SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número4-2(The) Utopia(n) and becoming (other) in Neill Blomkamp's science-fiction trilogy: District 9 (2009), Elysium (2013) and Chappie (2015)Citizenship Education for living successfully in 2050 and beyond índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.60 no.4-2 Pretoria dic. 2020

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n4-2a5 

RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

 

Die kwesbaarheid van kinders in die konteks van Suid-Afrikaanse huishoudings en families

 

The vulnerability of children in the context of South African households and families

 

 

Jan GrobbelaarI; Chris JonesII

IDepartement Praktiese en Missionale Teologie, Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika. E-pos: jgrobbelaar@petracol.org.za
IIEenheid vir Morele Leierskap, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika. E-pos: chrisjones@sun.ac.za

 

 


OPSOMMING

In hierdie artikel bespreek ons die kwesbaarheid van baie kinders wat in Suid-Afrika woon, met die doel om noodsaaklike insae in die daaglikse lewensomstandighede van soveel kwesbare kinders van Suid-Afrika te bevorder. Die artikel begin deur kortliks te verwys na die sosiale en politieke kontekste wat die lewens van kinders bedreig. Dit fokus dan meer spesifiek op huishoudings en familiestrukture en hoe ons oor hierdie ingewikkelde, vervlegde en moeilik onderskeibare konsepte behoort te dink. Hierna volg 'n kort bespreking van teenwoordige en afwesige ouers, wat uitwys dat Suid-Afrika uniek is in die mate waarin ouers, veral vaders, afwesig is in die daaglikse doen en late van hul kinders. Ook kom grootouers wat in die afwesigheid van ouers na hul kleinkinders omsien, aan die beurt, en die belangrike rol wat die uitgebreide familie in die grootmaak van kinders speel, word uitgewys. Dan word stilgestaan by migrasie, veral deur adolessente, met die oog daarop om toegang tot nuwe geleenthede te kry. Uiteraard gaan daar bedreiginge hiermee saam. Hierna val die soeklig op weeskinders, asook op huishoudings wat net uit kinders bestaan en waar 'n minderjarige gevolglik as die hoof van so 'n huishouding moet funksioneer. Laastens kom die baie belangrike kwessie van behuising en basiese dienste aan die beurt, en word die groot ongelykheid in ons land soos weerspieël in die toegang of gebrek aan basiese dienste, aangetoon.

Trefwoorde: kwesbaarheid, kinders, huishouding, gesin, familie, teenwoordige en afwesige ouers, grootouers, migrasie, weeskinders, huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, behuising, basiese dienste


ABSTRACT

In this article, we discuss the vulnerability of many children living in South Africa, with the aim of promoting critical insight into the daily living conditions of so many vulnerable children in South Africa. The article begins by briefly referring to the social and political contexts that threaten the lives of children. It then focuses more specifically on households and family structures and how we should think about these complex, intertwined and at times difficult to differentiate concepts. What is clear is that South Africa's children grow up in households with diverse family structures resulting in diverse living arrangements. Following is a brief discussion of present and absent parents, which shows that South Africa is unique in the extent to which parents, especially fathers, are absent in the daily activities of their children. This is partly the effect of the fact that in Africa the child bearer is not always also the child carer. It furthermore seems that the unique history and circumstances of the South African society, hugely influenced by the system of migrant labour, played a significant role in the fragmentation of families resulting in these different living arrangements. This situation, so it seems, did not change much in the post-apartheid era. Although the political system changed, its effects over many decades will probably be with us, influencing the living arrangements for children, for many years to come. The important role that the family plays in raising children is also highlighted. In the partial or total absence of parents, relatives play a significant role in the care of children of the extendedfamily. In this regard many grandparents take on several responsibilities to complement the parental care their children provide for their grandchildren. In some cases, grandparents do not only complement the parental care, but more and more they are actually taking over the role and duties of the parents and become the primary caregivers of their grandchildren. The living arrangements of many households are also affected by the familiar trend of adolescents migrating within South Africa to gain access to new opportunities. Quite a number of them migrate independently. Although these movements can have positive results, adolescents can in the process also be exposed to certain vulnerabilities that may affect their lives negatively. In addition to this, many parents who migrate leave their children "behind" when they relocate. The spotlight also falls on orphaned children. The situation of all orphans is not the same and the quality of care they receive varies tremendously. The term "orphan" is also used to refer to children in different contexts. Although the number of orphans in South Africa is decreasing, orphanhood, in whichever form, still affects the wellbeing of a substantial number of children, which poses major challenges to the South African society. In the South African context, we also have to deal with households that consist of children only. In these households a minor is the head of the household fulfilling the role of a primary caregiver for all the other members of the household, being responsible for decision-making and the provision of all their basic physical, social and emotional needs. This concept indicates a new form of family structure, which differs considerably from the nuclear, two-generational family of the Western world, as well as the extended, multigenerational family of the African context. While not all the children in child-only-households are double orphans, the situation of all these children are still a cause for concern. They are prone to many challenges, even risks. Furthermore, the child-heads of these households also experience the ambivalence of fulfilling the roles of adults while they are still viewed and treated by the adult world as children. Part of this problem is that some young people experience hostile surveillance from adults. This surveillance is particularly gendered, with girls positioned as "whores" and boys as "thugs". Finally, the very important issue of housing and basic services comes to the fore, and the great inequality in our country, as reflected in the access or lack of basic services, is highlighted. A factor that plays a crucial role in the living arrangements of every household, and thus in the lives of children, is their access to adequate housing and basic services. It is one of the most basic needs of all people: To have an adequate place to live. The housing situation of children in South Africa showcases the racial inequalities that persist in our society. Housing can only be adequate if it is not overcrowded. Adequate housing also includes the effective delivery of basic services such as clean drinking water on-site and basic sanitation in all homes. The data provided illustrates that we still have a long way to go in providing adequate housing for children in South Africa. Indeed, many South African children experience inhospitable households which make them vulnerable in many ways. These circumstances may create in them feelings of abandonment and of not being welcome in this world.

Keywords: vulnerability, children, household, family, present and absent parents, grandparents, migration, orphans, child-only-households, housing, basic services


 

 

1. INLEIDING: DIE BEGRIP KWESBAARHEID

Die lewens van talle kinders in Suid-Afrika word op baie maniere bedreig. Hierdie situasie(s) word met verskillende begrippe verwoord. Een van die begrippe wat dikwels gebruik word, is "kwesbaarheid". Dit is 'n begrip wat nie net met betrekking tot kinders gebruik word nie, maar ook in verband met ander groepe mense (vgl. Brown 2015; Koopman 2013). Brown, Ecclestone en Emmel (2017:2) spreek selfs die mening uit dat kwesbaarheid in ons tyd 'n "buzzword" geword het. Dermate dat ons tyd beskryf kan word as "a vulnerability Zeitgeist or 'spirit of the time'" (Brown et al. 2017; vgl. Brown 2014).

Kwesbaarheid is 'n begrip wat in verskeie akademiese dissiplines gebruik word. Hierdie wye gebruik veroorsaak dat dit nie so maklik is om te bepaal presies wat dit beteken nie. Dit is 'n komplekse begrip met vele kante. Die gevolg is dat kwesbaarheid nie 'n konstante betekenis het nie (Herring 2018:12) en dat verskeie definisies met betrekking tot hierdie konsep bestaan (vgl. Brown 2015:48).

Breedweg gestel, bestaan daar twee teoretiese benaderings tot kwesbaarheid (vgl. Formosa 2014; Levine et al. 2004:46; Wallbank & Herring 2014:14). Die eerste benadering bring kwesbaarheid in verband met die Latynse woord "vulnerare", wat volgens Reynolds (2008:135; vgl. Mackenzie, Rogers & Dodds 2014:4) beteken "to injure or harm. Human beings are open to be wounded. We suffer." Die implikasie is dat kwesbaarheid 'n ontologiese begrip is wat inherent aan die menslike bestaan is en dus universeel voorkom (Butler 2004:31; Fineman 2011:161; Kall 2016; Nifosi-Sutton 2017:4). Hierdie benadering staan dan ook bekend as universele kwesbaarheid of die "vulnerability thesis" (Brown et al. 2017:12).

Die tweede benadering koppel kwesbaarheid aan 'n spesifieke situasie of faktore in mense se lewensomstandighede wat die welsyn van hulle lewens bedreig. Die begrip "situasiekwes-baarheid" word dikwels in dié verband gebruik. Die implikasie is dat daar 'n situasie of faktore buite jouself bestaan wat jou lewe bedreig en waarteen jy beskerming benodig.

Kinders is blootgestel aan beide bogenoemde vorme van kwesbaarheid. In hierdie artikel is die fokus meer op die tweede benadering, alhoewel dit soms vervleg is met die eerste. Die vraag is dan presies waaruit hierdie situasie van kwesbaarheid vir kinders in Suid-Afrika bestaan.

 

2. KINDERS EN KWESBAARHEID IN SUID-AFRIKA

Die sistematiese teoloog, Dirkie Smit (2016:3-4), identifiseer drie sosiale en politieke kontekste of situasies in Suid-Afrika waar kinders kwesbaarheid ervaar. In hierdie kontekste ervaar hulle dikwels dat hulle nie welkom is en verwelkom word nie. Die eerste hiervan is ongasvrye huishoudings wat die gevoel van verwaarlosing kan skep. Die tweede is riskante en selfs gevaarlike gemeenskappe, en die derde het te make met gewelddadige samelewings. Al drie hierdie kontekste kan die lewe van kinders bedreig. Wanneer kinders grootword in sulke omgewings waarbinne hulle kwesbaar is, ervaar hulle nie net swaarkry en lyding nie, maar word hulle ook beroof van een van die mees fundamentele vereistes om tot 'n volwasse, florerende mens te ontwikkel: die vermoë om te vertrou (2016:1-41).

Alhoewel al drie hierdie kontekste nie hier bespreek kan word nie, gaan ons in die ontleding wat volg, aansluit by die eerste konteks waarna Smit verwys, naamlik dié van huishoudings en familiestrukture in Suid-Afrika. Dit is soms hier waar kinders die ergste seerkry. Daarom wil hierdie artikel die komplekse aard van die huishoudings en/of familiestrukture waarbinne kinders in Suid-Afrika grootword, beskryf, om sodoende meer insig in hulle lewensrealiteite van elke dag te bevorder.

Die ontleding wat volg, is gebaseer op beskikbare statistiese data. Ongelukkig gebruik verskillende verslae verskillende ouderdomskategorieë. Verslae dek ook dikwels verskillende tydsraamwerke. Children Count en die South African Child Gauge 2019, projekte van die Kinderinstituut aan die Universiteit van Kaapstad, definieer kinders as mense tussen die ouderdom 0-17 jaar (Hall 2019a:n.p.). Statistiek Suid Afrika (vgl. Stats SA 2019:10) se data word ingedeel in verskillende ouderdomskategorieë, naamlik 0-4, 5-9, 10-14 en 15-19. Soms is data net vir tieners of adolessente beskikbaar en nie virjonger kinders nie. Dit is dus moeilik om verskillende statistiese bronne met mekaar te vergelyk. Daarom is besluit om in hierdie artikel hoofsaaklik gebruik te maak van data gepubliseer deur die Kinderinstituut aan die Universiteit van Kaapstad. Waar nodig, word dit aangevul met data verkry uit bronne gepubliseer deur Statistiek Suid Afrika.

 

3. KONSEPTE

Beide die konsepte "huishouding" en "familiestruktuur" is ingewikkeld, verweef met mekaar en soms moeilik om van mekaar te onderskei. Hall (2017:27) is van mening dat as mens hierdie twee terme van mekaar sou probeer onderskei, "huishouding" breedweg as verwysing na reëlings met betrekking tot saamwoon beskou kan word, terwyl "familie" na sosiale groepe wat te make het met verwantskap, huwelik, aanneming of ander vorme van naaste verwantskap wat oor tyd en afstand kan bestaan, verwys. Albei begrippe is dinamies van aard en daar sal altyd 'n mate van konseptuele oorvleueling wees want beide kan grade van verwantskap, vorme van emosionele gehegtheid en verhoudings van afhanklikheid en wederkerigheid bevat (Hall 2017:27).

Daarom is dit moeilik om hierdie begrippe in die bespreking wat volg, te onderskei. Wat duidelik is, is dat die kinders van Suid-Afrika grootword in huishoudings met uiteenlopende familiestrukture wat lei tot verskillende maniere waarop hulle lewens en verhoudings tot mekaar, wat ook hulle verblyfsomstandighede insluit, gereël en georganiseer word.

 

4. VERSKILLENDE SOORTE FAMILIES1 EN HUL UITEENLOPENDE OMSTANDIGHEDE

4.1 Teenwoordige en afwesige ouers

Huishoudings in Suid-Afrika is meer komplekse formasies as die tipiese huishouding wat in ontwikkelde lande voorkom (Posel 2010:131). In Suid-Afrika is die norm nie die kerngesin nie. Slegs 34,5% van alle huishoudings voldoen aan die "kernnorm" van kinders en twee ouers wat saamwoon. Baie ander kinders woon nie meer by hul ouers nie, en ongeveer 'n vyfde van huishoudings bestaan uit drie generasies of meer (vgl. Budlender & Lund 2011:926-928; vgl. Russell 2003). Dit is deels die gevolg daarvan dat die persoon wat die kind dra (baar), in Afrika nie noodwendig ook die kinderversorger is nie (vgl. Page 1989:402). In ooreenstemming met die Afrika-wêreldbeskouing van Ubuntu en die uitdrukking "it takes a village to raise a child", het ander familielede veel meer gedeelde verantwoordelikhede of sogenaamde "kinwork" rakende kindersorg om te doen as in die meer Westerse omgewing wat grootliks deur die kerngesin gekenmerk word. Hierdie situasie lei tot baie verskillende verblyfsomstandighede.

Die World Family Map, wat navorsing doen oor familielewe in 49 lande wat meer as 75% van die wereldbevolking verteenwoordig (Institute for Family Studies 2017:25 & 2019:59), meen Suid-Afrika is 'n ekstreme geval as dit kom by hoe huishoudings en die familielewe ingerig word (2019:60). Dit kan toegeskryf word aan die feit dat Suid-Afrika uniek is wat betref die mate waarin ouers afwesig is in die daaglikse doen en late van (hul) kinders (Hall 2019b:217). Die gegewens wat deur die World Family Map gebruik word, toon dat tussen 53% en 92% van kinders in alle lande, met die uitsondering van Suid-Afrika, by twee ouers woon. In Suid-Afrika woon slegs 31% van die kinderbevolking by albei hul ouers (Institute for Family Studies 2019:60; Hatch & Posel 2018:268). Wat die res van die kinders betref, woon 36% by een ouer en 33% sonder 'n ouer (ibid. :61). In 'n internasionale beskrywende studie oor beskikbare gegewens rakende versorging, is bevind dat van die 77 lande wat bestudeer is, Suid-Afrika, Namibië en Swaziland die drie swakste presteerders was met die laagste persentasie van inwonende ouers (Martin & Zulaika 2016). Richter et al. (2012:2) bevestig dat Suid-Afrika een van die hoogste vlakke van vader-afwesigheid in die wêreld het. In hierdie verband verwys hulle na die bevinding van die General Household Survey 2010 deur Statistiek Suid-Afrika, naamlik dat slegs ongeveer 'n derde van voorskoolse kinders in Suid-Afrika by hul vaders woon. Hierdie situasie word deur latere navorsing bevestig. Volgens Statistiek Suid-Afrika se General Household Survey 2017 (n.p.) het meer as 60% van geboortes wat gedurende 2016 in Suid-Afrika geregistreer is, geen inligting oor die vader bevat nie. Dit beteken nie noodwendig dat al hierdie pa's afwesig is in die lewe van hul kinders nie, maar dui daarop dat die meeste kinders in Suid-Afrika sonder betrokkenheid van die vader grootword. Statistiek Suid-Afrika se General Household Survey 2018 (2018a:8) wys dat 43.1% kinders in Suid-Afrika net by hul ma bly. Werk deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (2017:n.p.) en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge oor 'n periode van 5 jaar toon aan dat 60% kinders in Suid-Afrika grootword sonder werklike betrokkenheid van die vader, terwyl 40% vroue enkelouers is. Pali Lehohla (2018:n.p.), vorige Statistikus-generaal van Suid-Afrika, het tydens 'n anti-korrupsie konferensie te Stellenbosch gesê "98% of fathers [are] alive, but only 42% [are] part of the household". Hierteenoor is "99% of mothers alive and 98% are part of their households". (Lehohla het hierdie inligting uit Stats SA se General Household Survey, 2016, geneem).

Die verskillende verblyfsomstandighede van Suid-Afrikaanse huishoudings kom ook na vore in ander statistiese ontledings. Slegs 15% kinders van die armste 20% huishoudings woon by hul ouers (Hall 2019b:217), in vergelyking met die rykste 20% huishoudings waar die aantal kinders wat by albei ouers woon, 74% beloop (2019b:217). Verder, as ons na hierdie situasie kyk deur die rassekategorieë van die ou apartheidsera, woon slegs 29% swart kinders by albei hul ouers, in vergelyking met 85% Indiër en 78% wit kinders (2019b:217). Die moeilike situasie van swart kinders word ook beklemtoon deur die feit dat bykans 'n kwart van hulle nie saam met 'n moeder of 'n vader woon nie, en die meeste van hulle, naamlik 46%, by slegs hul ma's inwoon (2019b:217). Hatch en Posel (2018:271), dui ook aan dat "less than 8% of African children were reported as having a male primary caregiver, compared with between 8% and 14% of non-African children".

Alhoewel vaderlike afwesigheid voortspruit uit 'n lae en dalende huwelikskoers onder Swart mense en 'n hoë koers van buite-egtelike swangerskappe, met die gevolg dat kinders dan eerder by hul ma as by hul pa woon (Hatch & Posel 2018:269), blyk dit dat die unieke geskiedenis en omstandighede van die Suid-Afrikaanse samelewing, wat baie beïnvloed is deur die stelsel van trekarbeid, 'n beduidende rol gespeel het in die versplintering van families wat tot hierdie uiteenlopende reëlings met betrekking tot die inrigting van hulle lewens en verblyf gelei het. Hierdie versplintering en ontwrigting van die familielewe is een van die ingrypende nalatenskappe van Suid-Afrika se koloniale en apartheidsgeskiedenis (Hall en Posel 2018:1). Hall en Posel (ibid.) wys daarop dat die marginalisering van Swart mense tot "tuislande", waar daar min werksgeleenthede was, Swart mense gedwing het om na "wit" stedelike gebiede te trek om werk te kry, maar 'n aantal beperkings het gesinsmigrasie of permanente vestiging in daardie stedelike gebiede verhoed. Volgens hulle (ibid.) het hierdie trekarbeidstelsel tot gevolg gehad dat dit hoofsaaklik mans was wat in stedelike gebiede of op die myne gewerk het, terwyl die plattelandse "tuislande" plekke vir "surplus" mense wie se arbeidsbydraes nie nodig was nie, geword het. Hall en Posel (ibid.) wys daarop dat kinders 'n wesenlike deel van hierdie plattelandse "surplusbevolking" uitgemaak het.

Dit lyk asof hierdie situasie in die postapartheidsera nie veel verander het nie. In hierdie verband meld Hall (2017:1) dat [d]espite the removal of legal restrictions on permanent urban settlement and family co-residence for Africans, patterns of internal and oscillating labour migration have endured, dual or stretched households continue to link urban and rural nodes, children have remained less urbanised than adults and many grow up without coresident parents.

Hierdie situasie is egter nie vreemd nie. Die impak van die "state-orchestrated destruction of family life" (Budlender & Lund 2011:925) op die huishoudelike patrone van swart mense sal nie so vinnig verdwyn nie. Alhoewel die politieke stelsel in Suid-Afrika verander het, sal die gevolge daarvan waarskynlik nog oor baie dekades heen, met ons wees en die verblyfs-omstandighede van kinders beïnvloed. Selfs ten spyte van die feit dat apartheid wetlik uitgesterf het, ervaar ons steeds sommige van die oorblyfsels daarvan en beïnvloed dit nog altyd die lewensomstandighede van baie gesinne, wat ook weer die lewe van kinders beduidend affekteer (vgl. Bray et al. 2010).

Bogenoemde syfers dui aan dat baie biologiese vaders se teenwoordigheid in die huishoudings van hul kinders baie beperk of selfs heeltemal afwesig is (Hall 2019b:217). Alhoewel beskikbare gegewens toon dat mans in baie lande geredelik minder betrokke is by kinderopvoeding as vroue, is die situasie in Suid-Afrika buitengewoon (Budlender & Lund 2011:930). Hall (2017:10) dui aan dat meer as 30% kinders wie se vaders elders woon, nooit hul vader sien nie. Hierdie situasie dui daarop dat baie vaders nie net afwesig is wat die huishouding waarin hul kinders woon betref nie, maar ook volkome afwesig is wat hul kinders se ganse lewe betref. Hatch en Posel (2018:267) skryf dat die gebruik van nasionale mikrodata wys dat vroue in verskillende huishoudelike vorme die primêre versorgers van kinders is, selfs al is hulle nie die biologiese ma nie. Hulle (2018:267) verklaar:

Women are also more likely to provide physical care than men are to provide financial support for children's schooling. However, this gender imbalance is far larger in the case of African children, the majority of whom do not live with their father. For most African children, both their physical and financial care is provided by women who are typically the child's biological mother, but also the child's grandmother or another female relative.

Uit bogenoemde blyk dit dat nie alle vaders daarin belangstel om vaders te wees nie. Om die waarheid te sê, die meeste Suid-Afrikaanse mans is dit nie, en baie van hulle wil nie betrokke wees by die alledaagse lewe van hul kinders nie (vgl. Morrell & Richter 2006:2). Hulle is nie net fisies afwesig nie, maar het ook nie enige emosionele betrokkenheid by hulle kinders nie, is soms selfs beledigend, en ondersteun ook nie hul kinders finansieel nie (Morrell et al. 2016:81). Tog blyk hierdie algemeen aanvaarde beskouing eensydig te wees, en word dit deur sommige studies bevraagteken (Clark et al. 2015; Morrell et al. 2016; Morrell & Richter 2006; Swartz & Bhana 2009). Ten spyte van volgehoue openbare stereotipes wat nie-inwonende pa's as onbetrokke wat gereeld hulle verantwoordelikhede ontduik, uitbeeld, toon onlangse navorsing dat heelwat mans nie by hierdie beeld inpas nie (Clark et al. 2015:576). Volgens hierdie navorsing is baie mans wel betrokke by die versorging van hul kinders (vgl. Hatch & Posel 2018). Die studie wat deur Morrell et al. (2016:100) gedoen is, het tot die gevolgtrekking gekom dat, hoewel 'n aansienlike getal vaders nie by hul kinders betrokke is nie, of dan op baie beperkte wyse, die meerderheid tog baie ondersteunend is. In 'n studie wat die data van die Birth to Twenty Cohort Study in Johannesburg, Suid-Afrika, gebruik het, dui die resultate daarop dat "most children received full or partial support throughout their life course. Furthermore, a high proportion of children received support after a union dissolution ..." (Madhavan et al. 2014:452). Een van die bevindings wys dat 61,5% van kinders tussen die ouderdom 0 en 5 jaar finansiële ondersteuning van die vader ontvang het gedurende hierdie volle periode sonder enige onderbreking (2014:457).

Baie van bogenoemde studies het egter beperkings. Die meerderheid sodanige bevindings is gebaseer op kwalitatiewe navorsing of op mikro-data wat uit streekspesifieke monsters of spesifieke groepe mans en kinders geneem is (Hatch & Posel 2018:269). Daarom kan die bevindings nie sonder meer op al die vaders in Suid-Afrika toegepas word nie. Hoe dit ook al sy, die prentjie wat ons uit die bestaande studies kry, is baie donker.

Waar vaders teenwoordig is, dra hulle baie by tot die gesonde ontwikkeling van hul kinders. Wanneer hulle egter afwesig is, beïnvloed dit baie aspekte van die kind se ontwikkeling negatief. Mboya en Nesengani (1999:763; vgl. Richter et al. 2012:2) het in hul navorsing oor die invloed van die vader of die afwesige vader op die akademiese prestasie van Suid-Afrikaanse adolessente tot die gevolgtrekking gekom dat studente in wie se lewe pa's betrokke was, aansienlik hoër punte gekry het as dié in wie se lewe die pa's afwesig was. Hulle (ibid.:763) bevindings dui ook daarop dat die afwesigheid van 'n pa weens werksomstandighede nadelige gevolge vir die skolastiese prestasie vanjongmense kan hê. Sommige Suid-Afrikaanse studies dui ook aan dat kinders wat by hul vaders woon, 'n beter selfbeeld het en meer geborge voel in hul verhoudings met iemand van die teenoorgestelde geslag (Richter 2012:2). Die implikasie is dat die teendeel waar is van kinders wat nie by hul vaders woon nie.

Die teenwoordigheid van die vader se ondersteuning help ook om kinders te beskerm teen die gedrag van moeders wat nie ondersteunend en teenwoordig is nie (Martin, Ryan & Brooks-Gunn 2010). Waar vaders in hierdie verband afwesig is, sal kinders hierdie nie-ondersteunende en afsydige gedrag deur moeders in al sy felheid ervaar.

4.2 Grootouers en hulle kleinkinders

Armoede en werkloosheid, soos ons weet, is kritieke probleme in die Suid-Afrikaanse samelewing. Dit affekteer gesinne se vermoë betreffende die versorging van kinders en dit het ook 'n negatiewe invloed op die familie-atmosfeer. Dikwels moet die enkelouer-moeder elders gaan werk omdat daar nie altyd plaaslik genoeg werksgeleenthede is nie, en dit veroorsaak dat kinders deur ander familielede versorg moet word. In hierdie opsig aanvaar talle grootouers baie verantwoordelikhede om die ouerlike sorg wat hulle kinders vir hul kleinkinders voorsien, aan te vul. In sommige gevalle vul grootouers nie net die ouerlike sorg aan nie, maar neem hulle al hoe meer die rol en pligte van die ouers oor en word die primêre versorgers van hulle kleinkinders (vgl. Ben Shlomo en Taubman - Ben-Ari 2016). Statistiek Suid-Afrika (Stats SA 2018b:1) verklaar in 'n verslag oor grootouerskap dat die historiese nalatenskap van hoë arbeidsmigrasie en buite-egtelike kinders in Suid-Afrika, vir 'n lang tyd tot gevolg gehad het dat baie grootouers die primêre versorgers van hul kleinkinders was. Alhoewel die situasie later deur die MIV-epidemie vererger is, met kindersorg wat outomaties die verantwoordeliheid van grootouers geword het, is daar tans aansienlik minder sterftes in die land vanweë reuse antiretrovirale terapie.

Dit wil voorkom asof baie grootouers gretig is om aktief betrokke te wees by die grootmaak van hul kleinkinders omdat hulle baie meer belang het in die koestering van hul kleinkinders as ander familielede (Stats SA 2018b:3). "The household headship by grandparents remain largely unchanged, at around 12 per cent across censuses 1996, 2001 and 2011" (ibid:11). Volgens die World Family Map 2019 (Institute for Family Studies 2019:78) woon 36% van Suid-Afrika se kinders in so 'n huishouding.

4.3 Migrasie en kinders

Baie huishoudings word ook beïnvloed deur die bekende neiging van adolessente wat binne Suid-Afrika migreer om toegang tot nuwe geleenthede te kry (vgl. Hall 2017:11-15). Baie ouers wat migreer laat hul kinders "agter" as hulle verhuis (Posel 2010:135). Volgens Bennett et al. (2014:310) bly net 14% van kinders wat deel was van die oorspronklike gesin, lede van die huishouding in hul nuwe bestemming. Baie kinders migreer onafhanklik van hulle ouers. In haar navorsing oor die beweging van tieners tussen 12 en 17 jaar in die platteland van KwaZulu-Natal, gegrond op data verkry van 'n langtermyn demografiese studie, meld Bennett (2013:n.p.) dat teen die ouderdom 18, 42% adolessente wat op hul twaalfde verjaarsdag in die studiegebied woonagtig was, ten minste een keer gemigreer het. Adolessente wat by albei ouers gebly het, was aansienlik minder geneig om te verhuis as diegene wat saam met net een ouer of geen van die twee ouers gewoon het nie. Volgens Bennett (:n.p.) het byna die helfte (45%) van almal wat verhuis het, alleen getrek, en dogters was aansienlik meer geneig om onbegeleid te migreer as seuns. Begeleide migrasie word geassosieer met adolessente wat ouer ouers het en wat in kleiner, meer onlangs gevormde huishoudings woon en onbegeleide migrasie word weer geassosieer met adolessente wat nie skoolgaan nie en in arm huishoudings woon, maar met sterk ondersteuningsnetwerke buite hul oorspronklike huishouding (ibid.:n.p.).

Alhoewel hierdie bewegings positiewe resultate kan hê, kan adolessente in die proses ook blootgestel word aan kwesbaarheid wat hul lewens negatief kan beïnvloed, veral as hulle hul bande met hul familie van oorsprong of hul primêre versorgers verloor (Bennett 2013:n.p.).

4.4 Weeskinders

As ons na kinders se verblyf kyk, moet ons ook die aantal weeskinders in Suid-Afrika in ag neem. Nie alle weeskinders kan oor dieselfde kam geskeer word nie. Die kwaliteit van die sorg wat hulle ontvang, word verskillend beoordeel. Dit kan onder andere toegeskryf word aan die feit dat die begrip "weeskind" 'n komplekse konsep is en op verskillende maniere gebruik word. Drie soorte weeskinders word internasionaal onderskei:

Vaderlose weeskinders ("paternal") van wie die vader oorlede is, maar die moeder nog leef.

Moederlose ("maternal") weeskinders van wie die moeder oorlede is, maar die vader nog leef.

Dubbele of "regte" weeskinders van wie albei ouers oorlede is.

Volgens Hall (2019b:218) is dit belangrik om die totale groep weeskinders op te deel in hierdie verskillende groepe, omdat die dood van een ouer ander gevolge vir kinders kan hê as die dood van albei ouers. Dit wil ook lyk asof kinders wat wees word as gevolg van 'n ma wat sterf, meer negatief geraak word as 'n kind wat deur 'n pa wees gelaat word - veral met betrekking tot onderwys (Hall 2019b:218).

In 2006 was 20.5% van die kinders in Suid-Afrika weeskinders, ongeveer 3.7 miljoen. Hiervan was 600 000 moederlose weeskinders, 2.48 miljoen was vaderlose weeskinders, en 660 000 dubbele weeskinders (Meintjies et al. 2010:43). Dit was 'n toename van 760 000 weeskinders vanaf2002 (2010:43). Sedert 2010 het die aantal weeskinders egter begin afneem en is dit nou minder as in 2002 (Hall 2019b:218). Hierdie dalende neiging kom duidelik na vore in die statistiek van 2018 wat toon dat "slegs" 14% van Suid-Afrika se kinderbevolking, ongeveer 2.7 miljoen, weeskinders was, die meerderheid (63%) daarvan vaderlose weeskinders (2019b:218). Sedert 2006 het die aantal weeskinders in Suid-Afrika met 'n miljoen afgeneem. Volgens Hall (2019b:218) is hierdie dalende neiging hoofsaaklik vanweë verbeterde toeganklikheid tot antiretrovirale middels.

Hall (2019b:218-219) vestig ook die aandag op die volgende belangrike bevindings:

5% van Suid-Afrika se kinders, byna 'n miljoen, leef sonder 'n biologiese moeder en twee keer meer leef sonder 'n biologiese vader.

die armste huishoudings versorg die meeste weeskinders. Byna die helfte (48%) van alle weeskinders woon in die armste 20% huishoudings. 17% van die kinders in die armste 20% huishoudings, is weeskinders, vergeleke met die rykste 20% waar die totale koers (van weeskinders) ongeveer 4% is.

Hall (2019c) verwys ook na ander belangrike feite wat na vore kom in The General Household Survey. Die opname toon dat 73% kinders wat deur die dood van 'n pa wees gelaat word in Suid-Afrika, by hulle ma's woon. Daarenteen, woon slegs 26% kinders wat deur die dood van hul ma wees gelaat word, by hul pa. Hall se gevolgtrekking is dat biologiese vaders die belangrikste versorgers is vir slegs 18% van moederlose weeskinders (2019c). Dit is nog 'n illustrasie van die gebrek aan betrokkenheid van biologiese vaders in die lewens van hul kinders. In hierdie gevalle neem ander familielede, waarvan 43% die grootouers is, die versorging van die kinders oor (2019c).

Alhoewel die aantal weeskinders in Suid-Afrika afneem, beïnvloed weesheid, in watter vorm ook al, steeds die welstand van 'n aansienlike aantal kinders. Dit konfronteer die Suid-Afrikaanse samelewing met groot uitdagings. Een van hierdie uitdagings is dat sommige van hierdie weeskinders deel word van huishoudings wat net uit kinders bestaan.

4.5 Huishoudings wat net uit kinders bestaan

'n Nuwe familiestruktuur, wat aansienlik verskil van die kern, twee-generasie gesin van die Westerse wêreld, sowel as die uitgebreide, multi-generasionele familie van die Afrika-konteks (Haley & Bradbury 2015:394), het oor 'n aantal jare in ons midde ontstaan. Hierdie vorm van huishoudings bestaan net uit mense onder 18 jaar met geen ouer of volwasse versorger nie. In sulke huishoudings is 'n minderjarige die hoof van die huishouding en moet dus die rol van primêre versorger vir die res van die huishouding vervul, wat verantwoordelikheid vir besluitneming en die voorsiening vir al hul basiese fisiese, sosiale en emosionele behoeftes insluit.

In 2015 was daar ongeveer 50 000 huishoudings wat slegs uit kinders bestaan het, wat ongeveer 90 000 kinders ingesluit het (Parliamentary Monitoring Group n.d.). Sedert 2015 was daar 'n afname in huishoudings wat slegs uit kinders bestaan tot 33 000 en die aantal kinders wat betrokke was tot 55 000, sowat 0,3% van Suid-Afrika se kinderbevolking (Hall 2019b:219). Die voorspellings van 'n groeiende aantal huishoudings wat slegs uit kinders bestaan as gevolg van Vigs, het egter nie gematerialiseer nie (vgl. Hall 2019b:219; Martin & Zulaika 2016:60; Meintjies et al. 2010). Verder is daar ook vasgestel dat die meeste kinders wat deel is van huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, nie dubbele weeskinders is nie (Hall 2019b:219; Martin & Zulaika 2016:60). Volgens Meintjies et al. (2010:40) leef ten minste een ouer van 92,1% van die kinders wat aan huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, behoort. Martin en Zulaika (2016:59) bevestig hierdie situasie deur daarop te wys dat beide ouers van 61% persent van hierdie kinders nog lewe en dat 80% van hulle 'n lewende moeder het. Hall (2019b:220) beklemtoon dat navorsing ook uitwys dat huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, dikwels net 'n tydelike reeling is wat slegs vir 'n kort tyd bestaan, soos byvoorbeeld terwyl 'n volwassene met trekarbeid weg is, of vir maklike toegang tot skool gedurende 'n kwartaal, of na die dood van 'n volwassene en voordat ander reëlings getref word om die kinders te versorg.

Hoewel nie al die kinders in huishoudings wat slegs uit kinders bestaan dubbele weeskinders is nie, is die situasie van al hierdie kinders nog steeds 'n rede tot kommer. Hulle is blootgestel aan verskeie vorme van kwesbaarheid. Pillay (2016) het die volgende uitdagings geïdentifiseer wat kinders in sulke huishoudings moet hanteer:

Verhoogde verantwoordelikheid vir die versorging van siek familielede;

Stigmatisering as gevolg van gesinslede wat HIV-positief is of reeds weens Vigs gesterf het;

Gebrekkige ondersteuning tydens rou smart;

Tekort aan hulpbronne;2

Verhoogde risiko van hongersnood en wanvoeding;

Verhoogde skoolafwesigheid;

Swak skoolprestasies;

Onvoldoende toegang tot mediese sorg; en

Seksuele uitbuiting, veral van meisies. (2016:2)

Alhoewel daar al baie gedoen is om hierdie kinders te ondersteun en te versorg, het Agere en Tanga (2017:59) in hul studie in Soweto bevind dat veral die emosionele impak van die situasie op hul lewens ernstig verwaarloos is, en dat veral die kinderhoofde van hierdie huishoudings dikwels as gevolg van die emosionele en sielkundige trauma, asook die sosiale spanning wat hierdie situasies meebring, baie swaar kry. Hul studie het ook bevind dat die meeste kinders simptome van depressie getoon het, wat grotendeels vererger is deur gevoelens van verlies, minderwaardigheid en lae selfbeeld omdat hulle grootliks gevoel het dat hulle soos tweedeklas burgers leef. Deur hul lewensituasies met ander kinders te vergelyk, het hulle sterk kontraste ontdek wat hulle herinner het aan die realiteit van die ernstige situasies waarin hulle verkeer het (2017:62).

Een van die deelnemers aan hierdie studie het gesê:

I am increasingly worried how we will get over the month when we get the child support grant. The food we buy can only last us two weeks and the other two weeks we often struggle. I always find myself in class constantly worried what I will cook for my siblings after school. (Agere & Tanga 2017:62)

Verder ervaar die kinderhoofde van hierdie huishoudings ook dat hulle vasgevang is in die ambivalensie om die rol van 'n volwassene te vervul terwyl hulle steeds deur die volwasse wêreld as kinders beskou en behandel word. Hulle bevind hulleself in 'n posisie van nie 'n volwassene nie, maar ook nie 'n kind nie. Terwyl hulle probeer om die verantwoordelikheid van die versorging van hul sibbe na te kom, ervaar hulle dat hulle geen gesag en/of regte het nie en dat hulle rol ook nie in die volwasse wêreld aanvaar word nie. Die strukturele verhouding van ongelyke mag tussen volwassenes en kinders maak hulle kwesbaar en, hoewel dit ondersteuning en beskerming ontlok en teweegbring, stel dit hulle terselfdertyd bloot aan verskillende vorme van uitbuiting deur volwassenes (Haley & Bradbury 2015:397).

Deel van hierdie probleem is dat sommige jongmense ervaar dat hulle met vyandigheid bejeën word deur volwassenes (Haley & Bradbury 2015). Gebaseer op 'n narratiewe benadering, het Haley en Bradbury (2015:394) die verhouding tussen volwassenes en kinders wat in huishoudings wat slegs uit kinders bestaan grootword, vanuit die kinders se perspektief ondersoek. Die dominante tema wat na vore gekom het in hulle navorsing, selfs baie meer as die tema van simpatie en ondersteuning deur volwassenes, was die belewenis onder hierdie jongmense dat hulle fyn dopgehou word deur volwassenes wat hulle beskou as 'n bedreiging vir die sosiale weefsel wat hul gemeenskap saambind (2015:394). Hulle het onder andere vermeld dat hulle ervaar dat baie volwassenes hulle met agterdog, selfs vyandigheid, dophou en dat hulle die hele tyd onder hul waaksame oë en 'n dreigende houding leef.

Boonop was hulle ervaring dat hierdie toesig veral gender-georiënteerd was, en dat meisies as "hoere" en seuns as "boewe" beskou is (Haley & Bradbury 2015:394). Seuns is beskou as gevaarlik in 'n kriminele sin, en meisies is gesien as uiters kwesbaar vir seksuele misbruik en gender-gebaseerde geweld (2015:401). Hierdie houding word geïllustreer deur die feit dat twee susters albei genoem het dat wanneer mense in die gemeenskap oor hulle skinder, hulle "hoere" genoem word (2015:402). Een van hulle, 16 jaar oud, het die volgende gesê: "Oh they talk and say these kids stay alone they do whatever they want, they are whores, they say whatever they like because they know that there is no adult" (2015:402).

Hierdie manier om kinders te hanteer, veral die kinderhoofde van huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, is net die teenoorgestelde van hoe gemeenskappe in die gees van Ubuntu gewoonlik weeskinders versorg en in die gemeenskap opneem (Haley & Bradbury 2015:402). Die stigmatisering en stereotipering van die lede van huishoudings wat slegs uit kinders bestaan, is 'n duidelike teken van die disintegrasie van die lewensbeskouing van Ubuntu. In die proses word die ontwikkeling, welsyn en verwesenliking van die menseregte van kinders wat in hierdie tipe huishoudings grootword, negatief beïnvloed (Ngconjana, Kwizera & Umejesi 2017:8161).

 

5. BEHUISING EN BASIESE DIENSTE

'n Faktor wat 'n deurslaggewende rol speel in die lewensomstandighede van elke huishouding, en dus ook in die lewens van kinders, is hulle behuising en toegang tot voldoende basiese dienste. Dit is een van die mees basiese behoeftes van alle mense: om 'n aanvaarbare plek te hê om in te kan woon. Hierdie behoefte word aangespreek in artikel 25.1 van die Handves van Menseregte (United Nations 2015:52), wat verklaar:

Everyone has the right to a standard of living adequate for the health and well-being of himself and of his family, including food, clothing, housing and medical care and necessary social services, and the right to security in the event of unemployment, sickness, disability, widowhood, old age or other lack of livelihood in circumstances beyond his control.

Hierdie basiese mensereg word erken in artikel 26 van die Grondwet van Suid-Afrika. Hierdie artikel verklaar dat almal, insluitende kinders, die reg het op aanvaarbare behuising, en in artikel 28 (1) (c) van die Grondwet word boonop die reg op huisvesting aan al Suid-Afrika se kinders gegee (Republic of South Africa 1996). Die belangrike vraag om te vra is wat beskou word as aanvaarbare behuising.

In die Globale Strategie vir vestiging en skuiling word gesê dat "[a]dequacy of housing includes security of tenure, availability of services, materials, facilities and infrastructure, affordability, habitability, accessibility, location, and cultural adequacy" (UNHCR 2014:11). In hierdie omskrywing is ligging 'n belangrike faktor omdat jou woongebied jou toegang tot werkgeleenthede, skole en kindersorgfasiliteite, polisiestasies en gesondheidsorg, en basiese dienste bepaal (Hall 2019d:248). Die afgeleë landelike gebiede in Suid-Afrika kan byvoorbeeld nie dieselfde dienste en hulpbronne wat in stedelike gebiede beskikbaar is, verskaf nie. Dit is eintlik een van die groot uitdagings in Suid-Afrika, want in 2018 het landelike huishoudings 43% van Suid-Afrika se kinders, ongeveer 8,5 miljoen kinders, ingesluit, terwyl 57% van hulle verstedelik was (2019d:248). Hoewel die verstedeliking van kinders toeneem, is hulle steeds minder verstedelik as die volwassenes, van wie 69% reeds in stede woon (2019d:248).

Kinders woon in verskillende tipes blyplekke: formele, informele en tradisionele nedersettings. Deel van die reg op aanvaarbare behuising is dat hierdie wonings bewoonbaar moet wees. Om 'n bewoonbare huis te wees, moet die struktuur genoeg ruimte bied vir almal wat daarin woon en die inwoners se fisiese veiligheid sowel as hul beskerming teen die weer verseker (Hall 2019d:249). Onder informele behuising tel informele wonings of "shacks" in agterplase of informele nedersettings; wonings of huise/woonstelle/kamers in agterplase gebou van yster, hout of ander nie-duursame materiale; en woonwaens of tente (2019d:249). Volgens Hall (2019d:249) het ongeveer 1.7 miljoen kinders, wat 9% van die kinders in Suid-Afrika verteenwoordig, in 2018 in sulke wonings gewoon. Sy spreek haar baie sterk hieroor uit deur te verklaar dat kinders se reg op aanvaarbare behuising beteken dat hulle nie in informele wonings moet woon nie. Wat veral kommerwekkend is, is dat 42% kinders wat in informele behuising woon, in die ouderdomsgroep 0-5 jaar val (2019d:249). In hierdie konteks is dit baie moeilik om vir hulle genoegsame en effektiewe stimulasie te gee om skoolgereed te wees.

Die situasie van kinders in Suid-Afrika met betrekking tot behuising is 'n duidelike illustrasie van die ongelykhede op grond van ras wat nog steeds in die Suid-Afrikaanse samelewing voorkom. Hall (2019d:250) vestig die aandag daarop dat 99% van alle wit kinders in formele behuising woon, in vergelyking met slegs 81% van swart kinders. Verder wys Hall daarop dat die bewoning van formele behuising toeneem met toename in inkomste (2019d:250). Nagenoeg 95% van die kinders in die rykste 20% huishoudings woon in formele wonings, vergeleke met 77% kinders in die armste kwintiel.

Behuising kan slegs aanvaarbaar wees as dit nie oorvol is nie. Oorvol wonings kan maklik inbreuk maak op kinders se behoeftes en regte: dit is moeilik om huiswerk te doen, daar is geen ruimte vir privaatheid nie, oordraagbare siektes kan makliker versprei, en hulle word meer blootgestel aan die moontlikheid van seksuele mishandeling (Hall 2019d:250). Volgens Hall word 'n oorvol huis gedefinieer as 'n huis waar daar gemiddeld meer as 2 mense per kamer woon. Volgens hierdie omskrywing het 18% of 3 500 000 kinders in 2018 in sulke huise gewoon (Hall 2019d:250). Slegs 10% volwassenes het in sulke toestande geleef. Wanneer oorbevolking en die tipe behuising met mekaar in verband gebring word, is bevind dat "57% of children who stay in informal dwellings also live in overcrowded conditions, compared with 27% of children in traditional dwellings and 13% of children in formal housing" (Hall 2019d:250). As ras in aanmerking geneem word, word dit duidelik dat 19% swart, 21% bruin en minder as 1% Indiër en wit kinders in sulke situasies woon (Hall 2019d:250).

Aanvaarbare behuising sluit ook die effektiewe lewering van basiese dienste soos skoon drinkwater op die terrein en basiese sanitasie in alle huise in. Die Grondwet van Suid-Afrika voorsien in artikel 27 dat almal die reg op toegang tot voldoende water het en in artikel 24 dat elkeen die reg het op 'n omgewing wat nie skadelik vir hulle gesondheid of welstand is nie, wat sanitasie insluit (Republic of South Africa 1996). Die statistieke beskikbaar gee egter nie 'n duidelike prentjie van wat presies die praktiese situasie is nie. Statistiek Suid-Afrika sê self beskikbare statistiek verberg baie verskille tussen provinsies, distriksrade en tussen plaaslike munisipaliteite. Huishoudings in landelike munisipaliteite, het gewoonlik tot veel minder toegang, en gewoonlik ook ondergeskikte dienste in vergelyking met diegene in welgestelde, veral meer stedelike munisipaliteite (Stats SA 2016:xiii).

Volgens Hall (2019e:252) het kinders se toegang tot water oor die afgelope 15 jaar weinig verbeter. Sy dui ook aan dat in 2018 ongeveer 6 miljoen kinders nie toegang tot skoon drinkwater op die woonerf gehad het nie (2019e:253). Die omgewing waarin kinders woon, het 'n groot invloed op hul toegang tot hierdie diens. In formele woonbuurtes het 77% kinders toegang tot water op die perseel. Dit verminder tot 55% in informele nedersettings en daal tot slegs 19% in tradisionele woongebiede (2019e:252). As ras in ag geneem word, kom die groot ongelykheid in die Suid-Afrikaanse samelewing duidelik na vore. Slegs 65% swart kinders het toegang tot water, maar meer as 95% van die res van die kinderbevolking het skoon water by hul huise beskikbaar (2019e:252). Hierdie ongelykheid kom ook sterk na vore wanneer deur die lens van inkomste na die data gekyk word. Slegs 54% kinders in die armste 20% huishoudings het toegang tot water op die woonperseel, terwyl 93% van diegene in die rykste 20% huishoudings op hierdie vlak van dienslewering woon (2019e:252).

Vir gesonde lewensomstandighede is nie net skoon water noodsaaklik nie, maar ook goeie sanitasie. 'n Basiese sanitasiefasiliteit word in die regering se Strategic Framework for Water Services (Department of Water Affairs and Forestry 2003:46) omskryf as die infrastruktuur wat nodig is om 'n sanitasie-fasiliteit te bied wat veilig, betroubaar, privaat, beskermd teen die weer en goed geventileer is, wat reuke tot die minimum beperk, maklik is om skoon te hou, die risiko van die verspreiding van siektes wat verband hou met sanitasie tot die minimum te beperk, deur toepaslike beheer van vlieë en plae wat siektes dra, en die inwerkingstelling van veilige en toepaslike behandeling en/of verwydering van menslike afval en afvalwater op 'n deeglike omgewingsvriendelike manier.

In 2018 het 79% van Suid-Afrika se kinders toegang tot aanvaarbare toilette gehad, maar meer as 4.2 miljoen kinders het dit nog nie gehad nie. Vir meer as 340 000 kinders was daar geen toilette beskikbaar nie (Hall 2019e:254). Net soos in die ander statistiese data hier bo vermeld, toon die voorsiening van basiese sanitasie duidelik die ongelykheid tussen die verskillende rasse: meer as 95% Indiër, wit en bruin kinders het in 2018 toegang tot aanvaarbare toiletgeriewe gehad, terwyl slegs 76% swart kinders toegang tot basiese sanitasie gehad het (2019e:254). Wanneer inkomste in berekening gebring word, blyk dit dat onder die rykste 20% huishoudings, 94% kinders voldoende sanitasie het, terwyl slegs 71% kinders in die armste 20% hierdie vlak van diens het (2019e:254).

Die data wat hier bo verskaf word, illustreer dat ons nog 'n lang pad het om voldoende aanvaarbare behuising en basiese dienste aan kinders in Suid-Afrika te voorsien.

 

6. SLOT

Ons het in hierdie artikel probeer aantoon hoe verskillende kontekste waarin baie Suid-Afrikaanse kinders hul bevind, hul lewe op uiteenlopende wyse beïnvloed en bedreig. Vir kinders om te floreer en te ontwikkel tot verantwoordelike, stabiele volwassenes, benodig hulle liefdevolle, koesterende, en toeganklike ouers of versorgers wat in hul doen en late belangstel, hul ondersteun en aanmoedig, en hul sover as moontlik teen swaarkry, lyding en risiko's probeer beskerm. Normaalweg word kwaliteite wat benodig word vir positiewe, gesonde ontwikkeling asook die welstand van kinders, gevind in ouers of ander versorgers met wie kinders 'n positiewe, betekenisvolle vertrouensband en langtermynverhouding het. Waar bogenoemde ontbreek, versplinter families maklik en kan kinders gevolglik die bande met hul familie van oorsprong of primêre versorgers verloor. Verder beleef kinders in heelwat huishoudings dat hulle nie welkom is en waardeer word nie, hulle ervaar emosionele afstomping, en gevolglik verhoog hul kwesbaarheid in vele opsigte. Die invloed van die nalatenskap van apartheid op families en huishoudings in Suid-Afrika is nog nie uitgewis nie en het steeds 'n negatiewe uitwerking op sommige families en huishoudings, en dus op die lewe van talle kinders. Armoede en die negatiewe gevolge daarvan op sekere families en huishoudings beïnvloed ook sommige kinders se kwesbaarheid nadelig. Hierdie situasie sal nog ernstiger aangespreek moet word deur die verskillende rolspelers in die Suid-Afrikaanse samelewing wat daartoe kan bydra om toeganklike en gasvrye families en huishoudings vir meer kinders in Suid-Afrika te vestig.

 

BIBLIOGRAFIE

Agere, L.M. & Tanga, P.T. 2017. A critical examination of the nexus between psychosocial challenges and resilience of child headed households: A case of Zola, Soweto. Child Abuse Research: A South African Journal, 18(2):59-67.         [ Links ]

Bennett, R. 2013. Teens on the move: An analysis of adolescent migration in rural South Africa. Paper delivered at the International Conference on Population Geographies, Netherlands, 25-28 July 2013. Available: https://eprints.soton.ac.uk/365843/ [2020, Februarie 25].         [ Links ]

Bennett, R., Hosegood, V., Newell M. & McGrath, N. 2014. Understanding family migration in rural South Africa: Exploring children's inclusion in the destination households of migrant parents. Population, Space and Place, 21:310-321.         [ Links ]

Ben Shlomo, S. & Taubman - Ben-Ari O. 2016. Grandparenthood - Grand generativity. In L. Findler & O. Taubman - Ben-Ari (eds). Grandparents of children with disabilities: Theoretical perspectives of intergenerational relationships. New York: Springer International Publishing, pp. 1-18.         [ Links ]

Bray, R., Gooskens, I., Kahn, L., Moses, S. & Seekings, J. 2010. Growing up in the new South Africa: Childhood and adolescence in post-apartheid. Cape Town: HSRC Press.         [ Links ]

Brown, K. 2014. Questioning the vulnerability Zeitgeist: Care and control practices with 'vulnerable' young people. Social Policy & Society, 13(3):371-387.         [ Links ]

Brown, K. 2015. Vulnerability and young people. Care and social control in policy and practice. Bristol: Policy Press.         [ Links ]

Brown, K., Ecclestone, K. & Emmel, N. 2017. The many faces of vulnerability. Social Policy and Society, 16(3):497-510.         [ Links ]

Budlender, D. & Lund, F. 2011. South Africa: A legacy of family disruption. Development and Change, 42(4):925-946.         [ Links ]

Butler, D. 2004, Precarious life. The powers of mourning and violence. London/New York: Verso.         [ Links ]

Clark, S., Cotton, C. & Marteleto, L.J. 2015. Family ties and young fathers' engagement in Cape Town, South Africa. Journal of Family and Marriage, 77(2):575-589.         [ Links ]

Department of Water Affairs and Forestry. 2003. Strategic Framework for Water Services. Pretoria: DWAF.         [ Links ]

Fineman, M.A. 2011. The vulnerable subject: Anchoring equality in the human condition, in M.A. Fineman (ed.). Transcending the boundaries of law: Generations of feminism and legal theory. New York: Routledge, pp. 161-175.         [ Links ]

Formosa, P. 2014. The role of vulnerability in Kantian ethics, in C. Mackenzie, W. Rogers & S. Dodds (eds). Vulnerability: New essays in ethics and feminist philosophy. Oxford: Oxford University Press, pp. 88-109.         [ Links ]

Haley, J.F. & Bradbury, J. 2015. Child-headed households under watchful adult eyes: Support or surveillance? Childhood, 22(3):394-408.         [ Links ]

Hall, K. 2017. Fragmenting the family? The complexity ofhousehold migration strategies in post-apartheid South Africa. Draft paper for the UNU-WIDER & ARUA Development Conference on Migration and Mobility. Available: https://www.wider.unu.edu/sites/default/files/Hall_Fragmenting%20the%20family_0.pdf [2020, Februarie 24].         [ Links ]

Hall, K. 2019a. Demography: Children in South Africa. Statistics on children in South Africa. Available: http://www.childrencount.uct.ac.za./indicator.php?domain=1&indicator=1 [2020, Januarie 23].         [ Links ]

Hall, K. 2019b. Demography of South Africa's children, in M. Shung-King, L. Lake, D. Sanders & M. Hendricks (eds). South African Child Gauge 2019. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town, pp. 216-220.         [ Links ]

Hall, K. 2019c. Demography: Single orphans living with remaining parent. Statistics on children in South Africa. Available: http://www.childrencount.uct.ac.za./indicator.php?domain=1&indicator=3 [2020, Januarie 23].         [ Links ]

Hall, K. 2019d. Children's access to housing. In M. Shung-King, L. Lake, D. Sanders & M. Hendricks (eds). South African Child Gauge 2019. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town, pp. 248-251.         [ Links ]

Hall, K. 2019e. Children's access to services, in M. Shung-King, L. Lake, D. Sanders & M. Hendricks (eds). South African Child Gauge 2019. Cape Town: Children's Institute, University of Cape Town, pp. 252-254.         [ Links ]

Hall, K. & Posel, D. 2018. Fragmenting the family? The complexity of household migration strategies in post-apartheid South Africa. The United Nations University World Institute for Development Economics Research. Helsinki.         [ Links ]

Hatch, M. & Posel, D. 2018. Who cares for children? A quantitative study of childcare in South Africa. Development Southern Africa, 35(2):267-282.         [ Links ]

Herring, J. 2018. Vulnerability, childhood and the law. Cham: Springer.         [ Links ]

HSRC. 17 November 2017. It's hard to be a goodfather. Pretoria: The Human Sciences Research Council. www.hsrc.ac.za/en/hsrc-in-the-news/general/hard-to-be-good-father-in-sa [2020, Oktober 27].         [ Links ]

Institute available for Family Studies. 2017. World family map 2017: Mapping family change and child well-being outcomes. New York/Barcelona: Social Trends Institute.         [ Links ]

Institute available for Family Studies. 2019. World family map 2019: Mapping family change and child well-being outcomes. New York/Barcelona: Social Trends Institute.         [ Links ]

Kall, L.F. 2016. Vulnerable bodies and embodied boundaries. In L.F. Kall (ed.). Bodies, boundaries and vulnerabilities interrogating social, cultural and political aspects of embodiment. Cham: Springer, pp. 1-12.         [ Links ]

Koopman, N. 2013. Hope, vulnerability and disability? A theological perspective, in J. Claassens, L. Swartz & L. Hansen (eds). Searching for dignity: Conversations on human dignity, theology and disability. Stellenbosch: SUN MeDIA, pp. 43-54.         [ Links ]

Lehohla, P. 2018. Evidence the cure for despair - the platform for development. Ongepubliseerde toespraak tydens Afrika anti-korrupsie konferensie te Stellenbosch gelewer. 11-13 Julie 2018.         [ Links ]

Levine, C., Faden, R., Grady, C., Hammerschmidt D., Eckenwiler, L. & Sugarman, J. 2004. The limitations of 'vulnerability' as a protection for human research participants. The American Journal of Bioethics, 4(3):44-49.         [ Links ]

Mackenzie, C., Rogers, W. & Dodds, S. 2014. Introduction: What is vulnerability, and why does it matter for moral theory? In C. Mackenzie, W. Rogers & S. Dodds (eds). Vulnerability: New essays in ethics and feminist philosophy. Oxford: Oxford University Press, pp. 1-29.         [ Links ]

Madhavan, S., Richter, L., Norris, S. & Hosegood, V. 2014. Fathers' financial support of children in a low income community in South Africa. Journal of Family and Economic Issues, 35(4):452-463.         [ Links ]

Martin, A., Ryan, R.M. & Brooks-Gunn, J. 2010. When fathers' supportiveness matters most: Maternal and paternal parenting and children's school readiness. Journal of Family Psychology, 24:145-155.         [ Links ]

Martin, F. S. & Zulaika G. 2016. Who cares for children? A descriptive study of care-related data available through global household surveys and how these could be better mined to inform policies and services to strengthen family care. Global Social Welfare, 3:51-74.         [ Links ]

Mboya, M.M. & Nesengani, R.I. 1999. Migrant labour in South Africa: A comparative analysis of the academic achievement of father-present and father-absent adolescents. Adolescence, 34(136):763-767.         [ Links ]

Meintjes, H., Hall, K., Marera, D. & Boulle, A. 2010. Orphans of the AIDS epidemic? The extent, nature and circumstances of child-headed households in South Africa. AIDS Care, 22(1):40-49.         [ Links ]

Morrell, R. & Richter, L. 2006. Introduction, in L. Richter & R. Morrell (eds). Baba: Men and fatherhood in South Africa. Cape Town: HSRC Press, pp. 1-12.         [ Links ]

Morrell, R., Dunkle, K., Ibragimov. U. & Jewkes, R. 2016. Fathers who care and those who don't: Men and childcare in South Africa. South African Review of Sociology, 47(4):80-105.         [ Links ]

Nifosi-Sutton, I. 2017. The protection of vulnerable groups under international human rights. New York: Routledge.         [ Links ]

Ngconjana, U., Kwizera, A.S. & Umejesi, I. 2017. Livelihoods in child headed households and state intervention: A case study of the orphans and vulnerable children (OVC) in East London, South Africa. Gender & Behaviour, 15(1):8160-8180.         [ Links ]

Page, H. 1989. Child-rearing versus child bearing: Co-residence of mother and child in Sub-Saharan Africa, in R. Lesthaeghe (ed.). Reproduction and social organization in Sub-Saharan Africa. Berkeley: University of California, pp. 401-422.         [ Links ]

Parliamentary Monitoring Group, n.d. Child- and youth-headed households. Available: https://pmg.org.za/page/Child-%20and%20youth-headed%20households%20%E2%80%8B [2020, Februarie 28].         [ Links ]

Pillay, J. 2016. Problematising child-headed households: The need for children's participation in early childhood interventions. South African Journal of Childhood Education, 6(1):1-8.         [ Links ]

Posel, D. 2010. Households and labour migration in post-apartheid South Africa. Journal of Studies in Economics and Econometrics, 34:129-141.         [ Links ]

Republic of SouthAfrica. 1996. Constitution of the Republic of South Africa 1996. Pretoria: Government Printer.         [ Links ]

Reynolds, T.E. 2008, Vulnerable communion: A theology of disability and hospitality. Grand Rapids: Brazos Press.         [ Links ]

Richter, L., Desmond, C., Hosegood, V., Madhavan, S., Makiwane, M., Makusha, T., Morrell, R. & Swartz, S. 2012. Fathers and other men in the lives of children and families. Paper presented to the Conference on Strategies to Overcome Poverty and Inequality: Towards Carnegie III. 3-7 September 2012, Cape Town, South Africa.         [ Links ]

Russell, M. 2003. Are urban black families nuclear? A comparative study of black and white South African family norms. Social Dynamics, 29(2):53-76.         [ Links ]

Stats SA. 2016. The state of basic service delivery in South Africa: In-depth analysis of the Community Survey 2016 data. Report No. 03-01-22. Pretoria: Statistics South Africa.         [ Links ]

Stats SA. 2017. Recorded live births, 2016. Pretoria: Statistics South Africa. Available: http://www.statssa.gov.za/?p=10524 [2020, Oktober 28].         [ Links ]

Stats SA. 2018. Grandparenthood in the context of ageing in South Africa. Report 03-00-12. Pretoria: Statistics South Africa.         [ Links ]

Stats SA. 2018. Household Composition. Statistical Release PO318, Pretoria: Statistics South Africa. Available: http://www.statssa.gov.za/publications/P0318/P03182018.pdf [2020, Oktober 27].         [ Links ]

Stats SA. 2019. Mid-year population estimates 2019. Statistical Release P0302, Pretoria: Statistics South Africa.         [ Links ]

Swartz, S. & Bhana, A. 2009. Teenage tata: Voices of young fathers in South Africa. Cape Town: HSRC Press.         [ Links ]

Underhill, G., Mathe, T. & Gilili, C. 2015. The trials of child-headed families. Mail & Guardian. Available: mg.co.za/article/2015-01-30-00-the-trials-of-child-headed-families [2020, Februarie 20].         [ Links ]

UNHCR. 2014. Global strategy for settlement and shelter. A UNHCR strategy 2014-2018. Geneva: United Nations High Commissioner for Refugees.         [ Links ]

United Nations. 2015. Universal declaration of Human Rights, the illustrated edition. Available: https://www.un.org/en/udhrbook/pdf/udhr_booklet_en_web.pdf [2020, Februarie 28].         [ Links ]

Wallbank, J. & Herring, J. 2014, Introduction: Vulnerabilities, care and family law. In J. Wallbank & J. Herring (eds). Vulnerabilities, care and family law. New York: Routledge, pp. 12-53.         [ Links ]

White Paper on Families in South Africa, 2013. Department of Social Development, Republic of South Africa. pp. 16-30. Available: https://www.westerncape.gov.za/assets/departments/social-development/white_paper_on_families_in_south_africa_2013.pdf [2020, Oktober 28].         [ Links ]

 

 

Ontvang: 2020-06-15
Goedgekeur: 2020-10-26
Gepubliseer: Desember 2020

 

 

 

Jan Grobbelaar was vir 13 jaar 'n gemeentepredikant in twee gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. In 1996 het hy as personeellid by die Petra Instituut vir Kinderbediening aangesluit, waar hy steeds werksaam is as Mentor vir Navorsing en Akademiese Ontwikkeling. Hy is 'n navorsingsgenoot van die Departement Praktiese en Missionale Teologie aan die Fakul-teit Teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat. Sy navorsing fokus op die interseksie tussen Teologie en kinders, asook op intergene-rasionele geloofsvorming. Hy het reeds verskeie boeke, hoofstukke in boeke, en akademiese artikels hieroor gepubliseer.
Jan Grobbelaar was for 13 years a church minister in two congregations of the Dutch Reformed Church. In 1996 he joined Petra Institute for Children's Ministry where he is currently the Mentor for Research and Academic Development. He is a research fellow of the Department of Practical and Missional Theology, Faculty of Theology and Religion, University of the Free State. His research focus is on the intersection between Theology and children/childhood, as well as intergenerational faith formation. In this regard, he has published a variety of books, chapters in books and articles in academic journals.

 

 

Chris Jones was vir byna 20 jaar 'n gemeente-predikant in Ceres voordat hy en sy gesin aan die begin van 2008 Stellenbosch toe verhuis het om die Eenheid vir Morele Leierskap aan die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, op die been te bring. Hy staan tans aan die hoof van hierdie Eenheid en is ook 'n navorsingsgenoot binne die Dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesiologie. Hy is die skrywer van 'n ver-skeidenheid boeke, hoofstukke in boeke en artikels. Hy is betrokke by verskeie gemeenskaps-ontwikkelingsprojekte.
Chris Jones was a church minister in Ceres for close to 20 years before moving to Stellenbosch with his family at the beginning of 2008 to establish the Unit for Moral Leadership at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. He currently heads this Unit and is also a research fellow within the discipline group Systematic Theology and Ecclesiology. He is the author of a variety of books, chapters in books and articles. He is involved in various community development projects.
1 Sien (ook) die "White Paper on Families in South Africa" (2013) vir verskillende soorte families/ huishoudings asook die huidige sosio-ekonomiese omstandighede waarin baie Suid-Afrikaanse families hul bevind (pp. 16-30).
2 Alhoewel die Kinderwet 38 van 2005 (soos gewysig deur die Kinderwysigingswet 41 van 2007) en die gepaardgaande Regulasies wat in 2010 in werking getree het, dit moontlik maak vir huishoudings wat net uit kinders bestaan dat hul hoofde ouer as 16 jaar die maandelikse maat-skaplike toelae kan gaan haal, het hulle nie toegang tot genoeg maatskaplike toelaes nie want "children in child-headed households are older, on average, than in mixed generation households" met die gevolg dat "fewer children fall within the eligible age threshold for child support grants [up to 14 years]" (Underhill, Math & Gilili 2015:n.p.).

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons