SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue4-1What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 n.4-1 Pretoria Dec. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-1a8 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Vertaalprobleme wat die Deuterokanonieke Boeke oplewer: Jesus ben Sira as voorbeeld

 

Translation difficulties posed by the Deuterocanonical Books: Jesus Ben Sira as a case study

 

 

Johann Cook

Departement Antieke Studie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika. E-pos: cook@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

Volgens Wright (2007:715) het hierdie boek drie titels. In die Hebreeus staan dit bekend as die Wysheid van Joshua ben Sira. In die Vulgaat word dit Ekklesiastikus (die kerk se boek) en in die Joods-Hellenistiese geskrifte Sirag genoem. Ben Sirag (BS) beslaan 51 hoofstukke en wat inhoud en vorm betref, ressorteer dit onder die Ou Nabye Oosterse wysheidsliteratuur. Skehan en Di Lella (1987:4) sien dit as 'n soort handboek vir morele optrede wat 'n Jood in die tweede eeu VHJ moes nastreef. Ben Sirag se oupa, Sirag, het in Palestina 'n wysheidsgeskrif in Hebreeus die lig laat sien, skynbaar voor die revolusie wat met Antiogus Epifanes in Palestina geassosieer word (Cook 2020). Dié Seleukied het onder andere probeer om Jerusalem in 'n Griekse polis (stad) te verander (Tcherikover 1959). Joodse gebruike is verwerp en Hellenistiese kulturele waardes in die plek daarvan ingevoer. BS verwys geensins na hierdie gebeure nie, wat 'n aanduiding is dat die wysheidsgeskrif voor die Antiogeense revolusie tot stand gekom het. Die Griekse gimnasium het 'n rol begin speel in die Joodse gemeenskap, tot groot ontsteltenis van die konserwatiewe Jode (liberale Jode het onder andere die gimnasium naak besoek!). Hierdie Hebreeuse weergawes van BS is fragmentaries en plek-plek disjunk. Dit gee aanleiding tot uitsonderlike probleme vir die vertalers. Gelukkig is verskeie Hebreeuse fragmente later ontdek. Gedeeltes van hoofstukke 39-44 is by Masada gevind wat uit die eerste eeu VHJ dateer. Ms. 2Q18 bevat etlike reëls en 11QPsa bewaar dele van hoofstuk 51. Uit die Kairo-Geniza is daar ses fragmente beskikbaar. Opvallend is dat die Hebreeuse tekste, wat ongeveer twee derdes van die boek beslaan, nie by die Hebreeuse kanon ingesluit is nie. Hierdie tekste is nietemin baie belangrik vir die verstaan van die Griekse teks. Hier word dus behoorlike tekskritiese navorsing vereis, 'n probleem van enorme omvang.
Die Griekse teks is deur die kleinseun van Sirag geskep toe hy tussen 132 en 117 VHJ, gedurende die heerskappy van Ptolemeus VII Euergetes II in Alexandrië sy oupa se geskrif uit die Hebreeus vertaal het. Hyself skryf in die proloog dat hy in die 38ste jaar van die heerskappy van koning Euergetes in Egipte aangekom het en dat hy baie slaaplose ure aan die vertaling spandeer het. Die omstandighede het grootliks van dié in Palestina verskil. Dit was 'n Hellenistiese wêreld, wat egter nie oorbeklemtoon moet word nie. Martin Hengel het daarop gewys dat alle vorme van die Judaïsme vanaf die tweede eeu VHJ as Hellenistiese Judaïsme beskou moet word. Skehan en Di Lella (1984) oordeel dat die Ptolemeërs die Persiese administratiewe sisteem oorgeneem het waarvolgens die Joodse hoëpriester nie net die geestelike leier van die volk was nie, maar ook 'n soort van sekulêre prins wat belasting moes insamel vir die Ptolemeïese ryk. Die vertaling bestaan uit verskeie latere byvoegings/spreuke, getipeer as GKII (Grieks II). GKI verwys na die oudste Griekse teks en word hoofsaaklik gevind in die unsiale manuskripte A, B, C en S, asook hul kursiewe manuskripte. Die tekspublikasie van Ziegler (Septuaginta Graecum Auctoritate Academiae Litteratum Goetingensis editum XII Sapientia Jesu Filii Sirach, 1965) word gebruik as basis vir die vertaling en interpretasie.
Die deuterokanonieke literatuur - ook bekend as die apokriewe geskrifte - word as deel van die Septuagint beskou, wat tegelykertyd die tweede probleem is waarmee die moderne vertaler gekonfronteer word. Die Septuagint bestaan uit die Oudgriekse teks (OG), daardie tekste wat uit die oorspronklike Hebreeus en Aramees vertaal is, sowel as die sogenaamde de novo-komposisies, soos die Wysheid van Jesus ben Sira, of, nog beter, die Wysheid van Salomo. Oor Ben Sira heers daar onsekerheid, aangesien dit uit 'n Semitiese grondteks vertaal is.

Trefwoorde: Septuagint LXX, wysheid, Ben Sira, kleinseun, oupa, Egipte, Palestina, fragmente, GI, GII, unsiale kursiewe


ABSTRACT

According to Wright (2007:715), this book has three titles. In Hebrew it is known as the Wisdom of Joshua Ben Sira. In the Vulgate it is entitled Ecclesiasticus (the Book of the Church) and in the Jewish Hellenistic writings Sira. Ben Sira (BS) has 51 chapters and as far as contents and form are concerned, it falls into the category of Ancient Near Eastern wisdom literature. Skehan and Di Lella (1987:4) see it as a handbook for moral conduct that a Jew living in the second century BCE had to study. The grandfather of Ben Sira compiled a wisdom tractate in Hebrew in Palestine, apparently before the revolution associated with Antiochus Epiphanes (Cook 2020). Among other things, this Seleucid tried to change Jerusalem into a Greek polis (city) (Tcherikover 1959). Jewish customs were rejected and replaced with Hellenistic cultural practices. Ben Sira does not refer to these developments, an indication that this wisdom writing was done before the Antiochean revolt. A Greek gymnasium started to operate in the Jewish community, which led to great unhappiness in conservative Jewish circles (liberal Jews visited the gymnasium naked!).
This version of BS is fragmentary and at times disjointed, which created enormous difficulties for the translators. Fortunately, various Hebrew fragments were discovered later. Passages of chapters 39-44 were discovered at Masada that date from the first century BCE. Ms 2Q18 contains some lines and 11QPsa preserves parts of chapter 51. Six fragments from the Cairo Geniza are also available. It is significant that the Hebrew texts, which contain about two thirds of the book, are not included in the Hebrew canon. These texts are nevertheless important for understanding the Greek texts. This involves text-critical research, an enormous task.
The Greek text was created by the grandson of Sirach, who translated his grandfather's document from the Hebrew in Alexandria between 132 and 117 BCE, during the reign of Ptolemy VII Euergetes II. He wrote in the prologue that he had arrived in Egypt in the 38th year of the reign of King Euergetes and that he spent many sleepless nights on the translation. The circumstances differed greatly from those in Palestine. It was now a Hellenistic world, but the significance of this should not be overestimated. Martin Hengel reminds us that all forms of Judaism from the second century BCE should be deemed as Hellenistic Judaism. Skehan and Di Lella (1984) are of the opinion that the Ptolemies adopted the Persian administrative system according to which the High Priest was not just the spiritual leader of the nation, but also a sort of secular prince who had to collect tax for the Ptolemean empire. The BS consists of numerous later additions/proverbs, typified as GKII (GreekII). GKI refers to the oldest Greek text and is found in the uncial manuscrips A, B, C and S, as well as in their cursive manuscripts. The text publication by Ziegler (Septuaginta Graecum Auctoritate Academiae Litteratum Goetingensis editum XII Sapientia Jesu Filii Sirach, 1965) is used as basis for the translation and interpretation.
The Deuterocanonical (DC) literature - also known as the Apocrypha - is seen as part of the Septuagint, which is the second problem that confronts the modern translator. The Septuagint is built up of the Old Greek (OG) text, which is the technical term for those texts that were translated from the original Hebrew and Aramaic texts, as well as the so-called de novo compositions, like the Wisdom of Ben Sira, or the Wisdom of Solomon. Concerning Ben Sira there is much uncertainty, since it was translated from a Semitic Vorlage.

Keywords: Septuagint LXX, wisdom, Ben Sirah, grandson, grandfather, Egypt, Palestine, fragments, GI, GII, uncial cursive


 

 

1. AGTERGROND

Volgens Wright (2007:715) het hierdie boek drie titels. In die Hebreeus staan dit bekend as die Wysheid van Joshua ben Sira. In die Vulgaat word dit Ekklesiastikus (die kerk se boek) en in die Joods-Hellenistiese geskrifte Sirag genoem. Ben Sirag (BS) beslaan 51 hoofstukke en wat inhoud en vorm betref, ressorteer dit onder die Ou Nabye Oosterse wysheidsliteratuur. Skehan en Di Lella (1987:4) sien dit as 'n soort handboek vir morele optrede wat 'n Jood in die tweede eeu VHJ moes nastreef. Dit stem ooreen met Michael Fox se standpunt oor die boek Spreuke, wat in dieselfde genre is. Fox (2000:45) vind getuienis van 10 lesings - vader-tot-seun-diskoerse - in Proverbia 1-9. Ben Sirag se oupa, Sirag, het in Palestina (Jerusalem) 'n wysheidsgeskrif in Hebreeus die lig laat sien, skynbaar voor die revolusie wat met Antiogus Epifanes (Epibanes - die malle?) in Palestina geassosieer is, dus voor 170 VHJ (Cook 2020). Dié Seleukied het onder andere probeer om Jerusalem in 'n Griekse polis (stad) te verander (Tcherikover 1959:180). In die proses is die handves van voorregte van Antiogus III, wat gespesifiseer het dat alle Jode volgens hulle voorouer-gebruike mog leef, drasties verander. Hierdie voorregte het verlore gegaan toe die korporasie van "Antiogeners in Jerusalem" in 168 gestig is (Bickerman 1979:49). Joodse gebruike is verwerp en Hellenistiese kulturele waardes in die plek daarvan ingevoer (Goldstein 1976:199; Bickerman 1979:49). Die wet van Moses is dus nie meer as die koninklike kode aanvaar nie (Bickerman 1979:49). Antiogus het daarenteen 'n Hellenistiese konstitusie op die Joodse gemeenskap afgedwing (Bickerman 1979:49). Dit behels 'n Griekse wyse van bestaan, insluitende die opvoedkundige instellings soos die Hellenistiese gimnasium. Die Griekse gimnasium het dus 'n groter rol begin speel in die Joodse gemeenskap, tot groot ontsteltenis van die konserwatiewe/ortodokse Jode (liberale Jode het onder andere die gimnasium sonder 'n draad klere aan besoek!). BS verwys geensins na hierdie gebeure nie, wat 'n aanduiding sou kon wees dat dié wysheidsgeskrif voor die revolusie in die tyd van Antiochus op skrif (papirus) gestel is. Volgens Tcherikover (1959:180) was die Antiogese vervolgings die resultaat van "the Jews' obstinate refusal to exchange their traditional way of life for Greek ways".

Hierdie tekste is uiteraard baie belangrik vir die verstaan van die Griekse teks. Volgens Wright (2007:715) bevat die Hebreeuse manuskripte/fragmente in essensie die Hebreeus van BS, ofskoon rekening gehou moet word met vele foute, byvoegings en korrupsies. Hier is dus sprake van tekskritiese navorsing in die ware ("proper") sin van die woord. Hierdie probleem het enorme implikasies (sien Beentjes 1997).

Die Griekse teks is deur die kleinseun van Sirag geskep toe hy tussen 132 en 117 VHJ, gedurende die heerskappy van Ptolemeus VII Euergetes II, in Alexandrië sy oupa se geskrif uit die Hebreeus vertaal het (Skehan & Di Lella 1987:5). Hyself skryf in die proloog dat hy in die 38ste jaar van die heerskappy van koning Euergetes in Egipte aangekom het en dat hy baie slaaplose ure aan die vertaling spandeer het. Die omstandighede het grootliks van dié in Palestina verskil. Dit was 'n Hellenistiese wêreld; Hengel (1983:127) het daarop gewys dat alle vorme van Judaïsme vanaf die tweede eeu VHJ as Hellenistiese Judaïsme beskou moet word. Skehan en Di Lella (1987:13) oordeel daarnaas dat die Ptolemeërs die Persiese adminis-tratiewe sisteem oorgeneem het, waarvolgens die Joodse hoëpriester nie net die geestelike leier van die volk was nie, maar ook 'n soort sekulêre prins wat belasting moes insamel vir die Ptolemeïese ryk.

Die vertaling bestaan uit verskeie latere byvoegings/spreuke, getipeer as GKII-GrieksII. GKI verwys na die oudste Griekse teks, ook bekend as die Oudgriekse teks en word hoofsaaklik gevind in die unsiale manuskripte A, B, C en S, asook hul kursiewe manuskripte (Wright 2007:715). Die tekspublikasie van Ziegler (1965) word gebruik as basis vir die vertaling en interpretasie van die Griekse teks.

Die deuterokanonieke literatuur - ook bekend as die apokriewe geskrifte - word as deel van die Septuagint beskou, wat tegelykertyd die tweede probleem is waarmee die moderne vertaler gekonfronteer word. Die Septuagint bestaan uit die Oudgriekse teks (OG), daardie tekste wat uit die oorspronklike Hebreeus en Aramees vertaal is, sowel as die sogenaamde de novo-komposisies, soos die Wysheid van Jesus ben Sira, of, nog beter, die Wysheid van Salomo. Oor Ben Sira heers daar onsekerheid, aangesien dit uit 'n Semitiese grondteks vertaal is.

 

2. PROBLEEMSTELLING

Die Begeleidingskomitee van die Bybel 2020-vertaling het beslis dat die Wysheid van Jesus ben Sirag vir die projek vertaal moes word. Hierdie Griekse teks het 'n besonder komplekse ontstaans- en oorleweringsgeskiedenis. Eerstens is dit 'n vertaling en wel van die wysheid van Jesus Sirag uit die Hebreeus. Tweedens verskil dit baie van die Hebreeuse grondteks. So het die Hebreeuse teks geen weergawe van die Proloog nie. Verder verskil die Grieks van die Proloog beduidend van die res van die boek. Dit kan natuurlik 'n aanduiding wees dat 'n ander persoon hier aan die werk is. Die Proloog is geskryf in goeie literêre styl. Die res van die geskrif is volgens Wright (2007:716) op 'n algemene isomorfiese wyse weergegee, wat dit geskik maak vir die sogenaamde interlineêre paradigma van vertaling. Daar bestaan enkele benaderings wat gevolg kan word by die vertaling van tekste. Die bruikbaarste is die interlineêre paradigma wat in die Kanadese projek, genaamd The New English Translation of the Septuagint (NETS), onder leiding van Albert Pietersma en Benjamin Wright (2007) gevolg is. Duidelik kom die grondteks se impak na vore. Die vertalers het doelbewus gepoog om die woordorde van die Hebreeuse grondteks na te volg. Hulle het grotendeels pariteit behou met die grondteks. In die Franse projek, La Bible d'Alexandrie, onder leiding van Marguerite Harl (1986) van die Sorbonne-Universiteit in Parys, daarenteen, word klem gelê op die onafhanklikheid van die Septuagint. Hier word die Septuagint an sich, op sigself, bestudeer. Wel word die resepsie van die LXX ook in ag geneem. Die laaste uit drie moontlike projekte is Septuaginta Deutsch, waarvoor een van die projekleiers, Wolfgang Kraus (2006:69) van die Universiteit van Saarland, die volgende te sê het:

In my view both projects hold on to a substantially relevant aspect of the character of the Septuagint. Not exclusiveness in the methodological approach, [but] complementarity is the relation in which they have to be looked upon.

Volgens hom het die oorspronklike vertaler bowendien probeer bemiddel tussen die tradisie en die kontemporêre situasie - die teks soos dit tans daar uitsien (Kraus 2006:70). Dus is daar klem op die OG (NETS), byvoeging van die resepsie van die LXX (La Bible d'Alexandrie) en komplementariteit van die LXXDeutsch.

 

3. VERTAALPROBLEME

Probleme word onder andere op twee vlakke ervaar wat vertalings betref: op die tekstuele en op die interpretatiewe vlak. Sonder om te skerp tussen die tekskritiek en die interpretatiewe te onderskei (Cook 2009), moet die navorser die vertalingstegniek wat die vertaler gevolg het, bepaal. As die vertaler neig om oor die algemeen te interpreteer en sy grondteks vryer weer te gee, sou dit gewoon logies wees om, wanneer die vertaler wel vry vertaal, te aanvaar dat dit inderdaad die vertaler is wat 'n bepaalde gedeelte weergee en dat dit nie 'n ander grondteks is nie. Dit is 'n ingewikkelde saak en moet met omsigtigheid benader word. 'n Tweede probleem wat met hierdie een verband hou, is die onvermydelikheid van emendasies. Die Griekse teks is soms onverstaanbaar en dan is rekonstruksies/retroversies/emendasies 'n berekende uitweg. Nog 'n vertaalprobleem is dat tipiese Semitismes letterlik in Grieks vertaal word.

Hans Ausloos en Bénédicte Lemmelijn (2010) sowel as Valerie Kabergs (2012) het nuwe weë geopen deur gepaste inhoudelike en konteksverwante kriteria te ontwikkel waarmee die vertaaltegniek van 'n geskrif bepaal kan word. 'n PhD-student van Hans Ausloos, Bryan Beeckman (2019), het hierdie kriteria konstruktief aangewend in studies van die Septuagint-weergawe van Proverbia.

Davila (2005) is nie positief oor die tradisionele benadering tot die vasstelling van die vertalingstegniek nie, wat hy die "inadequacy of a bipolar scale of 'literal' vs. 'free' translation technique" noem. Die probleem daarvan om Semitiese dokumente van Griekse tekste te onderskei, vind hy onoortuigend. Sy artikel bevorder wel 'n metodologie vir die vasstelling van Semitiese steuring van 'n Semitiese Vorlage.

Volgens Davila (2005:12) kan die studie van die linguistiese agtergrond van Griekse Apokriewe en Pseudepigrafa op een van twee maniere gedoen word: eerstens deur middel van retroversie, deur terug te werk na 'n moontlike Semitiese oorspronklike; en tweedens deur Semitiese versteuring in die Griekse teks vas te stel. In hierdie verband moet in gedagte gehou word dat Hebreeuse/Aramese Semitiese tale 'n ander linguistiese struktuur het as Indo-Europese tale soos Grieks.

Om vir die bestaan van 'n variasie van Joodse vertalings in die antieke te argumenteer, moet sekere voorveronderstellings volgens Davila gemaak word. Die eerste is die vermoë om te onderskei dat 'n bepaalde teks 'n vertaling is en nie 'n oorspronklike komposisie nie (Schürer 1987:705-7). Davila het hierdie kwessie in detail verken, insluitende die bevraagtekening van die Joodse oorsprong van sekere werke (Davila 2005).

In sommige gevalle bestaan daar Semitiese - Hebreeuse/Aramese - Vorlagen om te bevestig dat hierdie tekste wel vertalings is (onder andere Henog en Jubileë). Tog is die verwantskap tussen die Semitiese weergawe en die vertaling in sommige gevalle nie noodwendig geneties van aard nie (Testament van Levi, Gebed van Manasseh).1 Waar daar geen Vorlage voorhande is nie, kan 'n mens, volgens Davila, geredelik erken dat sommige vertalers in 'n Griekse vertaalstyl gekomponeer het, in nabootsing van geskrewe tekste. Gevolglik kan 'n mens nie veronderstel dat die werk inderdaad 'n vertaling is nie. Weliswaar sal die ideologie van die outeur, vir sommige werke, 'n Hebreeuse weergawe vereis soos in die geval van 1 Makkabeërs. Waar dogterweergawes wel beskikbaar is (byvoorbeeld Pseudo-Filo, Slawiese Henog) moet aanvaar word dat die dogterweergawes van 'n Griekse teks afgelei word wat nie langer 'n vertaling is nie.

'n Tweede veronderstelling is dat alhoewel hierdie vertalings Christelike kopieë is, die vertalings as sodanig Joods is, veral omdat kennis van Hebreeus of Aramees veronderstel word. Selfs al sou 'n beduidende aantal vertalings nie Joods wees nie, sal genoeg weergawes wel Joods wees om 'n saak daarvoor te kan uitmaak.

Die eerste kategorie wat ek bespreek, is dié waarin die tekste verskil. Hoofstuk 1 van BS het byvoorbeeld lakunes waar enkele verse geen ekwivalent in die Hebreeus het nie. Volgens Skehan en Di Lella (1987:136) het verse 5, 7 en 9 net GII-ekwivalente, dus die OG. Hulle bied die volgende vertalings aan:

Vers 5 The wellspring of wisdom is the word of God in the heights, and its runlets are the ageless commandments.

Vers 7 An understanding of wisdom - to whom has been disclosed; her resourcefulness, who has known?

Love the Lord is ennobling wisdom; to those to whom he appears he apportions it, that they may see him.

Uit hierdie transkripsies kan nie veel afgelei word nie.

3:19 bevat geen Hebreeuse teks nie; volgens Skehan & Di Lella (1987:158) is daar wel 'n Oudgriekse teks GII, wat soos volg lui:

Many are the lofty and the noble, But it is to the humble he reveals his plan.

BS 6: 1-4

Die OG het 'n ietwat ander inhoud as die Hebreeus. Die tekste verskil weereens. Die OG teks van hoofstuk 6 het ekwivalente vir verse 1 en 2.

OG2 moenie aangedryf word deur die begeertes van jou hart/die planne van jou binneste1b nie,

sodat jou lewe nie soos 'n bul uitmekaar geskeur word nie.

3 Jou blare sal opgeëet en jou vrugte verwoes word en jy sal verwerp word soos 'n verdroogde boom.

4 'n Bose innerlike/persoonlikheid1 vernietig sy besitter en maak hom tot 'n bespotting van sy vyande.

2 Μή έπάρης σεαυτον έν βουλή ψυχής σου, ϊνα μή διαρπαγη ώς ταύρος ή ψυχή σου|

3τά φύλλα σου καταφάγεσαι και τους καρπούς σου απολέσεις και αφήσεις σεαυτον ώς ξύλον ξηρόν.|

και αφήσεις σεαυτον ώς ξύλον ξηρόν.|

4ψυχή πονηρά άπολεΐ τον κτησάμενον αυτήν

και έπίχαρμα έχθρων ποιήσει αύτόν.|

(Beentjes 1997)

6:1 Moenie val in die mag van jou persoonlikheid nie, sodat dit jou krag nie sal tap nie.

2 jou blare sal hulle verwoes en jou vrugte verteer En jy sal verlate wees soos 'n dorre boom.

3 want 'n sterk persoonlikheid sal sy besitter verwoes En hom die grap van sy vyande maak

Die ooreenkomste en verskille tussen die onderskeie tekste is duidelik sigbaar. Vers 4 in die OG word verteenwoordig deur vers 3 in Beentjes (1997). Verder dien BS as toeligting tot bepaalde konsepte. Die Griekse lekseem βουλή is een voorbeeld. Dit word in LXXProv treffend gebruik om 'n Joods-teologiese idee uit te druk.

Dit is die geval in Spreuke 2 verse 11 en 17. Die teks lees soos volg en beskryf die goeie en bose kontekste/leefruimtes:

Vv. 10-12: Die Goeie Leefruimte

10 έάν γαρ ελθη ή σοφία εις σήν διάνοιαν

ή δέ αί'σθησις τη ση ψυχή καλή είναι δόξη

11 βουλή καλή φυλάξει σε

εννοια δέ όσία τηρήσει σε

12 ίνα ρύσηταί σε άπο όδου κακής

και άπο άνδρος λαλουντος μηδέν πιστόν

Vv. 13-22: Die Bose Leefruimte

Waarskuwing teen die השָּׁאִ הרָזָ.

13 ώ οί έγκαταλείποντες όδούς ευθείας

του πορεύεσθαι έν όδοΐς σκότους

14 οί εύφραινόμνοι έπί κακοΐς

και χαίροντες έπί διαστροφή κακή

15 ών αί τρίβοι σκολιαί

καί καμπύλαι αί τροχιαί αύτων

16 του μακράν σε ποιήσαι άπο όδου ευθείας

καί άλλότριον τής δικαίας γνώμης

17 υίέ μή σε καταλάβη κακή βουλή

ή άπολείπουσα διδασκαλίαν νεότητος

καί διαθήκην θείαν έπιλελησμένη

18 εθετο γαρ παρα τω θανάτω τον οίκον αύτής

καί παρα τω αδη μετα των γηγενών τούς άξονας αύτής

19 πάντες οί πορευόμενοι έν αύτη ούκ άναστρέψουσιν

ούδέ μή καταλάβωσιν τρίβους εύθείας

ού γαρ καταλαμβάνονται ύπο ένιαυτων ζωής

Die vetgedrukte frases verteenwoordig die vermelde teologiese perspektief.

Ek het aangedui dat goeie en bose "inklinasies" Griekse ekwivalente van die Hebreeuse lekseme (רצֶיֵ ערָָ֔ en רצֶיֵ בוֹטהַ) is wat in Joodse geskrifte voorkom (Cook & Van der Kooij 2012:98). Voorts is die bose raad waarna verwys word, inderdaad 'n metafoor vir slegte raad, die Griekse Hellenisme (Hengel 1983:281). Dit is duidelik dat hier 'n konserwatiewe vertaler aan die woord is.

 

4. VERTAALPROBLEME OP DIE INTERPRETATIEWE VLAK

Die kleinseun van BS het opgetree in 'n totaal ander historiese konteks as dié van sy oupa. Dit is duidelik uit wat Ben Sira kwytraak in die proloog, verse 6-7:

Want wat oorspronklik in Hebreeus gesê is, is nie ewe effektief wanneer dit in 'n ander taal vertaal word nie. Dit geld nie alleen hierdie boek nie: die Wet self, die Profete, en die res van die boeke verskil nie 'n bietjie wanneer hulle in die oorspronklike gelees word nie (Wright 1989:1).

Hy vertaal in 'n tydvak van fundamentele verandering, oënskynlik voor die vernietigende hervorminge van Antiogus Epifanes (Cook 2020). 'n Aanduiding hiervan is dat angstige preokkupasie met sommige kulturele kwessies op die agtergrond blyk te wees. Daar is onder andere 'n meer gelate houding jeens die Wet van Moses.

 

5. DIE INVLOED VAN GRIEKS-FILOSOFIESE PERSPEKTIEWE OP BEN SIRA

Daar is 'n verskil van opinie oor die vraag in watter mate die Griekse filosofie die Septuagint beïnvloed het. Vir hierdie tekste moet onderskei word tussen die OG tekste en die sogenaamde de «ovo-tekste. Eersgenoemde vertoon na my mening min sodanige invloed; dit geld veral die boeke van Spreuke en Jeremia (sien my bydrae tot die Stipp-Festschrift, Cook 2019). Verskeie geleerdes vind Stoïsynse invloede in Proverbia LXX. Een voorbeeld is Gerlemann (1956:53), wat van oordeel is dat die toevoegings in Spreuke 2:17 (βουλή καλή) aan Stoïsynse invloede toegeskryf moet word. Ek oordeel dat die toevoeging, tesame met die antitetiese byvoeging κακή βουλή van vers 11, gelees moet word as, en eerder deel is van, die Joodse siening van die goeie en slegte inklinasies (צֶיֵ ערָ֔הָ en רצֶיֵ בוֹטהַ) wat in elke mens is. In dié verband stem Deist (1988:165) met Hengel (1983:277) saam dat hoofstuk 8 van LXX Spreuke platoniese denke weerspieël. Die tweede kategorie, waaronder BS tel, maak wel gebruik van die Griekse filosofie. Hier is daar weer 'n verskil van opinie. Smend (1906:XXIII) en Hengel (1983) oordeel dat BS 'n oorlogsverklaring teen die Hellenisme is. Collins (1997:41) en Rogers (2000:135) stem nie met hierdie interpretasie saam nie. Wat BS betref, argumenteer Skehan en Di Lella (1987:48): "Ben Sira used Hellenic material only when it suited his Jewish purpose." Ek huldig 'n soortgelyke siening wat die Septuagint-weergawe van Spreuke betref. Hoe dit ook al sy, daar is wel duidelike aanduidings van Grieks-filosofiese perspektiewe in die de «ovo-geskrifte, soos BS. Dit lê wel op 'n ander vlak as die Wysheid van Salomo, wat in ongeveer 30 VHJ in Alexandië geskryf is deur 'n vergriekste Jood.

Ten slotte is dit moontlik, soos deur Collins betoog, dat Stoïsynse denke kon bygedra het tot Ben Sirag se siening van die verhouding tussen die Tora en wysheid. In Collins (1997:47) se eie woorde:

The more direct influence on Sirach probably lay in the growing authority of the Torah in the Judaism of the day. Hence, Greek philosophical influences in Ben Sira were more indirect compared to the fully-fledged philosophising taking place later in Philo. Sirach was, moreover, an eclectic thinker rooted in the Hebrew tradition.

 

6. GEVOLGTREKKING

Die vertalers van sommige Deuterokanonieke Boeke in die grootse vertaalprojek genaamd "die Bybel 2020-vertaling" word gekonfronteer deur uiteenlopende probleme. Naas 'n gebrek aan vergelykingsmateriaal, is vertaalprobleme prominent. Die voorstelle van Hans Ausloos, Bénédicte Lemmelijn en hulle medewerkers, in die konteks van die Leuvense Sentrum vir Septuagintstudies en Tekstekritiek (Leuven & Louvain-la-Neuve), sowel as Davila, van hoe om hierdie probleme die hoof te bied, verskaf gepaste uitkomste.

 

BIBLIOGRAFIE

Ausloos, Hans & Bénédicte Lemmelijn. 2010. Content-related Criteria in Characterising LXX Translation Technique. In Wolfgang Kraus, Martin Karrer & Martin Meiser (reds.). Die Septuaginta - Texte, Theologien, Einflüsse. 2. Internationale Fachtagung von Septuaginta Deutsch (LXX. D), Wuppertal 23.-27.7.2008 (WUNT 252). Tübingen: Mohr Siebeck, pp. 356-76.         [ Links ]

Ausloos, Hans, Bénédicte Lemmelijn & Valerie Kabergs. 2012. The Study of Aetiological Wordplay as a Content-Related Criterion in the Characterisation of LXX Translation Technique. In Siegfried Kreuzer, Martin Meiser & Marcus Sigismund (reds.). Die Septuaginta - Entstehung, Sprache, Geschichte (WUNT 286). Tübingen: Mohr Siebeck, pp. 273-94.         [ Links ]

Beeckman, Bryan. 2019. Proverbia de Animalibus. The Greek rendering of Hebrew animal names in Proverbs. ZAW 131/2 (2019):257-270.         [ Links ]

Beentjes, Pancratius C. 1997. The Book of Ben Sira in Hebrew: A Text Edition of all Extant Hebrew MSS and A Synopsis of all Parallel Hebrew Ben Sira Texts (Vetus Testamentum Supp. 68). Leiden: Brill.         [ Links ]

Bickerman, E. J. 1997. The God of the Maccabees. Studies on the Meaning and Origin of the Maccabean Revolt. Leiden: Brill.         [ Links ]

Collins, J.J. 1997. Jewish Wisdom in the Hellenistic Age. Louisville: OTL.         [ Links ]

Cook, Johann. 2009. The relationship between textual criticism, literary criticism and exegesis - an interactive one? Textus, XXIV: 119-132.         [ Links ]

Cook, Johann & Arie van der Kooij. 2012. LAW, PROPHETS, AND WISDOM. On the Provenance of Translators and their Books (CBET 68). Leuven: Peeters.         [ Links ]

Cook, Johann. 2016. The Relationship between the Wisdom of Jesus Ben Sira and the Septuagint Version of Proverbs. In Pierre J. Jordaan & Nicholas P.L. Allen (reds.). Construction, Coherence and Connotations. Studies on the Septuagint, Apocryphal and Cognate Literatur (DCLS 34). Berlin: Greuyter, pp. 11-26.         [ Links ]

Cook, Johann. 2018. Theological perspectives in LXXProverbs. In Siegfried Kreuzer, Martin Meiser, Marcus Sigismund (reds.). Die Septuaginta 6. Internationale Fachtagung veranstaltet von Septuaginta Deutsch (LXX.D), Wuppertal 24.27. Juli 2016 (WUNT 405); Tübingen: Mohr Siebeck, pp. 601-617.         [ Links ]

Cook, Johann. 2019. Greek philosophical perspectives in the Septuagint of Jeremiah. In Andreas Michel & Nicole K. Rüttgers (reds.). Jeremia, Deuteronomismus und Priesterschrift. Beiträge zur Literatur - und Theologiegeschichte des Alten Testaments. EOS-Editions Sankto Ottilien 2019, pp. 265-78. Festschrift für Hermann-Josef Stipp zum 65. Geburtstag.         [ Links ]

Cook, Johann. 2020. The LXX of Proverbs in the Light of Antiochus Epiphanes' Devastating Reforms. In Nicholas P.L. Allen, Pierre J. Jordaan & József Zsengellér (reds.). Passion, Persecution and Epiphany in Early Jewish Literature. London: Routledge Press, pp. 47-67.         [ Links ]

Davila, James R. 2005. (How) can we tell if a Greek Apokryphon or a Pseudo-apokryphon has been translated from Hebrew or Aramaic? JSP 15(1):3-61.         [ Links ]

Deist, F.E. 1988. Witnesses to the Old Testament. Pretoria: N.G. Kerk boekhandel.         [ Links ]

De Jonge, Marinus 1975. The Testaments of the Twelve Patriarchs: A Study of their Text, Composition and Origin (2de uitgawe). Amsterdam: Van Gorcum, pp. 38-52.         [ Links ]

Fox, Michael V. 2000. Proverbs 1-9 - A New Translation With Introduction and Commentary (AB 18A). New York: Doubleday.         [ Links ]

Gerlemann, Gilles. 1950. The Septuagint of Proverbs as a Hellenistic Document. OTS, 8:15-27.         [ Links ]

Goldstein, Jonathan A. 1976. I Maccabees. A New Translation with Introduction and Commentary (AB 41). New York, London, Toronto, Sydney, Auckland: Doubleday.         [ Links ]

Harl, Marguerite. 1986. La Bible d'Alexandrie: la Genèse. Paris. Editions du Cerf.         [ Links ]

Hengel, Martin. 1983. Judaismus und Hellenismus. Studien Zu Ihrer Begegnung Unter Besonderer BerucksichtigungPalastinas Bis ZurMitte Des 2. Jahrhunderts Vor Christus... (... Untersuchungen Zum Neuen Testament). Tübingen: Mohr-Siebeck.         [ Links ]

Kraus, Wolfgang & Karrer, Martin. 1999-2009. Septuaginta Deutsch. Stuttgart: Deutsche Bibelgesellschaft.         [ Links ]

Kraus, Wolfgang 2006. Contemporary Translations of the Septuagint: Problems and Perspectives. In Wolfgang Kraus & R. Glenn Wooden (eds). Septuagint Research. Issues and Challenges in the Study of the Greek Jewish Scriptures (SCS 53). SBL. Atlanta, pp. 63-83.         [ Links ]

Kugler, Robert A. 1996. From Patriarch to Priest: The Levi-Priestly Tradition from Aramaic Levi to Testament of Levi (SBLEJL 9); Atlanta, GA: Scholars Press.         [ Links ]

Pietersma, Albert & Wright, Benjamin, G. 2007. A New English Translation of the Septuagint and the Other Greek Translations Traditionally included under that Title. Oxford: Oxford University Press.         [ Links ]

Rogers, J.F. 2000. Is Wisdom a Mediatrix in Sirach? A Study of the Wisdom Poems. Unpublished Doctoral Dissertation, University of Stellenbosch.         [ Links ]

Schniedewind, William M. 1996. A Qumran Fragment of the Ancient 'Prayer of Manasseh'. ZAW, 108:105-7.         [ Links ]

Schürer, Emil. 1987. The History of the Jewish People in the Age of Jesus Christ. Volume 3, Part 2, revised by Géza Vermes, Martin Goodman, Fergus Millar, Edinburgh: T & T Clark.         [ Links ]

Skehan, Patrick W. & Alexander A. Di Lella. 1987. The Wisdom of Ben Sira. A new translation with notes. New York: Doubleday.         [ Links ]

Smend, Rudolph. 1906. Die Weisheit des Jesus Sirach. Berlin: Reimer.         [ Links ]

Tcherikover, Victor A. 1959. Hellenistic Civilization and the Jews. Philadelphia: Jewish Publication Society.         [ Links ]

Wright, Benjamin, G. 1989. No Small Difference: Sirach's Relationship to Its Parent Text (SBLSCS 26). Atlanta: Scholars Press.         [ Links ]

Ziegler, Joseph. 1965. Septuaginta Graecum Auctoritate Academiae Litteratum Goetingensis editum XII Sapientia Jesu Filii Sirach. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2020-01-17
Goedgekeur: 2020-07-15
Gepubliseer: Desember 2020

 

 

 

Johann Cook was vir meer as 30 jaar verbonde aan die Departement Antieke Studie (eers Semitiese Tale en later Ou Nabye Oosterse Studie) aan die Universiteit Stellenbosch. As emeritus is hy steeds aktief betrokke by die departement se navorsingsprogram. Hy spesiali-seer in die Tekstekritiek en meer spesifiek in die vroeë vertalings van die Ou Testament/Hebreeuse Bybel, veral die Septuagint. Uit sy pen verskyn daar 95 navorsingsartikels, 71 kongresbydraes en verwante artikels soos huldigingsbydraes. Hy resenseer meer as 30 boeke vir 'n verskeidenheid van tydskrifte. Hy publiseer ook 11 boeke (mono-grafieë en versamelbundels). Hy was/is betrokke by internasionale bilaterale navorsingsprojekte met die KU Leuven (prof. Hans Ausloos e.a.), Ludwig Maximilian Universiteit van München (prof. H-J Stipp) en die Universiteit van Rostock (prof. Martin Rösel). Hy het sedert 2002 vir drie vyfjaartermyne 'n B-kategorie-evaluering van die NNS verwerf. Hy dien vir twee termyne as voorsitter van die evalueringskomitee en van SAVNOS en is die president van LXXSA. In 2013 word hy vir een termyn verkies tot president van die International Organization for the Study of the Old Testament. Vir die tydperk 2015-2017 ontvang hy 'n NNS-toekenning ter waarde van R685 000 vir 'n projek getitel INTERPRETING THE SEPTUAGINT. Die geld word deels aangewend ter bestryding van onkoste verbonde aan die IOSOT2016, wat van 4 tot 9 September 2016 by die Universiteit Stellenbosch aangebied is.
Johann Cook was a staff member of the Department of Ancient Studies (initially Semitic Languages and later Ancient Near Eastern Studies) at the University of Stellenbosch for more than 30 years. As professor emeritus he is still actively involved in the research programme of this Department. He specialises in textual criticism and more specifically in the early translations of the Old Testament/Hebrew Bible, especially the Septuagint. He has produced 95 research articles and 71 conference papers. He has published 11 books (monographs and collections) and reviewed over 30 books for a variety of periodicals. He was involved in international bilateral research projects with the KU Leuven (Prof. Hans Ausloos and others), the Ludwig Maximilian University of Munich (Prof. H-J Stipp) and the University of Rostock (Prof. Martin Rösel). In 2002 he received a B category evaluation from the South African National Research Foundation (SANRF). He served as chair of the evaluation committee of the SANRF for two terms. He was the chair of SASSEM for two terms and is the current president of LXXSA. In 2013 he was elected president of the International Organization for the Study of the Old Testament. He received an SANRF research grant of R685 000 for the period 2015-2017 for a project entitled INTERPRETING THE SEPTUAGINT. The funds were partly used for IOSOT2016, which was presented at the University of Stellenbosch from 4 to 9 September 2016.
1 Vir die verhouding van die Griekse Testament van Levi tot die Aramese Levi sien Marinus de Jonge (1975:38-52) en Robert A. Kugler (1996).
2 Boule kan ook met "geneigdheid" of "neiging", "besluit"en "motief' vertaal word. Hierdie term word ook gebruik om die dualisme van goed en kwaad te beskryf.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License