 1999. Van Sharpeville totSoweto: Nederlands regeringsbeleid ten aanzien van apartheid, 1960-1977. Den Haag: Sdu. [ Links ]
De Graaff, B.J.H. 1993. De mythe van de stamverwantschap: Nederland en de Afrikaners 1902-1930. Amsterdam: SAI. [ Links ]
De Graaff, B., Hellema, D. & Van der Zwan, B. (reds.). 2003. De Nederlandse buitenlandse politiek in de twintigste eeuw. Amsterdam: Boom. [ Links ]
De Kok, L. 1997. Die verwantskap tussen politiek en kuns in Suid-Afrika, 1960-1996. MA-verhandeling, RAU. [ Links ]
Donner, J. 1963. Tien jaar Cultureel Verdrag. NZAV-Jaarverslag, Amsterdam. [ Links ]
Giliomee, H. 2003. The Afrikaners: Biography of a People. Cape Town: Tafelberg. [ Links ]
Hellema, D., Zeeman, B. & Van der Zwan, B. (reds.). 1999. De Nederlandse ministers van Buitenlandse Zaken in de twintigste eeuw. Den Haag: Sdu. [ Links ]
Hellema, D. 2006. Buitenlandse Politiek van Nederland: De Nederlandse rol in de wereldpolitiek. Utrecht: Spectrum. [ Links ]
Human, K. 2006. 'n Lewe metBoeke. Kaapstad/Pretoria: Human & Rousseau. [ Links ]
IZA. 1995. Dialoog of boycot: De Nederlandse Zuid-Afrika-politiekna de Tweede Wereldoorlog. Amsterdam: IZA. [ Links ]
Jansen, E. 1996. Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam. Pretoria: Van Schaik. [ Links ]
Klein, G.L. 2001. De strijd tegen apartheid: The role of the anti-apartheid organisations in the Netherlands, 1960-1995. MA dissertation, UP. [ Links ]
Kneepkens, M. (red.). 1980. Schrijvers tegen apartheid. Den Haag: Horus. [ Links ]
Laes, W. 2011. Mensenrechten in de Verenigde Naties: Een verhaal over manipulatie, censuur en hypocrisie. Antwerpen/Apeldoorn: Garant. [ Links ]
Lawson, E. 1996. Encyclopedia of Human Rights. Washington/London: Taylor & Francis. [ Links ]
Maas, N. & Otterspeer, W. (reds.). 2008. Verscheur deze brief! Ik vertel veel te veel: Een briefwisseling W.F. Hermans en G. Reve. Amsterdam: De Bezige Bij. [ Links ]
Nederland tegen apartheid 1948-1994. http://www.iisg.nl/collections/anti-apartheid/history/nl. (7 Desember 2010). [ Links ]
Olivier, G. 2006. South Africa and the European Union. Pretoria: Protea. [ Links ]
Ovink, G.W. 1977. Het Cultureel Verdrag met Zuid-Afrika. NZAV-Jaarverslag, Amsterdam. [ Links ]
Reddy, E.S. 1985. Sanctions and related measures against South Africa. http://www.anc.org.za/ancdocs/history/solidarity/western/sanctions.html (12 Februarie 2008). [ Links ]
Rozenburg, R. 1986. De Bloedband Den Haag - Pretoria: Het Nederlandse Zuid-Afrikabeleid sinds 1945. Amsterdam: KZA. [ Links ]
SADET. 2008. The Road to Democracy in South Africa: International Solidarity. Vol. 3, Part 1. Pretoria: Unisa. [ Links ]
Schutte, G.J. 1993. De roeping ten aanzien van het oude Broedervolk: Nederland en Zuid-Afrika, 1960-1990. Amsterdam: SAI. [ Links ]
Stichting CAZA. 1982. Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet. Amsterdam: CAZA. [ Links ]
Stichting. 1983. "VN-jaar voor de sankties tegen Zuid-Afrika". Verbreek kulturele kontakten met Zuid-Afrika. Amsterdam. [ Links ]
Terblanche, H.O. 1995. Nederland en Suid-Afrika: Herontdekking van stamverwantskap. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Desember 1995. [ Links ]
Terblanche, H.O. 1998. Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid. Die paginaruil tussen Trouw en Die Burger, 1963-1964. Port Elizabeth: UPE. [ Links ]
Terblanche, H.O. 2010. Die verskille tussen Nederland en Vlaandere ten opsigte van Suid-Afrika tydens die apartheidsjare: 'n Ontleding. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Desember 2010. [ Links ]
Terblanche, H.O. 2012. Amsterdam as 'n anti-apartheidstad. Historia, November 2012. [ Links ]
Terblanche, H.O. 2013. "De Overval": Aanslag op Suid-Afrikaanse Biblioteek in Amsterdam. Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, Junie 2013. [ Links ]
Tromp, B. 1997. Tegen het vergeten: Degenstoten en sabelhouwen. Nieuwegein: Aspekt. [ Links ]
United Nations. 1994. The United Nations and Apartheid, 1948-1994. New York: United Nations, [ Links ]
United Nations Review. 1982. Special Issue on International Year of Mobilization for Sanctions against South Africa. [ Links ]
United Nations Centre against Apartheid. 1983. Register of entertainers, actors and others who have performed in Apartheid South Africa. [ Links ]
Van Beurden, J. & Huinder, C. 1996. De vinger op de zere plek: Solidariteit met Zuidelijk Afrika 1961-1996. Amsterdam: Babylon-De Geus. [ Links ]
Van der Valk, A. 2002. W.F.Hermans: Het grootste gelijk buiten Nederland. Soesterberg: Aspekt. [ Links ]
Van der Watt, S.E. 1992. Die opsegging van die Kultuurverdrag Nederland/Suid-Afrika: 'n Kritiese ontleding. MA-verhandeling, UOVS. [ Links ]
Van den Bergh, E. 2000. Het stormt in mijn hart: Nederland-Zuid-Afrika Selectieve Bibliografische Notitie. Den Haag: Ambassade van Zuid-Afrika. [ Links ]
Van Lakerveld, C. (red.). 1994. Nederland tegen Apartheid. Amsterdam: Sdu. [ Links ]
Welz, D. (ed). 1989. Writing against Apartheid. Grahamstown: National English Literary Museum. [ Links ]
Otto Terblanche het sy tersiêre opleiding by die Universiteit van Stellenbosch begin waar hy die BA en BAHons grade in Geskiedenis verwerf het. Sy MA en DPhil grade in Geskiedenis het hy by die Universiteit van Port Elizabeth (UPE) - tans die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) - verwerf. Hy is in 1976 as dosent in Geskiedenis by die UPE aangestel. Hy is sedert 1994 betrokke by navorsingsprojekte in Nederland en België (Vlaandere). Hy het sedertdien wyd gepubliseer oor die politieke en kulturele betrek-kinge tussen Nederland/België (Vlaandere) en Suid-Afrika. Sy boek Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid het in 1998 verskyn. Hy het in 2011 as medeprofessor in Geskiedenis afgetree. In 2012 is hy aangestel as navorsingsgenoot in Geskiedenis aan die NMMU.
Otto Terblanche started his tertiary education at the University of Stellenbosch where he obtained the BA and BA Hons degrees in History. The MA and DPhil degrees in History were obtained at the University of Port Elizabeth (UPE) - currently the Nelson Mandela Metropolitan University (NmMu). He was appointed as lecturer in History at UPE in 1976. Since 1994 he has been involved in research projects in the Netherlands and Belgium (Flanders). He has published widely on the political and cultural relations between the Netherlands/Belgium (Flanders) and South Africa. His book Nederland en die Afrikaner: Gesprek oor apartheid was published in 1998. He retired in 2011 as an associate professor in History. In 2012 he was appointed as a research associate in History at the NMMU.
1 Sien onder meer De Graaff (1993:14-23; Terblanche (1998); Terblanche (1995:68-71).
2 Sien onder meer Lawson (1996:83-85); The United Nations and Apartheid, 1948-1994 (1994:66-73, 308); Solomon (1996:65-67); Reddy (1985). http://www.anc.org.za/ancdocs/history/solidarity/western/sanctions.html.
3 Sien onder meer Lawson (1996:84-86, 90-92); The United Nations and Apartheid 1948-1994:pp.66, 154; Reddy (1985: 6); "Het anti-Zuid-Afrikasyndroom in historisch perspectief ' (Beelden 1983:2); Het Volkzal regeren (Amsterdam, AABN, 1980); Giliomee (2003:649-650).
4 The United Nations and Apartheid, 1948-1994, pp.67, 74, 155, 355, 361, 366; SADET: The Road to Democracy in South Africa, Vol. 3, Part 1 (2008:29, 30, 106, 107); Stichting "VN-jaar voor de sancties tegen Zuid-Afrika" (1981); Special Issue on International Year of Mobilization for Sanctions against South Africa (1982).
5 The United Nations and Apartheid, 1948-1994, pp.74, 155, 156, 375-388; SADET: The Road to Democracy in South Africa, (2008:107-108); Reddy (1985: 7, 8, 25). Kyk ook Baehr & Gordenker (2006:132-134).
6 The United Nations and Apartheid, 1948-1994, pp.66, 386; Lawson (1996:86); SADET (2008:85).
7 Reddy (1985:10); Olivier (2006:26-30); Carlsnaes & Muller (1997:103-104).
8 Van der Watt (1992); De Kok (1997); Veltkamp-Visser (1997:36-37); Ovink (1977:3-17).
9 Van der Watt (1992:122, 145-146).
10 Van der Watt (1992:i-ii, 111, 113-114, 125-126); Schutte (1993:55-56); Terblanche (1998:185-190); "Cultureel Verdrag bestudeerd" (Zuid-Afrika 1993:59).
11 Hellema (2006:268); Dialoog of boycot: De Nederlandse Zuid-Afrika-politiek na de Tweede Wereldoorlog (1995:6).
12 De Boer (1999:251-264, 371-372, 399-400, 411-412); Schutte (1993:41-43); Bleich (2008:stofomslag, 111, 474-475); Hellema, Zeeman & Van der Zwan (1999:243-252); Suid-Afrikaanse Instituut, Amsterdam: Plakboek, P329.85: Koerantknipsels oor Den Uyl-kabinet.
13 Kyk ook "Cultureel akkoord" (1976:149); "Skrif aan muur, sê Holland," Beeld, 18 Junie 1976; "Nederland gee S.A. nóg 'n kans," Beeld, 6 November 1976; "Cultureel Verdrag bevorderde nooit de kritische dialoog met Zuid-Afrika" (Amandla, November 1977:14-15).
14 Van der Watt (1992:1-4); De Boer (1999:334-336, 346-356); "Het Cultuurverdrag met Zuid-Afrika bevroren" (1977:142).
15 "Zuidelijk Afrika in de Eerste Kamer" (1978:19); "Einde cultuurverdrag" (1978:101); "Andere benadering" (1978:121); "NZAV rieht zieh tot Kabinet en Parlement" (1978:154).
16 Van der Watt (1992:5-20); Handelingen Tweede Kamer ( 1981:4842-4845); Handelingen Eerste Kamer (1981:1037-1054); "Einde van het akkoord" (1981:65); "Einde Cultureel Verdrag" (1981); " De opzegging van het Culturele Verdrag"(1981:110, 116); Hoofstad (1981); Die Burger (1981); Beeld (1981).
17 "Visumverlening aan Zuidafrikanen ..." (Amandla 1983:25); "Visumplicht van kracht" (Zuid-Afrika (1983:1); Nederlandse Post (1983:19); Tweede Kamer der Staten-Generaal (Vergaderjaar 1983-1984, 18100, Hoofstuk V, Nr. 102, pp.1-6).
18 Komitee Zuidelijk Afrika: Boycot Zuid-Afrika (Pamflet) (1982); "Tien argumentai voor een kulturele boycot" (Amandla, 1983:8-9).
19 Komitee Zuidelijk Afrika: Boycot Zuid-Afrika (Pamflet) (1982); "Tien argumenten voor een kulturele boycot" (Amandla, 1983:8-9).
20 "Cultureel verdrag met Zuid-Afrika opzeggen," Trouw, (1974); De Anti-Apartheidskrant, (1990:20).
21 Internationaal Instituut voor Sociale Geschiedenis (IISG), Amsterdam: AABN, Map 305, Actie tegen Cultureel Accoord met Zuid-Afrika, 1975-1976; "Het Kultureel Akkoord moet weg!" (Anti-Apartheids Nieuws, 1975:5).
22 Anti-Apartheids Nieuws, Nr. 76, (1975:8); "Groot gevaar kom vir SA van buite," Beeld, 27 Desember 1975.
23 Tegen het Cultureel Akkoord met Zuid-Afrika (AABN, 1975:66 ); A Critique of the Cultural Accord between South Africa and the Netherlands (AABN, 1976, 55 pp.); "Het cultureel akkoord" (Zuid-Afrika,1976:65); Anti-Apartheids Nieuws, Nr. 79, (1976:16).
24 Trouw, 5 Mei 1976 en 8 Mei 1976; NRC, 8 Mei 1976; Het Parool, 10 Mei 1976; de Volkskrant, 10 Mei 1976; IISG, Amsterdam: AABN, Map 305, Actie tegen Cultureel Accoord met Zuid-Afrika, 1975-1976 (Brief AABN, 2 Julie 1976 en 7 Julie 1976); Anti-Apartheids Nieuws, Nr. 77, Januarie 1976, p. 16; "Aktie tegen Kultureel Akkoord van start" (Anti-Apartheids Nieuws, Augustus 1976, p.13); "Verbreek het Kultureel Akkoord!" (Zuidelijk Afrika Nieuws, Oktober 1976, p.6).
25 Amandla, (1977:6).
26 "Wereldomroep heeft uitzendingen in het Afrikaans gestaakt" (Zuid-Afrika, November/Desember 1977:159); "Wereldomroep stopt uitzending in Afrikaans" (Amandla, 1978:6).
27 "Nederland bijna verlost van Kultureel Akkoord met apartheid" (Zuidelijk Afrika Nieuws, 1979:19).
28 Word donateur van de Anti-Apartheids Beweging Nederland (Pamflet: Amsterdam, 1980); Zuidelijk Afrika Nieuws, Oktober 1980; Amandla, Desember 1980:14; IISG, Amsterdam: AABN, Map 340, Culturele boycot activiteiten, 1979-1981 (Ope brief van die AABN aan die Eerste Kamer, 21 Mei 1981); "Kultureel akkoord exit" (Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1981:6); Kyk ook Partij Kiezen voor Zuidelijk Afrika (Amsterdam, KZA, 1981).
29 Verbreek kulturele kontakten met Zuid-Afrika (1983:64); "Brochure belicht kulturele kontakten tussen Nederland en Zuid-Afrika" (Amandla, 1983:22); "Kultuur als masker voor apartheid" (Amandla, 1983:15-17).
30 NRC, 10 April 1984.
31 Amandla en Zuidelijk Afrika Nieuws, Speciale editie, Januarie 1987:VII; "Culture and resistance"(Sechaba, 1989:7-9).
32 "Kontak, bepleit André P.," Beeld, 9 Januarie 1980; "Een woord is geen geweer," Haagse Post, 16 April 1983.
33 "Een woord is geen geweer," Haagse Post, 16 April 1983; "Zuid-Afrika nu juist niet isoleren," NRC Handelsblad, 18 November 1985; Welz (1989:60-61).
34 Brink (2009:416); Rapport, 27 Julie 1980.
35 "Culturele boycot Zuid-Afrika een nobele zaak," NRC Handelsblad, 11 April 1983; "Weekboek," Haagse Post, 16 April 1983; "SA skrywers praat oor Hermans-besoek," Beeld, 11 Mei 1983; de Volkskrant, 11 April 1983; Nederlandse Post, Junie 1983:9.
36 "Culturele boycot Zuid-Afrika een nobele zaak," NRC Handelsblad, 11 April 1983.
37 B. Breytenbach (1984:404); Vrij Nederland, 10 Mei 1986.
38 Jansen (1996:138-139, 145-147).
39 Jansen (1996:138-139, 145-147).
40 "Ik gruw van de gedachte aan een culturele boycot," NRC Handelsblad, 3 Desember 1983; "Nederlands in een veranderend Zuid-Afrika" (Nederlandse Post, Maart 1982:13).
41 "Ik gruw van de gedachte aan een culturele boycot," NRC Handelsblad, 3 Desember 1983; "Nederlands in een veranderend Zuid-Afrika" (Nederlandse Post, Maart 1982:13). Kyk ook "Heldrings indrukken" (Zuid-Afrika, April 1984:55).
42 Van der Valk (2002:90-162); "Willem Frederik Hermans," http://nl.wikipedia.org (14 April 2013); "Hermans gooi 'venster' weer oop," Beeld, 16 Maart 1983; "Unieke besoek," Die Burger, 26 Maart 1983.
43 Van der Valk (2002:100-101, 108-110, 146-148); Utrechts Nieuwsblad, 15 Maart 1983; "Hermans hekelt in Zuid-Afrika bemoeizucht Nederland," De Telegraaf, 14 Maart 1983; "Hermans laat mense sidder," Die Burger, 3 Maart 1983; "Hermans op bezoek in Zuid-Afrika," Trouw, 8 Maart 1983; NRC Handelsblad, 8 April 1983; Die Burger, 10 April 1983 en 25 Mei 1983.
44 "Culturele isolering Zuid-Afrika effectief wapen tegen apartheid," NRC, 1 April 1983.
45 "Oude stokpaarden van stal gehaald" (Amandla, Mei 1983:3-4).
46 IISG, Amsterdam: AABN, Map 364, Culturele boycot activiteiten 1983 (Brief van die Nederlandse Unit van die ANC, 25 Mei 1983).
47 Terblanche (2012:156).
48 Mayibuye Archives, Universiteit van Wes-Kaapland: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam; Gemeenteblad 1986, Nr. 1426, pp.3757-3758; "Vaders visie: Hermans," Nieuwsblad van het Noorden, 15 Oktober 1986; "Amsterdam: Culturele boycot Zuid-Afrika meer inhoud geven," NRC Handelsblad, 10 Oktober 1986. Kyk ook Tromp (1997:178-191).
49 "Anti-apartheidsmensen tegen culturele boycot," Trouw, 14 Maart 1983; J.L. Heldring: "Domheid of kwade trouw," NRC, 18 Maart 1983; "Culturele boycot," Zuid-Afrika, Maart 1983, p.33; "Nederlanders stry oor kulturele boikot van Suid-Afrika," Die Burger, 15 April 1983.
50 de Volkskrant, 15 April 1983.
51 "Hein Simons: Er verandert hier heel wat," Utrechts Nieuwsblad, 15 Maart 1983; "Hermans en Heintje naar Zuid-Afrika", Utrechts Nieuwsblad, 2 Maart 1983; "Weer Nederlandse optredens in Zuid-Afrika," Amandla, Maart 1983, p.8.
52 Maas & Otterspeer (2008:280-285); Human (2006:70-73); Die Burger, 14 Junie 1984; HetParool, 3 Julie 1984.
53 United Nations Centre against Apartheid: Register of entertainers, actors and others who have performed in Apartheid South Africa (20/83, October 1983); "Van hitlijst naar zwarte lijst," Amandla, Maart 1985; "Frank Sinatra op zwarte lijst Verenigde Naties," Utrechts Nieuwsblad, 27 Oktober 1983; "Shirley Bassey," Amandla, Junie/Julie 1985:11; "Pop en Politiek," Amandla, Desember 1985:8; "Kulturele boikot: Sensuur of strategie?" Die Suid-Afrikaan, Oktober/November 1989:19-21; "Rock against Apartheid," Nieuwe Revu: De Anti-Apartheidskrant, November-Desember 1990:13-15.
54 "Ipi Tombi," http://en.wikipedia.org (23 April 2013).
55 "Ipi Tombi 'valse show'"? Die Burger, 12 Augustus 1981.
56 "De lange strijd tegen Ipi Tombi," Zuidelijk Afrika Nieuws, Oktober 1981:3-5; "SA-akteurs gesels oor Ipi Tombi," Die Burger, 20 Oktober 1981.
57 "Ipi Tombi: produkt van apartheid," Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1981:13; "De lange strijd tegen Ipi Tombi," p.3.
58 "Ipi Tombi: produkt van apartheid," p.13; "De lange strijd tegen Ipi Tombi," pp.4-5; "Ipi Tombi blijft omstreden," Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1981, p.12.
59 IISG, Amsterdam: AABN, Map 342, Ipi Tombi actie, landelijk, Julie-Desember 1981; IISG, Amsterdam: AABN, Map 343 en 344, Ipi Tombi actie, lokale activiteiten, Julie-Desember 1981.
60 "Protest tegen koor," Utrechts Nieuwsblad, 9 April 1983; "Protest tegen optreden koor uit Zuid-Afrika," NRC, 9 April 1983.
61 "Samen strijden tegen apartheid," BOA Bulletin, Mei 1976:2-5; "De Populier ontvangt Zuidafrikanen," NRC, 16 April 1976.
62 Kneepkens (1980:7-8).
63 IISG, Amsterdam: AABN, Map 362, Culturele conferentie, Amsterdam, Desember 1982.
64 Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet (1982:1-4); "Solidariteits kultuur!" Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1982:3-4; "Wij willen een kulturele boykot van Zuid-Afrika," Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1983:7-10.
65 Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp.3-8; "ANC: 70 jaar strijd tegen apartheid," Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1981:7; "Z-Afrika conferentie geopend in Amsterdam," NRC Handelsblad, 14 Desember 1982.
66 Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet:9-13.
67 "Barbara Masekela: Boycot van Z-Afrika moet totaal zijn," NRC Handelsblad, 6 November 1986; "Barbara Masekela," http://www.answers.com/topic/barbara-masekela (25 April 2013).
68 Verslag van de konferentie De kulturele stem van het verzet, pp.52-59; IISG, Amsterdam: AABN, Map 363, Culturele conferentie, Amsterdam, Desember 1982 (Kommentaar van die AABN, 18 Mei 1983); Zuidelijk Afrika Nieuws, Desember 1982, pp.5-9; "Kunst die met racisme afrekent," Amandla, Januarie 1983:6-8; Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1983:7-10; Zuidelijk Afrika Nieuws, April 1983:2-7; Zuidelijk Afrika Nieuws, Augustus 1983:4.
69 CASA Krant (1987:1-15); "Van Racistisch Kultureel Akkoord tot CASA," Zuidelijk Afrika Nieuws,, Desember 1987:8-10; "Dat was CASA!" Zuidelijk Afrika Nieuws, Februarie 1988:3-23; "CASA," Amandla, Desember 1987:21-22; "CASA," Amandla, Januarie 1988:4-6; Henkes (2011:78-81).
70 Campschreur & Divendal (1989:207); http://www.sahistory.org.za/archive/keynoteaddressbyBarbaraMasekela (6 Maart 2013).
71 MA, UWK: MCH 167, Box 7.1, Dutch Collection: Anti-Apartheid activities by the Municipality of Amsterdam, Speeches by Mayor E. van Thijn.
72 Braam (1992:133-135).
73 Campschreur & Divendal (1989): CASA:214-217; "Lancet of botte bijl?" Amandla, November 1987: 2; CASA Programma Krant (Amsterdam, 1987).
74 "Preamble and Resolutions of the CASA Conference," http://www.sahistory.org.za/article (20 September 2011).
75 Terblanche (1998:210-212); Terblanche (1995:56-62); Terblanche (1994:160-161); Terblanche (1994:180).
76 Zuid-Afrika, Julie 1994.
77 "Toespraak van Komrij SAVN-kongres, 11 Julie 2001," http://www.mweb.co.za/litnet/neerlandi/08komrij.asp (10 Januarie 2012).
78 NRC Handelsblad, 3 April 1984.