SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1Towards understanding theological positions informing migrant ministries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Verbum et Ecclesia

On-line version ISSN 2074-7705
Print version ISSN 1609-9982

Verbum Eccles. (Online) vol.44 n.1 Pretoria  2023

http://dx.doi.org/10.4102/ve.v44i1.2785 

ORIGINAL RESEARCH

 

Gemeentediakonaat - Nuut gedink

 

The diaconate of the congregation - Considered anew

 

 

Gert Breed

Unit for Reformed Theology, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South Africa

Correspondence

 

 


ABSTRACT

From the earliest times, the content given to the diaconate of the congregation varied greatly from denomination to denomination. Different methods and sources were used to determine the content and essence of the diaconate. This article attempts to look at the diaconate of the congregation from a new angle to determine what the diaconal task of the congregation can be. Use is made of previous exegetical work done by the author (2018) of this article. He exegeted specific texts in the New Testament in depth with the research question of what meaning possibility of the diacon words (diakoneo, diakonos, diakonia) the authors had in mind when using the words in those texts. These results are used in an attempt to establish what the diaconate can mean when it is built on the meaning contents of the deacon-words. The result is that new insights are exploited and practically applied to the diaconate. The conclusion of this article is that the deacons should work towards involving each member in the diaconate by guiding them to discover their gifts and to encourage them to use those gifts. The members undertake to do specific service work and to be held accountable for it. In this way, the congregation distributes the grace of God and the diaconate takes on a missionary character and God can work mightily through the diakonia of each member.
INTRADISCIPLINARY AND/OR INTERDISCIPLINARY IMPLICATIONS: An exegetical study of the New Testament informs the discussion and opens a dialogue between Practical Theology and Hermeneutics. The results of this research have implications for church polity. The outcome of the practical implementation of the results can be a field of study for pastoral counselling, psychology and sociology.

Keywords: diaconia, diaconate, Evangelical, 1 Corinthians 12, Ephesians, 1 Peter, gifts, deacon.


 

 

Inleiding

Die diakonaat van christelike gemeentes het vanaf die vroegste tye 'n verskeidenheid vorme aangeneem. Dit kan daaraan toegeskryf word dat daar nêrens in die Nuwe Testament 'n gedetailleerde beskrywing van die diakonaat van die gemeente of van die werk van die diaken is nie. Tans bestaan daar ook 'n verskeidenheid praktyke in verskillende lande en denominasies (Orton 2012:261).

In die afgelope 30 jaar het daar 'n wêreldwye debat ontstaan rondom die betekenis van die diakonwoorde in die Nuwe Testament (NT), die dienswerk van die diaken en die diakonaat van die gemeente. Hierdie akademiese gesprek (vgl. Donfried 1990; Arndt, Danker & Bauer 2000; Gooder 2006; Klaasen 2020; Koet 2019; Koet, Murphy & Ryökäs 2018; Latvus 2010; Nordstokke 2019; Rüegger & Sigrist 2011:79-80) is veral begin op grond van die omvangryke navorsing van J.N. Collins (1990) oor die betekenis van die diakonwoorde. Later het A. Hentschel (2007) met haar diepgaande navorsing oor die diakonwoorde Collins se bevindinge ondersteun. Collins het na sy eerste boek heelwat artikels en boeke gepubliseer (vgl. die nuutstes, Collins 2014; 2020). Verskillende ander boeke en artikels is oor die diakonaat gepubliseer waarin reaksie op Collins se publikasies verwoord word (Clarke 2000:234-241; 2008:233-245; Latvus 2008:144-149; Smit 2018:23-29). Onder andere is die wese van die diakonaat dat dit nederige dienswerk is bevraagteken op grond van Collins se bevinding dat die diakonwoorde nêrens in hierdie betekenismoontlikheid gebruik word nie.

Indien gemeentes of denominasies hierdie resultate in hulle gemeentediakonaat toepas, kan dit ingrypende gevolge vir die bediening hê (Hartley 2004:379). Dit was daarom noodsaaklik dat die bevindinge van Collins getoets word met deeglike eksegese.

Ek het verskeie gedeeltes in die NT waar hierdie woordgroep gebruik word indringend eksegeties ontleed om die betekenis daarvan vir gemeentebediening en vir die taak van die diaken te bepaal. Dit het hieruit duidelik geword dat sommige van Collins se bevindinge nie water hou nie.

In hierdie artikel gebruik ek van die resultate van hierdie studie en pas dit toe op die gemeente se diakonaat. Indien hierdie resultate in 'n gemeentepraktyk gemaak word kan dit ingrypende positiewe vrugte dra ten opsigte van die betrokkenheid van lidmate in die diakonaat. Dit sou ook daartoe kan lei dat 'n gemeente haar diakonaat herdefinieer.

 

Diakonia in die evangelies

Wanneer Jesus se gebruik van die diakonwoorde volgens die evangelies beskryf word, kom daar belangrike riglyne vir die gemeentediakonaat na vore.

Volgens al vier die evangelies het Jesus die diakonwoorde gebruik om sy eie taak op aarde en die van sy volgelinge te beskryf (Matt 20:25-28; Mark 10; Luk 22; Joh 12). Breed (2018) toon aan dat die inhoud van die diakonwoorde in elkeen van die evangelies in die lig van die konteks waarin dit binne die evangelie-naratief gebruik word, verstaan moet word. In elkeen van die evangelies kom hierdie beskrywing van Jesus se dienswerk en die van sy volgelinge teen die einde van sy lewe op aarde voor en word dit nou verbind met sy aankondigings dat Hy gaan ly, sterf en opstaan uit die dood. In al vier evangelies is hierdie beskrywing van Jesus en sy volgelinge se dienswerk net voor of tydens die beskrywing van Jesus se laaste Pasga. Volgens die sinoptiese evangelies gebruik Jesus die diakonwoorde om Hy dissipels tereg te wys oor hulle gesindheid toe hulle gestry het oor wie die belangrikste onder hulle sou wees. Breed (2018) toon ten opsigte van al vier evangelies aan dat die betekenis waarin die diakon- woorde verstaan kan word, medebepaal word deur die doelbewuste strukturering van hulle evangeliebeskrywings deur die outeurs.Tog lê elkeen van die evangelies klem op 'n unieke betekenisinhoud van die diakonwoorde.

Matteus

Matt 20:26b-28: [E]lkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar (διάκονος) wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien (διακονηθῆναι, ἀλλὰ διακονῆσαι) en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

In Matteus word die uitspraak van Jesus oor dienswerk aan die een kant nou verbind met ses ander uitsprake waarin Hy die doel van sy koms na die aarde kontrasteer met 'n moontlike wanopvatting.

Breed (2018) toon aan dat die betekenisinhoud van die diakonwoorde in Matteus 20:25-28 in die lig van die ses ander uitsprake waarin Jesus ook die doel van sy koms na die aarde verwoord, verstaan moet word.

Uitspraak 1 en 2: Matt 5:17 - Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

Uitspraak 3: Matt 9:13 - Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Uitspraak 4 en 5: Matt 10:34 - Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Uitspraak 6: Matt 10:35 - Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen 'n man en sy vader, en tussen 'n dogter en haar moeder, en 'n skoondogter en haar skoonmoeder.

Uitspraak 7: Matt 20:27-28 - En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Matteus verbind hierdie uitsprake aan mekaar deur die herhaling van die woord ἔρχομαι [kom] en telkens is dit Jesus wat die uitspraak maak waarin Hy sy eie oortuiging oor die doel van sy koms kontrasteer met 'n moontlike verkeerde siening daarvan. Die konteks waarin elkeen van die uitsprake staan, karakteriseer Jesus se bediening as vol van omgee en genade (Matt 5:18-48; 9:20-33; 10:38-42; Nolland 2005:446) in kontras met die houding van die religieuse leiers wat die mense in nood en sonde verwerp (Keener 2009:296-297). Die vyfde en sesde uitspraak beklemtoon ook die feit dat Jesus se bediening skeiding bring tussen dié wat die bediening aanvaar en dié wat dit verwerp omdat dit totale toewyding (om jou lewe te verloor) aan Jesus vereis (Matt 10:38, 39; Lange & Schaff 2008:198-200).

Wanneer Jesus in die sewende uitspraak (Matt 20:27-28) sê dat Hy nie gekom het om gedien (diakoneo) te word nie maar om te dien, moet die inhoud van hierdie dienswerk in die lig van die ses ander uitsprake gesien word as dienswerk van omgee en genade, maar ook dienswerk wat mense voor 'n ingrypende keuse plaas. Die oproep is om die genade wat Jesus bedien in geloof te aanvaar, maar ook om Hom na te volg en ook genade aan ander te bedien. Om dit te kan doen, moet jy die soeke na eie belang afsweer.

Matteus verbind ook Jesus se gebruik van die diakonwoorde in Matteus 20 ten nouste met die koninkryk van God. Volgens Matteus 19 vra Petrus vir Jesus wat hulle beloning sal wees omdat hulle alles verlaat het en Hom gevolg het. Jesus sê dat hulle beloning groot sal wees, maar dan vertel Hy 'n gelykenis om te illustreer wat die gesindheid van werkers in God se koninkryk moet wees. Met die gelykenis van die werkers wat op verskillende tye gehuur is, maar dieselfde betaling aan die einde van die dag ontvang, leer Jesus sy dissipels (en die Matteuslesers) dat God se diensknegte nie iemand wat onverdiende genade ontvang dit moet misgun in jaloersheid nie (vgl. Van Eck 2016:145).

Net na hy hierdie gelykenis beskryf het, beskryf Matteus Jakobus en Johannes se soeke na die beste plekke in die koninkryk en die ander dissipels se jaloerse reaksie daarop (Carson 2017:n.p.; Nolland 2005:820). Hiermee vereenselwig hy die dissipels met die werkers wat eerste gehuur is en wat afgunstig was op die werkers wat laaste gehuur is en dieselfde vergoeding ontvang het. Jesus wys die dissipels tereg deur te sê dat die wat eerste wil wees ander se dienskneg (diakonos) moet word. Hiermee leer Matteus sy lesers 'n unieke deel van diakonia naamlik dat Jesus se volgelinge saam met ander mense bly kan wees oor die onverdiende genade wat hulle ontvang, al ontvang ek dit nie (vgl. Case-Winters 2015:245; Lange & Schaff 2008:351).

Matteus beskryf dus die betekenis van die diakonwoorde as die bediening van genade en ontferming oor mense en om saam met ander bly te kan wees as hulle onverdiend deur God geseën word. Dit is die beskrywing van dade wat 'n bepaalde gesindheid openbaar-dieselfde gesindheid wat Christus met sy bediening openbaar het, naamlik dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien.

Indien aanvaar word dat die diakonaat van die gemeente hierdeur medebepaal kan word, behoort die diakonaat van die gemeente voort te vloei vanuit 'n bepaalde gesindheid teenoor ander mense en die bediening van ontferming en genade te wees. In die gemeentebediening moet die lidmate begelei word om te begryp wat dit beteken om deel te wees van die gemeente om te dien en nie in die eerste plek om gedien te word nie.

Die praktyk van hierdie gesindheid in die diakonaat word mooi verwoord deur Coetsee (2020:15-38) in 'n hoofstuk waar hy perspektiewe uit die Ou Testament gee ten opsigte van die gesindheid wat vir Israel voorgeskryf word in hulle kontak met vreemdelinge in hulle land. Hy pas dit toe op die huidige invloei van vlugtelinge in lande en die wyse waarop die volk van die Here daarop moet reageer. Sy konklusie kom daarop neer dat die kerk hierdie mense moet bystaan om op 'n regverdige manier in die samelewing geïntegreer te word binne die landswette. Du Rand (2020:118-119) verwoord in sy artikel Paulus se stryd om tot aanvaarding van die beginsel van genade en ontferming in navolging van Christus te kom. Knoetze (2013) druk praktykmaking van hierdie beginsels soos volg uit:

The Church has to understand that when the words one, holy, catholic and apostolic refer to the nature of the Church, they have to be visible qualities of the Church as it actually exists. Because the only way we can measure a church, is by what we can see. (p. 50)

Markus

Markus 10:43b-45: [E]lkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees (ἔσται ὑμῶν διάκονος). En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees. Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien (οὐκ ἦλθε διακονηθῆναι, ἀλλὰ διακονῆσαι) en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Markus verbind ook die betekenis van die diakonwoorde met Jesus se dade van ontferming en genade (vgl. Struktuur 1).

 

 

Die unieke klem wat Markus plaas, is dat Jesus doelbewus besig was om sy dissipels se oë oop te maak vir die unieke lewenswyse wat Hy uiteindelik in Markus 10:42-45 met die diakonwoorde beskryf. In Markus 8-10 vorm die beskrywing van die genesing van twee blinde mense 'n inclusio van die hele gedeelte (Morrison 2008:84). In Markus 8-10 toon Markus telkens aan hoe die dissipels sukkel om die gesindheid van Jesus teenoor mense wat genade nodig het (soos buitestanders, sondaars en kindertjies), te begryp (Stacey 1979:211). Jesus illustreer hierdie gesindheid telkens deur sy lyde, sterwe en opstanding te beskryf en dan sy dissipels aan te moedig om bereid te wees om hulle eie lewe te verloor ter wille van Hom.

Markus beskryf uiteindelik Jesus se verkondiging dat sy volgelinge nie hulle eie eer en voordeel moet soek nie, maar ander moet dien en dat God hulle sal verhoog met Jesus se gebruik van die diakonwoorde (vgl. Breytenbach 2014:162; Sabin 2005:96; Santos 2003:18, 251).

Volgens Markus het Jesus met sy lewe en sterwe die nuwe gesindheid en lewenswyse wat sy dissipels moet navolg, geïllustreer. Markus begelei sy lesers om te besef dat dit moeilik kan wees om die nuwe lewenswyse te begryp en dat jy dit alleen kan doen vanuit die sekerheid dat God jou sal verhoog as jy ander dien (vgl. Moloney 2011:105; Tannehill 1982:69-70).

Indien Markus se gebruik van die diakonwoorde as basis vir die gemeentediakonaat gebruik kan word, sal dit inhou dat die gemeente se oë oopgemaak moet word vir die nuwe lewenswyse in navolging van Jesus. Die gemeente moet toegerus word om met liefde en ontferming na ander te kyk en nie selfsugtig te lewe nie.

Hierdie perspektief word ook deur verskeie navorsers beklemtoon. Moore (2022:8) lê klem op die beliggaming van die genade deur die diakonia van die gemeente. Diakonia moet 'n lewenswyse word soos wat dit volgens Markus in Jesus se lewe was en wat Hy van sy dissipels gevra het. Breed (2022) toon aan dat die beliggaming (embodiment) van Christus se ontferming 'n belangrike deel uitmaak van pastorale hulp aan pornografie-verslaafdes. Louw (2020:142) verduidelik die kerk se gesindheid met die Griekse woord splanchnizomai (σπλαγχνίζομαι) waardeur God se genade duidelik gemaak word deur die gasvryheid en diakonia van gelowiges. Die woord splanchnizomai (σπλαγχνίζομαι) word in Markus gebruik om aan te dui dat Jesus mense innig jammer gekry het.

Lukas

Lukas 22:25: En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie 'n leier is, soos een wat dien (διακονέω).27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien (διακονέω)? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien (διακονέω)28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.

Lukas plaas Jesus se onderrig aan sy dissipels oor die gesindheid wat onder sy navolgers moet wees onder die soeklig tydens die laaste Pasga-maaltyd (Bovon 2003:92-103; Schaab 2006:69). Dit wat volgens Jesus se onderrig deur die diakonwoorde uitgedruk word, staan weereens in kontras met die selfgerigte gesindheid van die dissipels wanneer hulle met mekaar argumenteer oor wie die belangrikste onder hulle is (vgl. Lange & Van Oosterzee 2008:343). Jesus se optrede tydens die Pasga-maaltyd illustreer sy diensbaarheid wanneer Hy simbolies sy liggaam en bloed aan hulle uitdeel en so die nagmaal tot sy gedagtenis instel (Dany 2016:70; Etukumana 2012:27; France 2013:345). Jesus onderrig hulle oor die regte gesindheid deur te sê dat Hy onder hulle soos die een is wat ander aan tafel bedien en hulle daaraan te herinner dat hulle Hom in al sy versoekinge bygestaan het. Lukas gebruik die diakonwoorde in die betekenis van voorsiening in iemand se behoeftes. Lukas verbind Jesus se onderrig met die diakonwoorde ook met Jesus se uitstuur van die dissipels om die evangelie te verkondig, mense gesond te maak en om so mense voor 'n keuse te stel om Jesus te volg (vgl. Luk 22:35-36).

Indien die betekenismoontlikheid waarin Lukas die diakonwoorde gebruik as basis vir die diakonaat, sal die gemeente begelei word om ander se behoeftes raak te sien en sover moontlik daarin te voorsien met die doel om Jesus se lewenswyse en gesindheid aan hulle te verkondig. Hierdie bediening stel mense voor die keuse om Jesus na te volg in sy dienswerk (diakonia).

Hierdie perspektief word ook deur verskeie navorsers beklemtoon. Klaasen (2020:120) sê: 'Diaconal ecclesiology should share in the missio Dei of God in the wholemaking of all creation towards God who created the whole of creation'. Hy toon ook aan dat diakonia nou verbind word aan genesing (wholemaking) en dat hierdie bediening elke gemeentelid insluit (vgl. ook Nordstokke 2014:269). Nordstokke (2014) bevestig die missionale karakter van diakonia:

Ecumenical diakonia is faith-based in the sense that it is moved by belief in God, the giver and defender of life, and by the conviction that God's people are mandated to participate in God's mission. (p. 265)

Knoetze (2019:148) bevestig ook hierdie perspektief wat in Lukas beskryf word, naamlik dat dit 'n karaktertrek van God is om die mens se nood aan te spreek en daarom is die kerk geroep 'to the holistic ministry of diakonia to serve people's spiritual and physical needs'.

Al bostaande perspektiewe verklaar die verhouding tussen diakonia en pastorale sorg ook nader (Nordstokke 2014:270).

Johannes

Johannes 12:25: Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.26 As iemand My dien (διακονέω), laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien (διακονέω), sal die Vader hom eer.

Johannes lê met sy gebruik van die diakonwoorde die klem op die navolging van Jesus en daarmee die bereidheid om te sterf ter wille van hierdie diens (Obielosi 2008:250). Elkeen wat Jesus dien, moet Hom volg. Hy verbind hierdie diensbaarheid ook aan die eer wat die Vader aan Jesus en sy volgelinge gee (Neyrey 2007:215). Die bereidheid om te sterf in die navolging van Jesus word ook met die missionale taak van elke lidmaat verbind. Wanneer jy sterf, is dit soos die saadkorrel wat vanuit die sterwe veel vrug kan dra (Mullins 2003:289; Van der Watt 2008:89-91).

Van der Watt (2008:91) toon oortuigend die verband aan tussen Johannes se gebruik van die diakonwoorde en dit wat Jesus volgens Johannes 13 aan sy dissipels onderrig (vgl. Scott 2016:125). Volgens Johannes 13 verbind Jesus sy dienswerk met liefde tot die uiterste (tot die dood) toe en sê dat dit is waaraan sy volgelinge geken sal word, naamlik dat hulle mekaar sal liefhê. Van der Watt (2008:92-93) toon ook aan dat Jesus die diakonia waarvan in Johannes 12:26 sprake is, nader beskryf in sy gesprek met Petrus volgens Johannes 21. Petrus word deur Johannes in Johannes 13-21 as die voorbeeld van 'n diakonos van Jesus uitgebeeld. Volgens Johannes 21 vra Jesus vir Petrus uit oor sy liefde vir Jesus en wanneer Petrus sy liefde vir Jesus bevestig, gee Hy hom opdragte om sy lammers en skape te versorg. Jesus lei Petrus tot die begrip dat sy dienswerk moet voortvloei uit sy liefde vir Jesus. Die navolging van en liefde vir Jesus lei sy volgelinge tot diens binne die gemeente (vgl. Shepherd 2010:790).

Die diakonia van die gemeente, gebou op die basis van Johannes se gebruik van die diakonwoorde, sal inhou die bereidheid tot offer in navolging van Jesus tot diens van die gemeente vanuit die liefde vir Jesus. Die diakonia van die gemeente is in wese ook missionaal; die diens aan Jesus is daarop gemik dat daar baie vrug sal wees. Elkeen wat Jesus navolg, moet ook diensbaar wees soos Jesus.

Knoetze (2013:45) toon aan dat om missionaal te wees deel van die identiteit van die kerk is en nie slegs nog iets waaraan die kerk moet aandag gee nie. Diakonaat is daarom in wese missionaal. In Johannes 12 gebruik Jesus die diakonwoorde in noue konteks met die nuwe tyd wat aanbreek wanneer die Grieke (heidene) Hom kom soek. Noordegraaf (1991:9) sê dat die diakonaat geherinterpreteer moet word as 'dienend getuigen'. Wanneer die diakonaat so geïnterpreteer word sal die koringkorrel sterf en baie vrugte dra (Joh 12; Breed 2014:3).

Opsomming

Opsommend kan gesê word dat die diakonale taak van die gemeente, op grond van die diakonwoorde in die evangelies, inhou dat die gemeente Jesus sal navolg in die bediening van genade aan mense in nood. Die bediening van genade hou die verkondiging van die evangelie en die praktiese hulp aan mense in. Hierin word hulle gedring deur die liefde van en vir Jesus en die vooruitsig van die eer wat God aan hulle beloof wanneer hulle nie hulle eie eer soek nie maar ander dien, al vra dit van hulle ingrypende offers. Hierdie bediening se doel is om mense na Jesus te laat kom in geloof en bekering. Die diakonaat sal dus ook 'n doelbewuste missionale karakter hê. Verskeie navorsers toon hierdie perspektiewe aan vanuit verskillende vertrekpunte.

 

Diakonia in Handelinge

Hand 6:1-4: En in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar 'n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging (ἐν τῇ διακονίᾳ) oor die hoof gesien is.2 En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie (οὐκ ἀρεστόν ἐστιν ἡμᾶς καταλείψαντας τὸν λόγον τοῦ Θεοῦ διακονεῖν τραπέζαις).3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;4 maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.

In Handelinge 1-6 word die begin en groei van die kerk in Jerusalem deur die werking van die Gees beskryf. Tydens hierdie periode is daar verskeie aanslae teen die kerk van buite en van binne (Talbert 2007:57-65). In Handelinge 6 word beskryf hoe die gemeente die gevaar van verdeeldheid in die gemeente hanteer wanneer die Griekssprekende Jode se weduwees oor die hoof gesien word in die daaglikse bediening. Dit is nie duidelik uit die gedeelte in watter opsig hulle nie bedien is nie.

Wat van belang is, is dat die totale bediening van die gemeente met die diakonwoordgroep aangedui word. Die oplossing vir die probleem word daarin gevind dat die verskillende fasette van die bediening (diakonia) verdeel word (Koet 2011:87, 88). Die apostels behou die fasette waarvoor hulle primêr deur Jesus toegerus is, naamlik die lewering van ooggetuienis (woord) en die gebede. Die sewe mans wat verkies word, neem leiding in die res van die diakonia. In hierdie gedeelte word die noue verband tussen koinonia en diakonia duidelik. Wanneer die diakonia nie voldoende funksioneer nie, stel dit die eenheid (koinonia) in die gemeente in gevaar.

Nadat die diakonia en koinonia herstel is, word die resultaat beskryf dat die gemeente in getalle gegroei het. Wanneer die koinonia en diakonia in die gemeente reg funksioneer, het die gemeente 'n trekkrag na mense buite die gemeente.

Op grond van die gebruik van die diakonwoorde in Handelinge 6 kan die gevolgtrekking gemaak word dat daar seker gemaak moet word dat die eenheid binne die gemeente bewaar word deur elke lidmaat te versorg volgens hulle behoeftes. 'n Gemeente wat haar lidmate versorg en die eenheid bewaar, kan mense van buite die gemeente trek. Alle aspekte van die gemeentebediening is ook diakonaal gerig.

Verskeie navorsers toon aan dat diakonia en koinonia onafskeidbaar is. Moore (2022:8) sê: 'Service thus emerges from community - a sense of communion with God and the people of God, and with the larger world'. Nordstokke (2014:266) toon aan dat die diakonia van die kerk nie geskei mag word van die ander fasette van die bediening nie, maar dat die effektiwiteit van die diakonaat geleë is in 'n geïntegreerde bediening. Daarmee dui hy (Nordstokke 2014:267) aan dat diakonia tot die wese van die kerk behoort en nie 'n opsionele ekstra is nie soos wat dit ook uit die studie van Handelinge duidelik geword het. Nordstokke (2014:68) toon ook verder aan dat die uitreik na die wêreld ten nouste verbonde is aan die wyse waarop die kerk haar diakonale taak verrig. Volgens Handelinge 6:7 het die herstel van die verhouding tussen koinonia en diakonia groei in die kerk bewerk.

 

Diakonia in 1 Korintiërs 12

In 1 Korintiërs 12 onderrig Paulus die gemeente aangaande die gawes van die Gees waarskynlik op grond van vrae wat aan hom gerig is (Kok 2012:1-3). Hy begin sy verduideliking deur die kontras tussen die heidense lewe waarin mense deur stom afgode meegevoer word en die belydenis van iemand wat deur die Gees van God spreek, te verwoord. Die verskil wat hy uitlig is dat die belydenis van Jesus as Here onlosmaaklik verbonde is aan iemand wat deur die Gees gelei word (Chiu 2007:236-238). Hiermee word die gawes van die Gees onmiddelik gekoppel aan die verheerlikte Christus (Garland 2003:565).

Die woord diakonia word in 1 Korintiërs 12:5 5 gebruik. Om die betekenis hiervan vir die diakonia van die gemeente te begryp, is dit belangrik om in die eerste plek na die struktuur van vers 4-7 te kyk en daarna na die plek van vers 4-7 binne die hoofstuk. Vers 4-6 word aan mekaar verbind deur die driemalige herhaling van die volgende: die woord διαίρεσις [verskeidenheid] wat telkens voorop in die sin geplaas is, saam met die woord εἰσί [daar is] wat later in die sin volg, asook die frase τὸ δὲ αὐτὸ [maar dieselfde]. By elkeen van die herhalinge word na een van die drie dinge, die charismata, die diakonia en die energemata verwys saam met 'n ander persoon van die drie-enige God in die volgorde Gees, Here (Seun) en God (die Vader).

12:4 Διαιρέσεις δὲ χαρισμάτων εἰσί, τὸ δὲ αὐτὸ Πνεῦμα· Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

12:5 καὶ διαιρέσεις διακονιῶν εἰσι, καὶ ὁ αὐτὸς Κύριος· en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

12:6 καὶ διαιρέσεις ἐνεργημάτων εἰσίν, ὁ δὲ αὐτὸς ἐστι Θεός, ὁ ἐνεργῶν τὰ πάντα ἐν πᾶσιν en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

Dan in vers 7 word die dinamika tussen hierdie drie χαρισμάτων [gawes], διακονιῶν [bedieninge] en ἐνεργημάτων [kragtige werkinge] as 'n openbaring van die Gees wat aan elke gelowige gegee word beskryf en die doel daarvan is dat dit nuttig sal wees vir die liggaam van Christus.

In vers 8-10 word verskillende gawes genoem wat die Gees in die gemeente gee. In vers 11 word bevestig (soos in vers 7, 8 en 9) dat dit dieselfde Gees is wat die gawes in die gemeente uitdeel soos Hy wil. Vers 8-10 kan beskou word as 'n nadere omskrywing van vers 4.

Vanaf vers 11 word die beeld van Christus se liggaam gebruik om die dinamika tussen die verskeidenheid en die eenheid binne die gemeente te beskryf. Die verskillende ledemate van die liggaam met elkeen se funksie (diakonia) wat tot die optimale funksionering van die liggaam bydra, word gebruik om die noodsaak van elke ledemaat te beskryf. Die klem word daarop gelê dat elke ledemaat in die liggaam behoort en dat selfs die swakste lede noodsaaklik is (Thiselton 2000:931). Die lede is by mekaar se lief en leed betrokke. Die gawes wat die Gees gee, gaan dus deur elke lid oor tot diens (diakonia) binne die liggaam en dit bou die eenheid (koinonia) binne die gemeente. Hiermee word dieselfde dinamika wat in Efesiërs 4 beskryf word, met die beeld van die liggaam van Christus verduidelik (Dean 2010:62, 63).

Hiermee word ook die kousale verband tussen die charismata, diakonia en energemata in vers 4 duidelik. Die Gees gee 'n verskeidenheid gawes binne die liggaam van Christus. Wanneer elke ledemaat se funksie (diakonia) vervul word, werk God kragtig om alles in almal tot stand te bring. Hierdeur openbaar die Gees God drie-enig (v. 7; Breed 2018:103-107).

In vers 28 en 29 word verwys na besondere persone as gawes binne die gemeente. Hulle kan gesien word as diegene wat die gelowiges moet toerus vir hulle dienswerk. Alhoewel dit nie hier uitgespel word nie, is dit van dieselfde persone of dienste wat in Efesiërs as toerusters aangedui word.

Opsommend kan gesê word dat Paulus die dinamika tussen die gawes van die Gees, die diakonia van die gemeente in navolging van Christus hulle Here en die kragtige werking van God wat dinge binne mense laat gebeur, aan die gemeente verduidelik. Die diakonia word vergelyk met die funksies van die verskillende lede binne 'n liggaam. Die eenheid en die verskeidenheid word verduidelik met die klem daarop dat elkeen nodig is en in die liggaam hoort. Wanneer die gemeente mekaar so bedien, groei daar 'n eenheid (koinonia) waar elkeen versorg word en 'n funksie het.

'n Gemeente wat die effektiewe en kragtige werking van God wil beleef, moet elke lid binne die gemeente begelei om sy of haar gawes te ontdek en hulle toerus om dit te gebruik. Doelbewuste bevordering van die onderlinge eenheid is noodsaaklik. Hierin kan die besondere gawes 'n belangrike rol speel. Diakonia, geestesgawes en die kragtige werking van God in mense is onlosmaaklik aan mekaar verbonde en hierdie dinamika moet in die praktyk van die gemeentebediening neerslag vind. Gemeentediakonaat word dus gebou op die dinamika tussen gawes, dienswerk en die kragtige werk van God in mense deur die diakonia.

Breed (2018:90-101) toon aan hoe jeugbediening daarby kan baat wanneer kinders van jongs af betrek word by die diakonia van die gemeente. Dean (2010) verwys na empiriese navorsing wat aantoon dat kerke aan hulle jongmense 'n 'a feel-good therapeutic gospel' verkondig wat geen bydrae tot die diakonia van die gemeente vra nie. Dit het tot gevolg dat die jongmense nie 'n verbondenheid met God en sy kerk ontwikkel nie. DeVries (2004:21) beskryf die tradisionele jeugbediening as 'the isolation of teenagers (and children) from the adult world and particularly from their own parents'. Die kinders en jongmense behoort doelbewus betrek te word by die diakonaat van die gemeente om hulle daardeur die eenheid van die liggaam van Christus te laat ervaar, maar hulle ook eerstehands die kragtige werking van God te laat sien wanneer hulle hulle gawes gebruik om ander mense te bedien met God se genade (vgl. Sims 2005:11).

 

Diakonia in Efesiërs

Ef 4:11-12: En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk (ἔργον διακονίας), tot opbouing van die liggaam van Christus.

In Efesiërs word God se plan1 (oikonomia) om alle dinge onder Christus te verenig, beskryf (Floor 2011:471). Volgens hierdie plan neem Hy mense as sy kinders aan sodat hulle tot lof van die heerlikheid van sy genade kan wees. Die plan bestaan uit twee dele. In die eerste deel is God drie-enig alleen aan die werk (Ef 1-2). Die Vader kies mense uit om as sy kinders aan te neem, die Seun bewerk hulle verlossing deur sy lewe, sterwe, opstanding en regering. Die Heilige Gees wek hulle op uit hulle sondedood, verseël lei en vervul hulle. Die Gees maak hulle deel van God se tempel en Jesus se liggaam. Hy maak hulle gereed as bruid van Christus (vgl. Pretorius 2006:256).

In die tweede deel van sy plan (beskryf in Ef 3-6) betrek God mense in die uitvoering daarvan (Lincoln 1990:xxxvi). Hy roep Paulus (en ander apostels) om gemeentes deur hulle diakonia te vestig. Die gemeentes as eenheid en die lidmate individueel word geroep om die grootheid van God se genade te verkondig. Hulle doen dit deur op 'n bepaalde manier te lewe (te wandel). Hulle verkondig God se genade deur te wandel in die goeie werke wat God vir hulle voorberei (Ef 2:10). Hulle kan dit doen omdat God hulle uit genade verlos het en deel laat kry het aan die beloftes van die verbond en hulle so deel gemaak het van die tempel waarin Hy woon deur sy Gees (2:11-22). Hulle doen dit ook deur in die tempel as eenheid saam te leef ongeag taal en kulturele verskille (vgl. Petrenko 2011:145). Dit wat God vir hulle doen en is (indikatief), dien as 'n roeping waaruit hulle kan leef (imperatief).

Om waardig hierdie roeping te vervul, moet hulle die eenheid wat die Gees bewerk en bewaar (4:1-2). Hulle bewaar die eenheid deur dit wat hulle saambind te koester (4:4-6). Christus as die oorwinnaar-koning gee egter ook aan elkeen unieke genadegawes. Hierdie gawes moet gebruik word om hulle diakonia te doen en so die liggaam van Christus op te bou (4:7-16). Wanneer hulle elkeen hulle funksie binne die liggaam vervul, word die eenheid bewaar en die liggaam groei na volwassenheid (4:11-16). In hierdie groei na volwassenheid speel die waarheid waarmee hulle mekaar vermaan, bemoedig en onderrig 'n kernrol om hulle te bewaar van misleiding (4:15). Paulus bid telkens dat hulle dit wat God vir hulle gedoen het en waaraan hulle deel het, sal begryp. Hierdie kennis rig die nuwe lewe waartoe hulle nou geroep is (Ef 1 en 3; Petrenko 2011:11-128).

Om hulle diakonia te kan doen, het die gemeente egter toerusting nodig en daarom gee Christus ook mense as gawes om die toerusting te doen. Hierdie toerusters is onder ander apostels, profete, evangeliste, herders en leraars (4:11).

Wanneer die liggaam en elke individu op hierdie wyse groei na volwassenheid, staan hulle lewe groeiend in kontras met die van die mense wat Christus nie ken nie (Ef 5). Omdat hulle Christus leer ken het, vind daar 'n veranderingsproses in hulle lewe plaas (4:17-22). Hulle lê die ou mens af, hulle dink en voel anders oor die lewe en hulle leef groeiend 'n nuwe lewe vanuit hulle kennis van Christus en die begeleiding van die Gees (4:17-32). Hulle hele lewe word dus diakonia omdat hulle navolgers van God is as sy geliefde kinders. Hulle wandel nou in liefde, in die lig en in wysheid (Ef 5). Met hierdie lewenswyse bestraf hulle die dinge van die duisternis en roep hulle mense om in die lig van Christus te kom lewe (5:13-14). Hierdie lewenswyse bepaal hulle verhoudings in hulle huwelike, gesinne en in hulle werk (5:21-6:9). Hulle kan alleen so lewe wanneer hulle saam met ander gelowiges voortdurend vervul word met die Gees (5:18). God gee aan hulle die wapenrusting van sy genade om die aanslae van Satan te weerstaan en staande te bly op hulle pos (6:10-24; Barth 1984:388-394; Petrenko 2011:131-143; Talbert 2007:103).

Dit wat in Efesiërs oor die diakonia van die gemeente gesê word, kom ooreen met die narratief van die evangelies. Diakonia is die bediening van die genade van God in navolging (vanuit die kennis) van Jesus. Efesiërs gee verdere inligting, naamlik dat elkeen genadegawes ontvang om hulle diakonia te doen en dat Jesus ook toerusters skenk vir die gemeente. Soos in die evangelies is dit duidelik dat daar voortdurende groei moet wees in begrip en uitlewing van wat die diakonia inhou. Soos in die evangelies word die nuwe lewenswyse in navolging van Christus gekontrasteer met die lewenswyse van diegene wat nie kinders van God is nie.

Opsommend: Volgens Efesiërs is die diakonia van die gemeente nie beperk tot sekere aksies nie, maar is 'n bepaalde lewenswyse van die gemeente as eenheid en van elke individu. Die diakonia van die gemeente is ten nouste verbind met die genadegawes van elke individu en die toerusting om dit binne die gemeente maar ook in elke dag se lewe te gebruik. Die diakonia is in wese missionaal omdat dit mense in kontak bring met die nuwe lewenswyse waardeur Christus aan hulle verkondig word. Diakonia kan volhardend geleef word wanneer die kennis van God se genade konkreet prakties toegepas word in die verloop van elke dag van elke dag waar die gelowiges deur Satan en sy magte aangeval word. Dit kan hulle doen in die krag en toerusting van God wat die Gees gee.

Daar is min navorsers wat die verhouding van die diakonaat en die gawes van elke lidmaat indiepte-ondersoek. Daarmee saam word die taak van die diakens ten opsigte van die toerusting van die lidmate nie nou verbind met die diakonale taak van die kerk nie. Mcknight (2018:14, 57, 73, 87, 97) maak wel dikwels melding van die gawes van die Gees, maar betrek dit net op die diakens self. Dieselfde is die geval by Keating (2015). Cummings, Ditewig en Gaillardetz (2005:1, 5, 6, 78) handel wel oor die gawes van die Gees, wat elke lidmaat ontvang het, maar dui nie die taak van die diaken daarin aan nie.

1 Petrus 4

1 Pet 4:9-11: Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer. Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien (ἕκαστος καθὼς ἔλαβε χάρισμα, εἰς ἑαυτοὺς αὐτὸ διακονοῦντες) soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien (εἴ τις διακονεῖ), laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen.

Petrus skryf 'n pastorale brief aan lidmate wat ly onder vervolging en as vreemdelinge sonder enige regte moet woon. Dryden (2004) sê:

[T]he author's overarching concern, in response to the persecutions faced by these young churches, is with the formation of Christian character, which is chiefly evidenced in growing active dependence upon God and growing moral integrity. The author's seemingly paradoxical response to the sufferings of his addressees is the repeated command to 'do good'. (p. 317)

Hierdie doelwit word ook duidelik wanneer na die struktuur van 1 Petrus 4 binne die breër struktuur van die brief gekyk word. Janse van Rensburg (1992:29) bied 'n struktuur van 1 Petrus aan. Hy dui aan dat Petrus in 3:11-4:19 die wyse uitbeeld waarop sy lesers as vreemdelinge in die wêreld en as mense wat nuut gebore is (1:3-12), moet optree in die verskillende verhoudings waarin hulle lewe. Volgens hierdie struktuur beskryf Petrus in 3:13-4:19 wat hulle gesindheid teenoor en antwoord op die onreg wat hulle beleef, behoort te wees.

Zwemstra (2003:57) ontleed 2:13-5:7 in groter detail:

Clowney (1988:169-188) toon die klem in 4:1-11 wat op die gelowiges as rentmeesters van God gelê word aan:

1 Petrus 4 begin met die beskrywing van hulle lyding (4:1-6) en eindig ook daarmee (4:12-19). 1 Petrus 4:7-11 beskryf hoe hulle as rentmeesters van God se genade binne die beproewing moet optree. Vers 7 begelei hulle tot gesprek met God. Vers 11 begelei hulle om hulle dienswerk in verhouding met God te doen tot sy eer. Vers 8 plaas alles wat gedoen word in die konteks van die opdrag om mekaar vurig lief te hê-liefde wat maak dat selfs die ander een se sonde hanteer kan word. Vers 9 en 10 beskryf hoe hulle mekaar moet dien (diakoneo). Hulle gesindheid word uitgedruk in gasvryheid, sonder om te kla. Die dienswerk word gedoen volgens die gawes wat hulle ontvang het as rentmeesters van God se veelvuldige genade.

Die diakonia van die gemeente, volgens 1 Petrus 4, is om ander gelowiges wat in nood is vrywillig te ontvang en hulle te dien met dit waaroor jy beskik vanuit die oortuiging dat jou gawes deel is van God se ryke genade waaroor Hy jou as rentmeester aangestel het. Dit word biddend in afhanklikheid van God gedoen (4:7, 11).

Hiermee word die uiters aktuele saak van migrasie en vlugtelinge, en die kerk se taak teenoor hierdie mense in oënskou geneem. Coetsee (2020:16-46) handel oor die optrede wat van God se volk verwag word, teenoor vreemdelinge in hulle midde volgens die Pentateug. Hy kom tot die gevolgtrekking dat die Pentateug die volk begelei tot liefdadigheid, solidariteit en integrasie van die vreemdelinge. Magezi (2020:82-83) toon aan dat God Israel in Egipte laat ervaar het wat dit beteken om as vreemdelinge te leef sodat hulle later vreemdelinge onder hulle met genade kon hanteer. Hy (Magezi 2020) sê verder:

Furthermore, the perspective challenges the church and, consequently, Christians to embrace the migrants who approach church and non-church spaces. In so doing, the church will be developing effective migrant ministries. (p. 84)

Vorster (2020:141) toon aan dat die kerk 'n taak het om immigrante en vlugtelinge te begelei om 'n nuwe identiteit ('ons'-identiteit identiteit) binne die geloofsgemeenskap te ontwikkel.

 

Die diakonia van die gemeente

Uit die eksegese kan die volgende prakties-teologiese riglyne getrek word wanneer die diakonia van die gemeente ingerig word op grond van die betekenismoontlikhede waarin die diakonwoorde gebruik word:

Die diakonia word gedoen in navolging van Christus se lewenswyse van ontferming en bediening van God se genade aan alle mense, ook die randfigure in die samelewing.

Navolging (dissipelskap) van Christus gaan hand aan hand met dienswerk (diakonia). Wie Christus as Here bely moet die genade wat Hy vir sy dissipels verdien het, aan ander bedien.

Elke faset van die gemeentebediening is diakonia wat die koinonia versterk en bewaar en so verseker dat die gemeente mense van buite intrek.

Die diakonia van die gemeente moet verdeel word sodat bepaalde leiers verantwoordelikheid neem vir die bestuur van spesifieke dele van die diakonia.

Die diakonia van die gemeente het 'n doelbewuste missionale gerigtheid.

Elke lidmaat, ook die kinders, word toegerus om hulle gawes en geleenthede te gebruik om ander met die genade van God te bedien.

Die verhouding tussen die gawes van die Gees, die diakonia van elke lidmaat en God se kragtige werking in mense, moet as basis van die diakonaat dien.

Die gemeente is rentmeesters van God se veelkleurige genade en moet die genade bedien volgens die gawes of geleenthede wat elkeen ontvang het.

Die diakonia van die gemeente vloei voort uit 'n bepaalde gesindheid (die gesindheid van Christus) en word verwerklik deur gasvryheid, akkommodering en bereidheid om die minste te wees.

Diakonia bring skeiding. Die diakonia van die gemeente stel mense voor die keuse om Christus se genade te ontvang of nie. Ook gemeentelede word voor die keuse gestel om Christus na te volg in sy lewenswyse en gesindheid, of te aanvaar dat hulle nie werklik dissipels van Hom is nie.

 

Die diakonaat van die gemeente

In navolging van die voorbeeld wat in Handelinge 6 verhaal word, kan die diakonia van die gemeente verdeel word. Die verdeling kan wees in die Woord-bediening en die konkrete hulpbediening (daad-bediening). Alhoewel hierdie twee dele onderskei kan word, sal daar altyd oorvleueling wees. Soos in die gemeente in Jerusalem gebeur het, word die bediening dan ter wille van die effektiewe funksionering daarvan verdeel. Die ouderlinge en predikant kan verantwoordelikheid neem vir die Woord-bediening2 (Woord-diakonia) en die diakens kan verantwoordelikheid neem vir die effektiewe funksionering van die daad-bediening (daad-diakonia). Soos die gemeente in Jerusalem kan 'n gemeente haar bediening so struktureer dat die diakonia effektief plaasvind en niemand in die gemeente afgeskeep word nie.

Die daad-diakonia kan gesien word as die diakonaat van die gemeente. Die diakens neem verantwoordelikheid om elke lidmaat (ook die kinders) te begelei om hulle gawes asook die geleenthede wat hulle het om ander te dien, te ontdek. Die diakens kan ook die gemeentelede toerus en verantwoordbaar hou vir die dienswerk wat elkeen onderneem het om te doen. Lidmate doen hulle diakonia daar waar hulle elke dag leef, en elkeen se bediening van God se genade vorm deel van die diakonaat van die gemeente.

Bo en behalwe die individuele diakonia kan gemeentelede met dieselfde gawes en ooreenstemmende dienswerk in diensgroepe georganiseer word om mekaar by te staan en om saam toegerus te word. Die gemeente kan die nood in hulle omgewing identifiseer en biddend in die gemeente soek na die gawes om daardie nood te hanteer. Kinders wat van jongs af begelei word om 'n oog te hê vir geleenthede om God se genade aan ander te bedien, ervaar God se kragtige werking en groei in geloofsvolwassenheid.

Die diakonaat van die gemeente bestaan in die uitdeel van God se genade deur elke lidmaat as individu, deur groepe binne die gemeente en deur die gemeente as geheel in uitreik-aksies. Hiermee word die diakonaat in wese missionaal omdat die genade wat bedien word mense na God roep. Die diakens is die leiers en toerusters in die diakonaat om die gawes te ontdek, te aktiveer en die gemeente verantwoordbaar te hou vir die dienswerk wat hulle voor God onderneem om te doen. Die ouderlinge hou toesig oor die dienswerk en rapporteer daaroor in die ouderlinge vergadering.

Vanuit resente bronne is aangetoon dat bostaande perspektiewe wel aandag kry, maar dat daar ruimte bestaan vir indiepte-navorsing en praktykmaking van aspekte van die diakonaat wat deur die eksegese ontgin is.

 

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.

Outersbydrae

G.B., was die enigeste outeur betrokke by die skryf van die artikel.

Etiese oorwegings

Hierdie artikel voldoen aan alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.

Befondsing

Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersiële of nie-winsgewende sektore.

Databeskikbaarheidsverklaring

Data-deling is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.

Vrywaring

Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur (s) en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeurs nie.

 

Bronnelys

Arndt, W., Danker, F.W. & Bauer, W., 2000, A Greek-English lexicon of the New Testament and other early Christian literature: Based on Walter Baur's Griechisches-Deutsches Wörterbuch zu den Schriften des Neuen Testaments und der übrigen urchristlichen Literatur, 3rd rev. edn., University of Chicago Press, Chicago, IL.         [ Links ]

Barth, M., 1984, Ephesians, Doubleday, New York, NY.         [ Links ]

Bhae, J., 2000, 'The subject of the letter to the Ephesians: A thoughtmapping approach', ThD thesis, Faculty of Theology, PU for CHE, Potchefstroom.         [ Links ]

Bovon, F., 2003, 'The Lukan story of the passion of Jesus (Luke 22-23)', in Studies in early Christianity, Wissenschaftliche Untersuchungen zum Neuen Testament 161, pp. 74-105, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Breed, G., 2014, 'The meaning of the diakon word group in John 12:26 applied to the ministry in congregations', Verbum et Ecclesia 35(1), Art. #844, 8 pages. https://doi.org/10.4102/ve.v35i1.844        [ Links ]

Breed, G., 2018, 'The diakon- word group in the New Testament and congregational ministry', PhD thesis, Radboud University, Nijmegen.         [ Links ]

Breed, G., 2022, 'Fellow believers helping persons addicted to pornography by becoming an embodiment of love', In die Skriflig 56(1), a2834, 9 pages. https://doi.org/10.4102/ids.v56i1.2834        [ Links ]

Breytenbach, C., 2014, 'Narrating the death of Jesus in Mark: Utterances of the main character, Jesus', Zeitschrift für die Neutestamentliche Wissenschaft 105(2), 153-168. https://doi.org/10.1515/znw-2014-0010        [ Links ]

Carson, D.A., 2017, Matthew, Zondervan, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Case-Winters, A., 2015, Matthew: A theological commentary on the Bible, John Knox Press, ProQuest Ebook Central, Louisville, KY, viewed 11 April 2020, from http://ebookcentral.proquest.com/lib/northwu-ebooks/detail.action?docID=3416970.         [ Links ]

Chiu, J.E.A., 2007, 1 Corinthians 12-14: Literary structure and theology, E.P.I.B., Roma.         [ Links ]

Clarke, A.D., 2000, Serve the community of the church: Christians as leaders and ministers: First-century Christians in the Graeco-Roman world, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Clarke, A.D., 2008, A Pauline theology of church leadership, T&T Clark, London.         [ Links ]

Clowney, E., 1988, The Message of 1 Peter: The way of the cross, J.R.W. Stott (ed.), The New Testament Series, InterVarsity Press, Leicester.         [ Links ]

Coetsee, A.J., 2020, '"Love Thy Sojourner (by integrating them)": Ethical perspectives from the Pentateuch', in M. Kotzé & R. Rheeder (eds.), Life in transit: Theological and ethical contributions on migration, Reformed Theology in Africa Series, vol. 2, pp. 15-45, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

Collins, J.N., 1990, Diakonia: Re-interpreting the ancient sources, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

Collins, J.N., 2014, Diakonia studies: Critical issues in ministry, Oxford University Press, New York, NY.         [ Links ]

Collins, J.N., 2020, Dismantling the servant paradigm and recovering the forgotten heritage of early Christian ministry, Generis Publishing, Chișinău.         [ Links ]

Cummings, O.F., Ditewig, W.T. & Gaillardetz, R.R., 2005, Theology of the diaconate: The state of the question, Paulist Press, New York, NY.         [ Links ]

Dany, C., 2016, 'The appropriation of passover in Luke-Acts', DPhil thesis, Department of Theology and Religion, Durham University.         [ Links ]

Dean, K.C., 2010, Almost Christian: What the faith of our teenagers is telling the American church, Oxford University Press, Oxford.         [ Links ]

DeVries, M., 2004, Family-based youth ministry, InterVarsity Press, Downers Grove, IL.         [ Links ]

Donfried, K.P., 1990, 'Ministry: Rethinking the term Διακονία', Concordia Theological Quarterly 56(1), 1-15.         [ Links ]

Dryden, J.D., 2004, 'Refined by fire: Paraenetic literary strategies in 1 Peter', Tyndale Bulletin 55(2), 317-320. https://doi.org/10.53751/001c.29179        [ Links ]

Du Rand, J.A., 2020, "What can we learn from Paul, the Jew's, migration dynamics, to accommodate the stranger amidst the Jewish Diaspora? in M. Kotzé & R. Rheeder (eds.), Life in transit: Theological and ethical contributions on migration, Reformed Theology in Africa Series, vol. 2, pp. 85-120, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

Eurich, J., 2020, 'Religious pluralisation and the identity of diaconia in Germany', in M. Kotzé & R. Rheeder (eds.), Life in transit: Theological and ethical contributions on migration, Reformed Theology in Africa Series, vol. 2, pp. 277-296, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

Etukumana, G.A., 2012, 'Do this in remembrance of me: The Christological and social significance of Luke 22:14-30 for restoring human dignity', MTh dissertation, Faculty of Theology, University of Stellenbosch.         [ Links ]

Floor, L., 2011, 'Een blauwdruk voor de toekomst: Efeziërs 1:9-10', In die Skriflig 45(2&3), 467-480. https://doi.org/10.4102/ids.v45i2/3.24        [ Links ]

France, R.T., 2013, Luke, Teach the Text Commentary Series, Baker Books, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Friedrich, G. & Bromiley, G.W., 1972, Theological dictionary of the New Testament, vol. VIII, T-Y. Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Garland, D.E., 2003, 1 Corinthians, Baker Exegetical Commentary on the New Testament, Baker Academic, ProQuest Ebook Central, viewed 23 June 2021, from http://ebookcentral.proquest.com/lib/northwuebooks/detail.action?docID=4447180.         [ Links ]

Gooder, P., 2006, 'Diakonia in the New Testament: A dialogue with John N. Collins', Ecclesiology 3(1), 33-56. https://doi.org/10.1177/1744136606067678        [ Links ]

Hartley, B.L., 2004, 'Connected and sent out: Implications of new Biblical research for the United Methodist Diaconate', Quarterly Review 24(4), 367-380.         [ Links ]

Hentschel, A., 2007, Diakonia im Neuen Testament: Studien zur Semantik unter besonderer Berücksichtigung der Rolle von Frauen, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Hoehner, H.W., 2002, Ephesians: An exegetical commentary, Baker Academic, Grand Rapids.         [ Links ]

Janse van Rensburg, J.J., 1992, 'The outline of 1 Peter: A reconsideration', Ekklesiastikosr Pharos 74(1), 26-41.         [ Links ]

Keating, J., 2015, The heart of the diaconate: Communion with the servant mysteries of Christ, Paulist Press, Mahway, NJ.         [ Links ]

Keener, C.S., 2009, The Gospel of Matthew: A socio-rhetorical commentary, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Klaasen, J.S., 2020, 'Diakonia and diaconal church', Missionalia 48(1), 120-133. https://doi.org/10.7832/48-1-363        [ Links ]

Knoetze, J.J., 2013, 'Missionary diaconate: Hope for migrated people', Missionalia 41(1), 40-52. https://doi.org/10.7832/41-1-20        [ Links ]

Knoetze, H., 2019, 'Diakonia Trinitatis Dei as/and transformational development: A South African perspective', The Ecumenical Review 71(1-2), 147-160. https://doi.org/10.1111/erev.12406        [ Links ]

Koet, B.J., 2011, 'Exegetische kanttekeningen over diakonia in het Nieuwe Testament - leren of doen?', in H. Crijns (red.), Diaconie in beweging: Handboek diaconiewetenschap, pp. 69-96, Kok, Kampen.         [ Links ]

Koet, B.J., 2019, The go-between: Augustine on deacons, Brill's Studies in Catholic Theology, vol. 6, Brill, Leiden.         [ Links ]

Koet, B.J., Murphy, E. & Ryökäs, E., 2018, 'Assessing the role and function of an assistant. The deacon in the first two centuries of Christianity', in B.J. Koet, E. Murphy & E. Ryökäs (eds), Deacons and diakonia in early Christianity: The first two centuries, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Kok, J., 2012, 'Mission and ethics in 1 Corinthians: Reconciliation, corporate solidarity and other-regard as missionary strategy in Paul', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 68(1), Art. #1222, 11 pages. https://doi.org/10.4102/hts.v68i1.1222        [ Links ]

Lange, J.P., & Schaff, P., 2008, A commentary on the Holy Scriptures: Matthew, Logos Bible Software, Bellingham, WA.         [ Links ]

Lange, J.P. & Van Oosterzee, J.J., 2008, A commentary on the Holy Scriptures: Luke, transl. P. Schaff & C.C. Starbuck, Logos Bible Software, Bellingham, WA.         [ Links ]

Latvus, K., 2008, 'The paradigm challenged: A new analysis of the origin of diakonia', Studia Theologica 62, 142-157. http://dx.doi.org/10.1080/00393380802559816        [ Links ]

Latvus, K., 2010, 'Diaconal ministry in the light of the reception and re-interpretation of Acts 6: Did John Calvin create the social-caritative ministry of diaconia?', Diaconia 1(1), 82-102. https://doi.org/10.13109/diac.2010.1.1.82        [ Links ]

Lincoln, A.T., 1990, Ephesians, Word Biblical commentary, vol. 42., Word Incorporated, Dallas.         [ Links ]

Louw, D.J., 2020, 'The aesthetics of covid-19 within the pandemic of the corona crisis. From loss and grief to silence and simplicity - a philosophical and pastoral approach', Acta Theologica 40(2), 125-149.         [ Links ]

Magezi, C., 2020, 'Migration of God's people as an opportunity to learn and understand God within the migrant context: A perspective from the books of Leviticus and Acts', in M. Kotzé & R. Rheeder (eds.), Life in transit: Theological and ethical contributions on migration, Reformed Theology in Africa Series, vol. 2, pp. 47-84, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

Mbennah, E.D., 2009, 'The mature church: A rhetorical-critical study of Ephesians 4:1-16 and its implications for the Anglican Church in Tanzania', ThD dissertation, Dept. of New Testament, North-West University, Potchefstroom,         [ Links ]

Mcknight, W.S., 2018, Understanding the diaconate: Historical, theological and sociological foundations, The Catholic University of America Press, Washington, DC.         [ Links ]

Moloney, F.J., 2011, 'Writing a narrative on the Gospel of Mark', in K.R. Iverson & C.W. Skinner (eds.), Mark as story: Retrospect and prospect, Society of Biblical Literature: Resources for Biblical Study, no. 65, pp. 95-114, Society of Biblical Literature, Atlanta, GA.         [ Links ]

Moore, E.M., 2022, 'Liberating service: In Christian community and diaconal ministries', Currents in Theology and Mission 49(2), 7-12.         [ Links ]

Morrison, G.S., 2008, 'The turning point in the Gospel of Mark: A study in Markan Christology', DPhil, School of Theology and Religious Studies, The Catholic University of America.         [ Links ]

Mullins, M., 2003, The Gospel of John, The Columba Press, Dublin.         [ Links ]

Neyrey, J.H., 2007, The Gospel of John, The New Cambridge Bible Commentary, Cambridge University Press, New York, NY.         [ Links ]

Nolland, J., 2005, The Gospel of Matthew: A commentary on the Greek text, Paternoster Press, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Noordegraaf, A., 1991, Oriëntatie in het diakonaat, Uitgeverij Boekencentrum, Zoetermeer.         [ Links ]

Nordstokke, K., 2014, Ecumenical diakonia responding to the signs of the times, The Ecumenical Review 66(3), 265-273.         [ Links ]

Nordstokke, K., 2019, 'Diakonia as mark of the church', in S. Dietrich, K. Jørgensen, K.K. Korslien & K. Nordstokke (eds.), pp. 26-40, The diaconal church, Regnum, Oxford.         [ Links ]

Obielosi, D.C., 2008, Servant of God in John, European University Studies Series 23, Theology, Peter Lang, Frankfurt am Main.         [ Links ]

Orton, A., 2012, 'The diverse and contested diaconate: Why understanding this ministry is crucial to the future of the church', International Journal of Philosophy and Theology 16(2), 260-284. https://doi.org/10.1515/ijpt-2012-0017        [ Links ]

Petrenko, E.A.G.D., 2011, Created in Christ Jesus for good works: The integration of soteriology and ethics in Ephesians, Paternoster, Milton Keynes.         [ Links ]

Pretorius, M., 2006, 'The theological centre of Pauline theology as it relates to the Holy Spirit', Hervormde Teologiese Studies 62(1), 253-262. https://doi.org/10.4102/hts.v62i1.354        [ Links ]

Rüegger, H. & Sigrist, C., 2011, Diakonie - eine Einführung: Zur theologischen Begründung helfenden Handelns, Theologischer Verlag, Zürich.         [ Links ]

Sabin, M.N., 2005, The Gospel according to Mark, Liturgical Press, Collegeville, MN.         [ Links ]

Santos, N.F., 2003, Slave of all: The paradox of authority and servanthood in the Gospel of Mark, Sheffield Academic Press, London.         [ Links ]

Schaab, G.L., 2006, 'Christic servanthood, a transformative model of eucharistic spirituality and devotion', Theoform 37, 65-84.         [ Links ]

Scott, C.M., 2016, 'The diakon- of Jesus in the foot washing of John 13', The Josephinum Journal of Theology 23(1-2), 118-132.         [ Links ]

Shepherd, D., 2010, '"Do you love me?" A narrative-critical reappraisal of ἀγαπάω and φιλέω in John 21:15-17', Journal of Biblical Literature 129(4), 777-792. https://doi.org/10.2307/25765966        [ Links ]

Sims, D.A., 2005, 'The child in American evangelicalism and the problem of affluence: A theological anthropology of the affluent American-evangelical child (AAEC) in late modernity', PhD thesis, University of Durham.         [ Links ]

Smit, P., 2018, 'Exegetical notes on Mark 10:42-42, who serves who?', in B.J. Koet, E. Murphy & E. Ryökäs (eds.), Deacons and diakonia in early Christianity: The first two centuries, Mohr Siebeck, Tübingen.         [ Links ]

Stacey, R.W., 1979, 'Fear in the Gospel of Mark', DPhil dissertation, Southern Baptist Theological Seminary.         [ Links ]

Stott, J.R.W., 1991, The message of Ephesians, InterVarsity Press, Leicester.         [ Links ]

Talbert, C.H., 2007, Ephesians and Colossians, Paideia Commentaries on the New Testament, Baker, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Tannehill, R.C., 1982, 'Reading it whole: The function of Mark 8:34-35 in Mark's story', Quarterly Review 2, 67-78.         [ Links ]

Thiselton, A.C., 2000, The First Epistle to the Corinthians: A commentary on the Greek text, Eerdmans, Grand Rapids, MI.         [ Links ]

Van der Watt, J.G., 2008, 'Johannine style: Some initial remarks on the functional use of repetition in the Gospel according to John', In die Skriflig 42(1), 75-99. https://doi.org/10.4102/ids.v42i1.258        [ Links ]

Van Eck, E., 2016, The parables of Jesus the Galilean: Stories of a social prophet, Wipf and Stock Publishers, ProQuest Ebook Central, viewed 27 April 2021, from http://ebookcentral.proquest.com/lib/northwu-ebooks/detail.action?docID=4743649.         [ Links ]

Vorster, N., 2020, 'Migration and Christian identity: Theological reflections on Christian identity reconstructions in new places and spaces', in M. Kotzé & R. Rheeder (eds.), Life in transit: Theological and ethical contributions on migration, Reformed Theology in Africa Series, vol. 2, pp. 121-141, AOSIS, Cape Town.         [ Links ]

Zwemstra, J., 2003, 'Die kommunikatiewe funksies van die spore van Psalms in 1 Petrus', MA-verhandeling, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit.         [ Links ]

 

 

Correspondence:
Gert Breed
gert.breed@nwu.ac.za

Received: 05 Dec. 2022
Accepted: 22 Mar. 2023
Published: 31 May 2023

 

 

1 . Verskillende sieninge van die struktuur van Efesiërs kan gevind word by Hoehner (2002:64-69), Mbennah (2009:37, 44-45) and Petrenko (2011:1-25). Die sentrale tema van Efesiërs word bespreek deur Hoehner (2002:106), Bhae (2000:176-184) and Stott (1991:29, 87, 143, 211).
2 . Woord-bediening sluit in die toesig en regering deur die Woord.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License